Afrikaans en sy mense vereer

Gerine (WE) Hoff
Skrywers, digters, liriekskrywers en alles anders Afrikaans is tydens die Bank Windhoek ATKV gala-geleentheid vir hul werk in die taal vereer.

Kanaal 7 het tydens die geleentheid 'n Afrikoon ontvang – wat aan 'n persoon of instansie gegee word wat uitstaande diens aan die gemeenskap lewer en dit oor 'n lang tydperk uitleef.

Die Weskus Veiligheidsinisiatief is ook met 'n Afrikoon vereer vir hul werksaamhede om padsterftes deur talle veldtogte te verminder.

Veertjie-toekennings vir ingeskrewe werk is die ATKV se hoogste toekenning en is oorhandig aan Yolanda Nel vir haar bydraes in dagblaaie, Didi Kruger vir haar boek Stories, Strofes en Speeltyd, en Lloyd Zandberg vir sy bydraes in dagblaaie. Marianne Wilders het ook 'n veertjie gekry vir haar kinderboek Stories op note, en Corina Becker vir Die Kanniedood sal altyd bloei.

Veertjies is oorhandig aan PM van Coller as anker-aanbieder van Kosmos, Albertus Gous vir sy bydrae tot die onderwys en Callie Schafer as sportaanbieder vir Kanaal 7.

Joretha Walbaum, JP Nel, Magdaleen van Zyl, Klara Greyling, Belinda Griqua en Adam Eiseb het elkeen 'n spesiale pluimpie tydens die geleentheid ontvang. Henriëtte van Wyk, Loraine Kotze, Illse Mouton, Lloyd Zandberg, Clarice Gille-Theys en medeskrywers het ook elk 'n pluimpie vir ingeskrewe werk ontvang.

Die benoemdes Marcel Theron, Jaco Vermeulen, Luton Koorts en Jean-Louis Knouwds het spesiale donsies ontvang. Marcha Vorster, Oswald Theart, Gordon van Zyl, Koster Cronje, Marlene Erasmus, Marsofine Krynauw, Marietjie Espach, Jakes Espach, Annika Mouton en Sanet Barnard het ook donsies ontvang vir ingeskrewe werk.

Edugate Privaatskool, Elzaan du Plessis en Marlene Orffer het spesiale toekennings ontvang. Corina Becker, Hannes du Plessis, Mauritz du Preez, Elizabeth Köstens, Urte van der Watt, Jurie Viljoen, Marsofine Krynauw, Cornelia Rix en Dieter Maree het elk 'n deelname sertifikaat ontvang.