Buurtwag hou markdag

Gerine (WE) Hoff
Academia se buurtwag hou op Saterdag 25 November ’n Kersmark om geld vir die organisasie in te samel.

Volgens een van die organiseerders, Ronel Conrad, gaan daar verskeie stalletjies wees met allerlei produkte wat te koop is.

“Daar is reeds biltong en droëwors, koekies, lekkers, groot koeke, plante, braaistelle, klere, ingelegte produkte, kerrie en rooty, koeldranke, en ’n speelpark vir die kleintjies,” sê sy.

“Stalletjies (3m x 3m) kan egter nog teen N$300 elk gehuur word. Omdat die patrollielede vir die braai verantwoordelik is, vra ons dat daar geen ander braai-stalletjies is nie,” sê sy.

Belangstellendes word dus aangemoedig om ’n stalletjie te huur en almal anders kan nou reeds die datum op die kalender omkring.

Die markdag vind vanaf 08:00 tot 15:00 by die Academia sporgronde plaas.

Vir meer inligting of om ’n stalletjie te bespreek, kontak Ronel by 081 129 9025.