Inwoners verontrief oor koperdiefstal

11 January 2018 | Technology

Inwoners van Cimbebasia is moedeloos ná koperkabeldiewe weer verlede week toegeslaan het en internetgebruikers sedertien sonder hierdie diens gelaat is.

“Behalwe dat ek nie toegang het tot die internet om my banksake aanlyn te doen nie, is dit 'n ligte ongerief,” sê Jose Quintal, 'n inwoner van dié buurt. Vir besighede in hierdie area kan dit egter meer ernstige probleme tot gevolg hê.

Telecom Namibia het vroeër hierdie week hul misnoeë uitgespreek oor die verhoogde aantal koperkabeldiefstalle in die hoofstad. Volgens Oiva Angula, hoof van korporatiewe kommunikasie en skakelbeampte by Telecom, is 'n 1000-paar koperkabels verlede Vrydag in Cimbebasia gesteel.

Die diewe het glo toegang deur twee mangatte gekry ná die slotte daarvan gebreek is. Tussen 500 en 800 besigheids- en residensiële kliënte is deur die diefstal geraak.

Volgens Angula het die herstelproses reeds begin en sou dienste geleidelik in die loop van hierdie week weer in werking wees.

Quintal is egter nie oortuig dat die groot taak op hande binne 'n week herstel sal word nie. “Dit is 'n enorme taak om binne 'n week af te handel,” is hy van mening.

Telecom moet volgens Quintal, wanneer geld en tyd dit toelaat, dit oorweeg om koperkabels met veseloptiese kabels te vervang.

Intussen sê Telecom Namibia hy doen alles in sy vermoë om kabeldiefstal te bekamp. “Ons doen 'n beroep op alle inwoners om enige verdagte aktiwiteit aan te meld,” sê Angula.

Similar News

 

An app in the palm of your hand

4 months ago - 01 March 2018 | Technology

If you have an idea for a mobile app but are not sure how the intricacies work, make sure you don't miss a workshop taking...

Oshetu 1 joins the network grid

7 months ago - 07 December 2017 | Technology

The informal settlement of Oshetu 1 in the Nau Aib residential area of Okahandja, received network coverage last week as part of the MTC 100%...

Latest News

Pay, or face the ­consequences

2 days ago - 19 July 2018 | Ministries

“How do they want to manage taxing us?” ask food vendors Latoya and Maria /Naris. “Today we sold four pieces of meat. And government feels...

Going strong at 90

2 days ago - 19 July 2018 | Local News

Barry de Klerk – Ouma Hanna Klassen recently celebrated her 90th birthday with her family and friends in Okahandja.Her nearest and dearest organised a party...

Wheels for Miss Namibia

2 days ago - 19 July 2018 | Local News

Miss Namibia, Selma Kamanya, received her brand new Toyata Yaris from Pupkewitz Toyota earlier this week. After learning more about her new set of wheels,...

'Flying toilets' still a reality

2 days ago - 19 July 2018 | Social Issues

Many San communities in the Omaheke region still use pit latrines to relieve themselves, especially in informal settlements in urban areas.The pit latrines, commonly known...

Huis, paleis, pondok

2 days ago - 19 July 2018 | Infrastructure

Die tonge het behoorlik op Rehoboth geklap toe 'n inwoner raad vra oor 'n sinkhuisie wat verlede week onder 'n boom naby haar huis opgeslaan...

The best in Africa

2 days ago - 19 July 2018 | People

Yolanda Nel - What began as an inquiry for drama classes for her son, turned into an academy that develops children's personalities, whether they are...

Others before herself

2 days ago - 19 July 2018 | People

Yolanda Nel - A burning desire to help people and a personal experience with death, motivated a Windhoek mother to pursue a doctorate degree in...

Fun day for SOS

2 days ago - 19 July 2018 | Local News

Barry de Klerk – SOS Children’s Village invites everyone to be part of their corporate and social fun day on Saturday 28 July. The event...

Bringing back the past

2 days ago - 19 July 2018 | Art and Entertainment

Barry de Klerk – Some people remember the past for its great music and films, and that is why the Lions Club often bring a...

Load More