Kragpale veroorsaak moles

11 May 2018 | Infrastructure

'n Inwoner van Olympia het onlangs wakker geword met twee massiewe elektriese pale voor hulle slaapkamer – iets wat talle inwoners van daardie area ernstige kommer.

“Volgens my navorsing is dit onwettig om só 'n kragpaal naby huise op te rig,” het die inwoner gesê. Sy het aan Windhoek Express gesê die kabels moet eintlik ondergrond wees, “maar dit blyk die kontrakteurs wil geld spaar ten koste van lewens”.

Volgens internasionale navorsing kan elekromagnetiese strale verskeie gesondheidsprobleme veroorsaak, insluitende onvrugbaarheid en kanker. “Veral leukemie word by kinders gediagnoseer,” het sy gesê.

Sedert konstruksiewerk vir die nuwe verbypad tussen Olympia en Kleine Kuppe begin het, is dit vir almal net 'n kopseer. “Ons kan nie ons huis verkoop nie, want die eiendomswaarde in hierdie gebied het aansienlik gedaal,” sê sy. Benewens die feit dat niemand eiendom wil besit langs 'n verbypad nie, sit sy nou boonop ook met die probleem dat niemand eiendom gaan koop onder 'n lewensgevaarlike kragpaal nie.



Geen belangstelling

“Ons probeer die huis in die mark sit, maar as belangstellendes by die straat afry en die pale sien, dan draai hulle sommer om,” sê 'n buurman. Van die inwoners voel hulle sal eerder 'n huurhuis in 'n ander area soek, “want hoe lank moet mens aan hierdie elektromagnetiese strale blootgestel word voor daar skade is? Met klein kinders kan mens net nie die risiko waag nie.”

'n Prokureursbrief is reeds in middel April aan die ministerie van die omgewing en toerisme, sowel as aan die Stadsraad gestuur. Daarin word uitgelig dat die ministerie op 18 Januarie 2012 'n kennisgewing uitgereik het van 'n lys aktiwiteite wat nie sonder 'n omgewingsklaringsertifikaat kan voortgaan nie. Van dié aktiwiteite sluit die oordrag en toevoer van elektrisiteit in.

Volgens die brief mag hierdie kragpale nie sonder die uitreiking van 'n omgewingsertifikaat opgerig word nie. Beide die ministerie en munisipaliteit is gevra om 'n sertifikaat as bewys te lewer, maar die klaer het nog niks ontvang nie.

Munisipale planne vir die 11kV oordraglyne wat 6 November 2017 gedateer is en wat op 26 April aan die prokureurs gestuur is, dui daarop dat die voorgestelde planne nie goedgekeur is nie.

Voorts blyk dit dat volgens munisipale reëls, hierdie soort kragpale minstens 50 meter van huise en ander strukture opgerig mag word. Dié afstand is onder andere om te verhoed dat dit nie op huise sou val indien dit omval nie. Volgens inwoners is hierdie pale egter sowat 8 meter van hul huise af opgerig.

Hoewel die verbypad reeds in 1970 beplan is en 'n volhoubaarheidstudie in 1999 gedoen is, kon Windhoek Express nie vasstel of die oprigting van die kragpale deel van die aanvanklike beplanning was nie. Geen inligting of hierdie pale tydelik of permanent is, kon voor druktyd bekom word nie.

Die voorgestelde voltooiingsdatum van die verbypad is einde 2019. Indien Mandume Ndemufayo rylaan aan die verbypad gekoppel word en Sam Nujoma rylaan verleng word, kan hierdie projek moontlik eers in 2020 voltooi wees.

Beide die munisipaliteit en die projek se kontrakteurs is vir kommentaar genader, maar geen reaksie is teen druktyd ontvang nie.

Similar News

 

NAC has more plans

19 hours ago | Infrastructure

The Namibia Airports Company (NAC) is looking to procure consultancy services for works and services to eliminate congestion at the Hosea Kutako International Airport (HKIA)...

Meer spasie op dié manier

19 hours ago | Infrastructure

Dubbelverdieping sinkstrukure in Windhoek se informele nedersettings neem toe omdat daar te min spasie in residensiële erwe is.'n Inwoner van Hakahana, Monica Nedongo, besit een...

Road works hamper traffic

19 hours ago | Infrastructure

With major road construction of the new eastern bypass currently underway in Prosperita, along with work being carried out on the bridge and at the...

Toilets bring relief at Omitara

19 hours ago | Infrastructure

The construction of close to 320 ablution facilities at Omitara has been completed and they are currently in use by residents, the settlement's committee secretary,...

New township development approved

1 week ago - 11 May 2018 | Infrastructure

The City of Windhoek (CoW) recently approved the application for the township establishment and layout of Rocky Crest Ext. 5 and 7.“Residents can look forward...

Master plan for WHK water

1 week ago - 11 May 2018 | Infrastructure

The City of Windhoek (CoW) has received 28 tender applications for the development of an integrated water and wastewater master plan.The tender closed on 18...

Spa sonder grond

4 weeks ago - 26 April 2018 | Infrastructure

Yolanda Nel Twee jaar ná die Reho Spa weer sy deure vir die publiek moes open, lê dit steeds in puin en blyk dit nou...

Genoop om grond te gryp

4 weeks ago - 26 April 2018 | Infrastructure

Yolanda Nel - 'n Tekort aan behuisingsgeleent-hede op Rehoboth noop talle mense om grond wat al jare leeg staan, te gryp.“Hierdie erwe staan al vier...

Ontwikkelingsforum maak Rehoboth mooi

4 weeks ago - 26 April 2018 | Infrastructure

Yolanda Nel Na die haaglike toestande waarin die begraafplaas van Rehoboth nog onlangs te vinde was, het ’n groep inwoners besluit om saam te staan...

Options abound but still no homes

1 month - 19 April 2018 | Infrastructure

Yolanda NelWith house prices in the capital still sky high, the backlog remains despite a number of cheaper housing choices available.Various cheaper housing options already...

Latest News

Rol môre moue op

19 hours ago | Environment

Die landwye skoonmaakveldtog vind amptelik môre plaas, met pres. Hage Geingob wat ’n hand in Windhoek se Samora Machel-kiesafdeling bysit.Private sektor deelnemers sluit Plastic Packaging...

Meer spasie op dié manier

19 hours ago | Infrastructure

Dubbelverdieping sinkstrukure in Windhoek se informele nedersettings neem toe omdat daar te min spasie in residensiële erwe is.'n Inwoner van Hakahana, Monica Nedongo, besit een...

Road works hamper traffic

19 hours ago | Infrastructure

With major road construction of the new eastern bypass currently underway in Prosperita, along with work being carried out on the bridge and at the...

Toilets bring relief at Omitara

19 hours ago | Infrastructure

The construction of close to 320 ablution facilities at Omitara has been completed and they are currently in use by residents, the settlement's committee secretary,...

First section of Wernhil complete

19 hours ago | Business

With N$160 million already spent on the construction on the fourth phase of Wernhil Park, nine new shops will begin trade by 1 June this...

The light in the art

19 hours ago | People

Barry de KlerkAbraham Pieters is a young entrepreneur from Windhoek who hopes to inspire other young people to take up arts to make a living...

’n Dans met ’n ander...

19 hours ago | People

Yolanda NelDit lyk soos ’n kunswerk wanneer haar been stadig en elegant eers verby haar middel en dan verby haar skouer beweeg. In ’n oogwink...

Living together in harmony

19 hours ago | International

Namibia recently joined the world in celebrating living together in peace and harmony to build a sustainable world.The first commemoration of International Day for Living...

The champions' road

19 hours ago | Local News

Barry de KlerkBoerewors lovers are gearing up for the final challenge after 11 participants blew the judges away at the Khomas regional round of the...

Load More