Met tone gepunt

08 March 2018 | People

Yolanda Nel

As Tchaikovsky eers begin speel, dan punt die tone al asof dit tweede natuur is en arms vorm die perfekte semi-sirkel. Soos een, sweef 'n groep meisies oor die verhoog, sonder om 'n geluid te maak wanneer hul voete aan die vloer raak.

In die ateljee stop Zelrine Verdoes die musiek en dan begin hul;e van voor af. Ballerinas moet dit in hul hele hart en wese voel. “Dit is 'n verskriklik gedisiplineerde veld, maar net so vervullend,” sê Zelrine, 'n afrigter by die Nasionale Balletskool.

“Musiek is 'n groot inspirasie. Wanneer ek musiek hoor, dan dans my ballerinas reeds op die verhoog in my gedagtes. Ek dink onmiddelik aan dansroetines,” vertel sy.

Zelrine erken dat ballerinas baie hard moet werk aan hul postuur en bewegings. “En somtyds wil jy ophou, wil jy nie meer dans nie. Maar daai ballerina-gogga bly tog altyd in jou stelsel. Al wil jy nie meer dans nie, bevind jy jouself tog eendag weer in jou balletskoene,” sê sy met 'n glimlag.

Sy self het vir 'n rukkie opgehou en gaan studeer. Daarna het sy tog gevoel ballet is steeds vir haar 'n baie belangrike deel van haar lewe. “Ek het toe besluit om klas te gee. Teen daardie tyd was die behoefte om eendag self professioneel te dans 'n vergete droom,” erken sy. “Maar ek put geweldige genot daaruit om 'n balletjuffrou te wees.”

'n Loopbaan as prima ballerina mag dalk nie almal beskore wees nie, maar daar is wel talle werksmoontlikhede beskikbaar. “As ballerina kan jy deel wees van teaterproduksies as danser,” sê sy. Hoewel daar nie te veel moontlikhede op eie bodem is nie, is daar talle geleenthede in Suid-Afrika en natuurlik oorsee.

Zelrine is tans besig met vanjaar se groot verhoogproduksie wat in September plaasvind. Dit sal 190 balletleerlinge insluit, van die beginners tot die seniors. Van die jongste leerlinge is 5 jaar oud. Benewens hul eie choreografie, sal werke van Marius Petipa, Michel Fokine, Jean Coralli en Jules Perrot ook te sien wees. Die produksie vertel die verhaal van prima ballerina Anna Pavlova. Sy was die hoofdanser van die Russiese Ballet. Sy word erken vir die skepping van haar rol as die sterwende swaan. “Na terugvoer van verlede jaar se vertoning, sal daar hierdie jaar baie meer tutus te sien wees,” sê Zelrine. Die hoop met vanjaar se produksie is dat dit net so suksesvol sal wees soos hul 2016 produksie van Mary Poppins.

Die Nasionale Balletskool het verlede jaar 150 kandidate gesien wat die balleteksamens geslaag het. Anna-Marie Ritter is aangewys as die mees belowende senior danser, met Seraya Mentor en Zani van der Merwe wat beide as naaswenners aangewys is.

Jenny Schuster is ook verlede jaar deur die Nasionale Balletskool met 'n spesiale dienstoekenning vereer vir haar onbaatsugtige bydrae tot die Cecchetti Vereniging van Suider-Afrika in Namibië.

Die geskiedenis van die Nasionale Balletskool

Jenny Schuster het in 1958 met ballet begin op 4 1/2 jarige ouderdom onder leiding van John Cranston, wat die Nasionale Balletskool van Suidwes-Afrika in 1948 begin het, na hy uit Londen immigreer het. Joan Mansfield het in 1963 die skool oorgeneem.

Jenny het na sy haar studies by die balletskool in Kaapstad voltooi het, in 1982 by die Windhoek Dansakademie aangesluit. Na oorreding dat sy haar eie skool moet begin, het die Nasionale Balletskool weer in 1984 sy deure oopgemaak.

En die res is geskiedenis.

Similar News

 

Be the change to see the change

1 week ago - 07 June 2018 | People

Ellison Benade dreams of seeing the world and to introduce people to Rehoboth, the small town she grew up in. She also hopes to show...

Life beyond the track

2 weeks ago - 31 May 2018 | People

Motor racing has come a far way and the man known as Driver, has made it his mission to take the sport countrywide.Emmanuel Ekomu Red,...

The light in the art

3 weeks ago - 24 May 2018 | People

Barry de KlerkAbraham Pieters is a young entrepreneur from Windhoek who hopes to inspire other young people to take up arts to make a living...

’n Dans met ’n ander passie

3 weeks ago - 24 May 2018 | People

Yolanda NelDit lyk soos ’n kunswerk wanneer haar been stadig en elegant eers verby haar middel en dan verby haar skouer beweeg. In ’n oogwink...

Samel geld draf-draf in

3 weeks ago - 24 May 2018 | People

Wanneer kanker al talle mense na aan jou kom haal het, dan doen jy alles in jou vermoeë om ander rondom jou daarvan bewus te...

A better future

1 month - 17 May 2018 | People

Tyran Olivier has taken it upon himself to inspire the youth in the country and he hopes to reach out to as many of them...

Laat die hare waai

1 month - 11 May 2018 | People

Yolanda NelDis soos iets uit ‘n glanstydskrif wanneer mens die deure oopstoot en by die industriële gebou instap. Jy staan eers vir ‘n oomblik stil...

Nuwe hoop vir oom Japie

1 month - 03 May 2018 | People

Yolanda NelWat in 2015 net ’n gewone oogoperasie moes wees, het een man amper blind gelaat. Drie jaar later het ’n barmhartigte Samaritaan egter nuwe...

In front of and behind the lens

1 month - 03 May 2018 | People

Many people spend their days either in front or behind the camera, but Hilgard Brandt does both and he says he loves each equally.As to...

Pretty face, heart of gold

1 month - 26 April 2018 | People

One step at a time is how Marelize Fredericks, a native of Rehoboth hopes to make a difference in her community.Marelize is a model who...

Latest News

More funds for Môreson

6 days ago - 14 June 2018 | Education

In an effort to raise funds for the Môreson school, a special event takes place at the Mega Lifestyle centre in Kleine Kuppe on Saturday.Guests...

KHI making housing inroads

6 days ago - 14 June 2018 | Infrastructure

Of the 190 households in the Kalahari constituency of the Omaheke region, about 11% live in improvised housing or shacks.According to an assessment conducted by...

Bids open for Gobabis projects

6 days ago - 14 June 2018 | Government

The municipality of Gobabis has invited interested candidates to hand in their tenders for a number of projects set to start there in the near...

Rehoboth woeker met begraafplaas

6 days ago - 14 June 2018 | Society

Die geesdrif op Rehoboth is aansteeklik en werk die inwoners mooi saam met die dorpsraad om te verseker dat die dorp reggeruk word.Amanda Groenewaldt van...

Biltong, cars and big names

6 days ago - 14 June 2018 | Art and Entertainment

Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Adam and Leah are amongst the artists who entertain guests at this year's Standard Bank Biltongfees and Auto Show taking...

When there is hope

6 days ago - 14 June 2018 | Society

“The dream to ensure quality health care that is accessible and affordable can be realised if we agree that health care is a basic human...

The home with no garbage...

6 days ago - 14 June 2018 | Life Style

With glass jars and cotton bags, she is well equipped to do her grocery shopping and ensures that she is not contributing to any waste...

A taste of the future

6 days ago - 14 June 2018 | Business

Every parent has a fresh set of endless worries that comes with welcoming a child into this world. But for the parents of a baby...

Business banking for the fairer...

6 days ago - 14 June 2018 | Banking

Bank Windhoek last week introduced a new financial solution for business women.At the launch, the bank's MD Baronice Hans, said: “Women are a powerful force...

Load More