Moria kraai koning

06 August 2018 | Sports

In een van die mees opwindende wedstryde nóg vanjaar in die Momentum o.19-premierliga, het die Privaatskool Moria oor Tsumeb Gimnasium koning gekraai met 35-31 in Vrydagaand se kwarteindstryd in die Hage Geingob-stadion in die hoofstad.

Die wenspan van Outjo speel vanjaar vir die eerste keer in die hoogste liga en om vir die Superliga-halfeindstryd te kwalifiseer, is beloning vir hul ondernemende spel sedert die begin van die seisoen.

“Dit was baie groot!” het die skrumskakel en kaptein DJ Holtzhauzen agterna oor Moria se sege gesê. “Die spel was hard, maar dit was die moeite werd. Dit was rof en Tsumeb het gekom vir ons, maar ek is bly ons kon dit deurtrek.”

Die span het deurentyd baie karakter getoon en opwinding het hoog geloop toe hulle die wendrie druk. Veral die laaste lynstaan op ons doellyn was senutergend en gelukkig was hul ingooi skeef, want Tsumeb se voorspelers het die hele wedstryd sterk gedryf.

“Dit was hard by tye, maar ek is bly ons kon hom kry,” het Holtzhausen hieroor gesê.

Moria se afrigter, mnr. Louwtjie Grobler, was baie beïndruk met sy span se spel.

“Hierdie was vir ons ’n groot tree vorentoe. Elke keer as ons nog ’n trap klim, leer ons iets nuuts. Dan sien ons net weer die karakter wat hierdie seuns het. Ons het regtig ’n ‘great’ span.”

Oor die laaste spanningsvolle minute het Grobler gesê: “Ja, dit was baie stresvol. Tsumeb Gimnasium het ’n swaar pak voorspelers en ons het baie respek vir hulle. Ek is net bly die manne het hul man gestaan en koelkop gebly.”

Grobler reken sy span sal met groot entoesiasme volgende week terugkom vir hul semifinaal teen Windhoek Afrikaanse Privaatskool, wat vanjaar die pas aangegee het.

Moria het vroeër die liga-ontmoeting op WAP se rugbyveld gespeel, maar volgende naweek ontmoet hulle mekaar op neutrale grond en as Moria wen, dring hulle na die eindstryd deur om teen die wenner van Windhoek Gimnasium óf Windhoek Hoërskool te speel.

“Ja, ons weet ons is in vir ’n groot wedstryd. WAP is die span wat boaan die punteleer lê. Ons sal moet vasvat, maar ons is reg.”

Similar News

 

Superliga-glorie wink vir Windhoek Gim en Moria

6 days ago - 13 August 2018 | Sports

Die Schoemans-groep Windhoek Gim Leeus het Vrydagaand by die Hage Geingob-stadion in Windhoek in ’n klipharde semifinaal teen Samsung WHS geseëvier. In temperature naby vriespunt...

Laerskole wys baie talent

6 days ago - 13 August 2018 | Sports

Die Steers Laerskole rugby-eindstryd in die premierliga word vanjaar beslis tussen Windhoek Gimnasium en Walvisbaai Privaatskool.Saterdag het die room van Namibië se laerskool rugbytalent by...

Hot rubber and tar tracks

6 days ago - 13 August 2018 | Sports

Barry de Klerk – Windhoek hosted its first Motorsport Expo this weekend, with motorsport lovers from across the country attending to hear engines roar.Described as...

Nam klop Zim op hokkiebaan

6 days ago - 13 August 2018 | Sports

Namibië se senior manshokkiespan het Zimbabwe in die PSI kompetisie in hul binneshuise internasionale toets in Harare met 6-2 geklop.Vir Namibië het Liam Hermanus uitgeblink...

CFC wins 4th round of Fistball League

6 days ago - 13 August 2018 | Sports

Jessica BotesCohen Fistball Club I (CFC) came out on top during the last round of the Bank Windhoek Fistball League.The final score between CFC 1...

Namupala, Ekandjo win Husab marathon

1 week ago - 07 August 2018 | Sports

Adolf Kaure – The 2018 edition of the Husab marathon took place at the Husab Access Road yesterday.In the men’s open category of the 42km...

Ninth Super Rugby title for Crusaders

1 week ago - 07 August 2018 | Sports

Richie Mo'unga pulled all the strings as the Canterbury Crusaders beat the Golden Lions 37-18 to claim a ninth Super Rugby title and their second...

Netbal seëvier

1 week ago - 06 August 2018 | Sports

Die Namibiese kampioenskole in netbal is die naweek beslis, met die nasionale eind-toernooi wat by Windhoek Gimnasium se bane beslis is. Die wedstryde het reeds...

Skyride attracts cyclists, runners

1 week ago - 06 August 2018 | Sports

The Gravel & Dirt Skyride took place Heja Lodge early yesterday morning. Usiel Afrikaner won the 5km run for men, while Shani Scholtz won the...

Welwitschias se opmars duur voort

1 week ago - 06 August 2018 | Sports

Arrie Hougaard – Namibië se opmars na kwalifisering vir die 2019 Wêreldbeker in Japan duur voort na ’n oortuigende oorwinning van 58-28 oor Zimbabwe Saterdag...

Latest News

Music for the masses

6 days ago - 13 August 2018 | Art and Entertainment

The Sam Nujoma stadium was bursting at the seams yesterday, with fans from all corners of the country streaming to the capital to witness outstanding...

Pay one, pay all

6 days ago - 13 August 2018 | Government

Residents living outside Windhoek but within city boundaries, began paying for municipal fees on 1 August.The areas affected are Omeya, Finkenstein Estate, Sungate, Regenstein, Herboth's...

Groter, beter, ­inspirasie

6 days ago - 13 August 2018 | Events

Die opwinding bou stadig maar seker op, met vanjaar se Inspirasie Tafels-leefstylekspo oor net 18 dae en uitstallers wat slaggereed is om hul produkte te...

All-in-one development coming

6 days ago - 13 August 2018 | Infrastructure

Yolanda Nel - With 7 850 residential opportunities on almost 2 100 individual erven, a new township within the capital is in the planning phase.“In...

The Wild West of Windhoek

6 days ago - 13 August 2018 | Crime

Yolanda Nel - With gunshots raining down in Eros Park regularly, residents in this neighbourhood fear for their lives, not sure who these shots are...

Pressure felt for electricity supply

6 days ago - 13 August 2018 | Infrastructure

Otis Fink - “The protection of territories by power utilities like NamPower and Erongo RED is a challenge,” Erongo governor Cleophas Mutjavikua told delegates at...

Busy week for Mvula

6 days ago - 13 August 2018 | Art and Entertainment

An installation of heads of cattle by Alpheus Mvula opened at the Franco Namibian Cultural Centre on Monday. The mixed media concept of contemporary art...

Borg 'n rok

6 days ago - 13 August 2018 | Local News

Ná 'n tiener vroeër vanjaar aan die Magnificent Women International skoonheidskompetisie in Indië deelgeneem het, het sy met haar terugkeur reeds met liefdadigheidswerk begin.Anina Oosthuizen,...

Vote for your favourite now

6 days ago - 13 August 2018 | Events

Applications are in and the people have spoken! Are you ready for the Simply You Magazine (SYM) lifestyle and fashion awards?According to SYM founder and...

Load More