OG spoeg vuur oor OKH se boeke

12 April 2018 | Government

Die munisipaliteit van Okahandja het 'n negatiewe ouditmening van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke ontvang vir die finansiële jaar wat op 30 Junie 2016 geëindig het.

Die munisipaliteit se finansiële state is verlede maand deur die adjunkminister van finansies, Natangwe Ithete, in die Nasionale Vergadering ingedien.

'n Negatiewe ouditmening dui daarop dat 'n instansie se finansiële state wanvoorgestel word en nie sy finansiële toestand en gesondheid akkuuraat weerspieël nie.

Die munisipaliteit het dié ouditmening om verskeie redes ontvang, onder meer weens die gebrek van 'n behoorlike bateregister; 'n gebrek aan behoorlike bankrekonsiliasiestaat; oordrewe salarisse en lone; 'n verouderde waardasierol; en 'n gebrek aan behoorlike rekords vir vooruitbetaalde elektrisiteitsverkope.

Kandjeke het gesê die munisipaliteit se finansiële verslae het nie sy finansiële posisie regverdig voorgestel nie.

Voorts het hy gesê daar is geen opgedateerde vaste bateregister wat ouditeure vir ouditdoeleindes kon gebruik nie. Die munisipaliteit het ook geen ondersteunende dokumente vir Saambou-voorskotte en NaTIS-eise, onderskeidelik ten bedrae van N$1 230 025 en N$3 262 184, gelewer nie.

Boonop is geen behoorlike bankrekonsiliasiestate ingedien nie, en die akkuraatheid van BTW ontvangbaar van N$12 576 915, kon nie geverifieer word nie omdat geen BTW-rekonsiliasie gedoen is nie.

Die munisipaliteit werk nog steeds op 'n verouderde waardasierol van 2008 en tariewe vir dienste gelewer word nog steeds op 2013/14-tariewe gehef. – Nampa

Similar News

 

Resolusies aanvaar

1 week ago - 08 October 2018 | Government

Elvira Hattingh - Die grondkonferensie het Vrydagaand afgesluit met pres. Hage Geingob wat Namibiërs die versekering gegee het dat merkwaardige veranderinge in grondhervorming voorts gesien...

Heroes honoured in WHK

1 week ago - 08 October 2018 | Government

Yolanda Nel - Several streets in the capital were renamed during a mass street renaming ceremony hosted by the City of Windhoek last week.Council made...

City to ease burden on the poor

1 week ago - 08 October 2018 | Government

Jana-Mari Smith - The City of Windhoek announced the imminent electrification of parts of Okahandja Park and Havana as well as six priority areas in...

Nuwe HUB gesoek

2 weeks ago - 01 October 2018 | Government

Die Rehoboth dorpsraad (RTC) sal op 1 November hopelik weer teen November ’n nuwe hoof uitvoerende beampte (HUB) hê, ná Christoph |Uirab vroeër vanjaar aangedui...

Agreement between CoW and NUST

2 weeks ago - 01 October 2018 | Government

A memorandum of understanding (MoU) between the City of Windhoek (CoW) and the University of Science and Technology (NUST) was approved during council meeting on...

City sued

4 weeks ago - 17 September 2018 | Government

Marc Springer - The developers of the Elisenheim estate have sued the Windhoek City Council for alleged breach of contract, saying that they lost interest...

Wees gewaarsku oor krag

4 weeks ago - 17 September 2018 | Government

Yolanda Nel - Die Windhoekse stadsraad het die publiek teen onwettige elektriese aansluitings gewaarsku en gesê dit plaas die hele gemeenskap in gevaar.“Weerlose lede van...

Calling civil and electrical engineers

4 weeks ago - 17 September 2018 | Government

Yolanda Nel - Town councils to the south and east of the capital are seeking civil engineering contractors for a number of projects.The Rehoboth Town...

Eveline Str erf rezoning

1 month - 10 September 2018 | Government

A number of applications that were submitted to the City of Windhoek in an effort to rezone an erf in Goreangab from institutional to restricted...

Paaltjies fees kick in 1 October

1 month - 10 September 2018 | Government

The City of Windhoek announced that the recreational park tariffs to enter the Brakwater Park, also known as Paaltjies, officially come into force on 1...

Latest News

Klein idee, groot verskil

1 day - 15 October 2018 | Environment

'n Oogkundige het besef Namibië het die wêreldwye reuse-plastiekprobleem nie vrygespring nie, en die land moes lankal reeds iets doen om te verseker dit ruk...

Betoging stopgesit

1 day - 15 October 2018 | Society

Rehobothers het beplan om Vrydag tot by die dorpsraad te betoog om 'n petisie te oorhanding oor die voorwaardes waaronder erwe op die dorp verkoop...

SHAF to help with housing

1 day - 15 October 2018 | Infrastructure

The managing director of Shelter Afrique (SHAF), Andrew Chimphondah, said the organisation is willing to help Namibia address its housing problems.He made this statement earlier...

4x4s battle it out

1 day - 15 October 2018 | Events

Next Saturday (20 October), it's the Battle of the Brands for Cancer at the Benguella Angling Club in Olympia.This Land Rover Owners (LRON) initiative calls...

Waste facility opens in WHK

1 day - 15 October 2018 | Infrastructure

The Windhoek municipality is tasked with the responsibility of ensuring that all waste generated within the city is managed so as to minimise its potential...

Shoprite maak skoon

1 day - 15 October 2018 | Environment

Terwyl baie inwoners luilekker op 'n Saterdag agteroor lê en bietjie sport kyk, het een besigheid op Rehoboth besluit om die tyd beter te benut...

Rehobothers woeker met begraafplaas

1 day - 15 October 2018 | Infrastructure

Hoewel die begraafplaas projek op Rehoboth tans sloer, het dit tot dusver baie goed verloop en is die projekleiers tevrede met hulle vordering.“Die ou begraafplaas...

Honderde sien weer beter

1 day - 15 October 2018 | Health

Yolanda Nel – Daar het letterlik honderde mense Donderdag by die Windhoek sentrale hospitaal opgedaag ná oogkundiges kragte saamgesnoer het om oogtoetse teen N$20 aan...

Halfway on, world off mark...

1 day - 15 October 2018 | Health

Moses Magadza - A senior United Nations Programme on HIV and AIDS (UNAIDS) official says although notable progress has been made against the disease, the...

Load More