Opedag en Somerfees by DHPS

Gerine (WE) Hoff
Die Duitse Hoër Privaatskool (DHPS) hou op Saterdag 3 Maart ’n opedag en sy jaarlikse Somerfees.

Op daardie dag open die skool sy hekke van 08:00 tot 10:00 en belangstellendes kry die kans om insig te kry oor die skool se klaskamers en lesse. Benewens wetenskaplike eksperimente en aanbiedings in taal, sport en musiek, asook heerlike koffie en broodrolletjies, is personeel ook daar om vrae te beantwoord.

Vanaf 10:00 tot 14:00 is daar speletjies, pret en ontspanne samesyn op die program. Die Somerfees vind op die skool se koshuis en pre-primêre gronde plaas waar stalletjies ’n verskeidenheid produkte insluitend kunsvlyt en lekkernye vertoon en verkoop. Toegang is N$30 en sluit die aktiwiteite by die speletjie stalletjies in.