Resolusies aanvaar

08 October 2018 | Government

Elvira Hattingh - Die grondkonferensie het Vrydagaand afgesluit met pres. Hage Geingob wat Namibiërs die versekering gegee het dat merkwaardige veranderinge in grondhervorming voorts gesien sal word.

Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het verduidelik dat die resolusies voorts deur die regering vir implementering binne die toepaslike wetsraamwerk en beleide oorweeg sal word, met die versekering dat Namibiërs ’n merkwaardige verandering hierna sál sien.

Die resolusies het altesaam aanvanklik oor 49 bladsye gestrek. Hoewel slegs enkeles hieronder genoem word, sal die volledige resolusies binne dae op die ministerie van grondhervorming se webblad gepubliseer word.

Kommersiële grond

Die resolusies sluit onder andere in dat die vrywillige verkoper, vrywillige koper-beginsel opgeskort en vervang word, terwyl ’n eenvormige, nasionale waardasiemodel ontwikkel word om realistiese grondpryse te verseker. Net een plaas per Namibiër met die grootte van plase wat deur ’n individu besit word, moet gereguleer word, terwyl landbougrond wat in buitelanders se besit is of onderbenut word, onteien word.

Kommunale grond

Die geleidelike verwydering van die veterinêre kordonheining is aanbeveel, asook dat abbatoirs in kommunale gebiede opgeknap word, terwyl die boete vir onwettige heinings binne kommunale gebiede verhoog.

Die regering moet ’n databasis ontwikkel van diegene wat oor grond beskik om te vermy dat enkeles grond op verskeie plekke het. Boonop moet maatreëls ingestel word sodat mense nie dubbele weidingsregte in kommunale en kommersiële gebiede het nie.

Die San-gemeenskap moet binne nasionale wildparke regte kry om vir eie gebruik van die wild gebruik te maak, terwyl plase naby aan die Etosha Nasionale Park vir die hervestiging van die Hai//om-gemeenskap verkry moet word.

Dorpsgebied

Minstens 300 000 huise of wooneenhede moet binne die volgende 7 jaar gebou word, en gedeeltelik gedienste erwe moet verkoop word met dienste wat later bygevoeg kan word.

Onder andere moet bouregulasies aanpasbaar wees sodat mense stuk-stuk kan bou, en ook hersien word sodat standaarde vir boumateriaal meer buigsaam is en lae-koste energie vir lae-inkomste huishoudings oorweeg kan word.

Voorvaderlige grondregte

’n Gemeenskaplike begrip of konsensus oor wat voorvaderlike grond is, moet bereik word. Boonop moet alternatiewe maniere idenfiseer word om vir verlore grond te kompenseer, sosiale gelykheid te bevorder en die ekonomiese bemagtiging van geraakte gemeenskappe te verseker.

Similar News

 

Heroes honoured in WHK

1 week ago - 08 October 2018 | Government

Yolanda Nel - Several streets in the capital were renamed during a mass street renaming ceremony hosted by the City of Windhoek last week.Council made...

City to ease burden on the poor

1 week ago - 08 October 2018 | Government

Jana-Mari Smith - The City of Windhoek announced the imminent electrification of parts of Okahandja Park and Havana as well as six priority areas in...

Nuwe HUB gesoek

2 weeks ago - 01 October 2018 | Government

Die Rehoboth dorpsraad (RTC) sal op 1 November hopelik weer teen November ’n nuwe hoof uitvoerende beampte (HUB) hê, ná Christoph |Uirab vroeër vanjaar aangedui...

Agreement between CoW and NUST

2 weeks ago - 01 October 2018 | Government

A memorandum of understanding (MoU) between the City of Windhoek (CoW) and the University of Science and Technology (NUST) was approved during council meeting on...

City sued

1 month - 17 September 2018 | Government

Marc Springer - The developers of the Elisenheim estate have sued the Windhoek City Council for alleged breach of contract, saying that they lost interest...

Wees gewaarsku oor krag

1 month - 17 September 2018 | Government

Yolanda Nel - Die Windhoekse stadsraad het die publiek teen onwettige elektriese aansluitings gewaarsku en gesê dit plaas die hele gemeenskap in gevaar.“Weerlose lede van...

Calling civil and electrical engineers

1 month - 17 September 2018 | Government

Yolanda Nel - Town councils to the south and east of the capital are seeking civil engineering contractors for a number of projects.The Rehoboth Town...

Eveline Str erf rezoning

1 month - 10 September 2018 | Government

A number of applications that were submitted to the City of Windhoek in an effort to rezone an erf in Goreangab from institutional to restricted...

Paaltjies fees kick in 1 October

1 month - 10 September 2018 | Government

The City of Windhoek announced that the recreational park tariffs to enter the Brakwater Park, also known as Paaltjies, officially come into force on 1...

Upset over levying of rates and taxes

1 month - 03 September 2018 | Government

Yolanda Nel - A municipal notice has home owners in complexes confused over the implementation of the Sectional Titles Act of 2009.“This not only gives...

Latest News

Klein idee, groot verskil

2 days ago - 15 October 2018 | Environment

'n Oogkundige het besef Namibië het die wêreldwye reuse-plastiekprobleem nie vrygespring nie, en die land moes lankal reeds iets doen om te verseker dit ruk...

Betoging stopgesit

2 days ago - 15 October 2018 | Society

Rehobothers het beplan om Vrydag tot by die dorpsraad te betoog om 'n petisie te oorhanding oor die voorwaardes waaronder erwe op die dorp verkoop...

SHAF to help with housing

2 days ago - 15 October 2018 | Infrastructure

The managing director of Shelter Afrique (SHAF), Andrew Chimphondah, said the organisation is willing to help Namibia address its housing problems.He made this statement earlier...

4x4s battle it out

2 days ago - 15 October 2018 | Events

Next Saturday (20 October), it's the Battle of the Brands for Cancer at the Benguella Angling Club in Olympia.This Land Rover Owners (LRON) initiative calls...

Waste facility opens in WHK

2 days ago - 15 October 2018 | Infrastructure

The Windhoek municipality is tasked with the responsibility of ensuring that all waste generated within the city is managed so as to minimise its potential...

Shoprite maak skoon

2 days ago - 15 October 2018 | Environment

Terwyl baie inwoners luilekker op 'n Saterdag agteroor lê en bietjie sport kyk, het een besigheid op Rehoboth besluit om die tyd beter te benut...

Rehobothers woeker met begraafplaas

2 days ago - 15 October 2018 | Infrastructure

Hoewel die begraafplaas projek op Rehoboth tans sloer, het dit tot dusver baie goed verloop en is die projekleiers tevrede met hulle vordering.“Die ou begraafplaas...

Honderde sien weer beter

2 days ago - 15 October 2018 | Health

Yolanda Nel – Daar het letterlik honderde mense Donderdag by die Windhoek sentrale hospitaal opgedaag ná oogkundiges kragte saamgesnoer het om oogtoetse teen N$20 aan...

Halfway on, world off mark...

2 days ago - 15 October 2018 | Health

Moses Magadza - A senior United Nations Programme on HIV and AIDS (UNAIDS) official says although notable progress has been made against the disease, the...

Load More