Werksonderbrekings kom regering duur te staan

08 March 2018 | Ministries

Werksonderbrekings by die ministerie van binnelandse sake en immigrasie se nuwe hoofkantoor in Windhoek-noord kan die regering 'n addisionele N$32,5 miljoen kos, het die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, verlede week in die Nasionale Vergadering gesê.

“Die verwagte koste wat sal ophoop as gevolg van werksonderbrekings weens begrotingskortings vir die projek, is N$32 544 171,” het Mutorwa gesê. Dié bedrag sal waarskynlik nóg hoër word as die projek verder vertraag word. Boonop is gespesialiseerde dienste soos die installering van 'n PABX-telefoonstelsel, skrynwerk, reelings, naamborde en meer nog nie ingereken nie.

Wat die kostes met meer as N$1,4 miljoen verhoog, is tydverlengings tussen 22 Junie en 6 Augustus 2018, wat tussen Augustus 2018 en Mei 2020 tot bykans N$23 miljoen kan verhoog. Rente op laat betalings aan die kontrakteur beloop meer as N$8,2 miljoen.

Mutorwa kon nie sê wanneer werk aan die gebou weer sou begin nie.

Die aanvanklike koste vir die nuwe gebou was N$1 miljard – een van die regering se duurste eiendomme, tesame met die N$400 miljoen vir NamPol se hoofkantoor by Auss-pannplatz, en die N$400 miljoen vir staatshuis se administratiewe gebou.

Altesame 570 kapitaalprojekte was veronderstel om in die 2017/18 finansiële jaar voort te gaan, maar werk op 320 hiervan is tydens ver-skillende fases gestaak. In alle fases het die regering kostes aangegaan vir dienste wat deur konsultante gelewer is. – Nampa

Similar News

 

Latest News

Change starts with your attitude

9 hours ago | Events

Being hailed a hero after saving a baby that had been flung from a car after an accident earlier this month, Tulonga Neputa has now...

Meat festival this weekend

9 hours ago | Events

The second edition of the /Ai //Gams Meat Festival hosted by the St Boniface RC Church, takes place at the Khomasdal stadium on Saturday.This time...

Enough money for road repairs

9 hours ago | Infrastructure

Yolanda Nel - The City of Windhoek (CoW) has enough funds to repair the estimated 3 000 potholes in the capital by the end of...

Omaheke addresses major challenges

9 hours ago | Government

Yolanda Nel - Faced with enormous challenges, the Omaheke regional council and some partners have taken several strides in their quest to advance regional development.During...

WHK aquifers in the spotlight

9 hours ago | Environment

The Namibia Scientific Society, the Namibian Hydrogeological Association and the Upper Swakop Basin Management Committee invite everyone who is interested on a field trip to...

Hier word iets uit niks...

9 hours ago | People

Die rou opwinding om iets te kan skep waar daar voorheen niks was nie, bring ná jare in die bedryf vir hierdie kunstenaar steeds pure...

'n Bietjie bitter, 'n bietjie...

9 hours ago | People

Yolanda Nel - Die Namibiese nooi wat al 'n geruime tyd op Suid-Afrikaanse kassies pronk, is volgende week op eie bodem met 'n teaterstuk waaraan...

Learn to judge food here

9 hours ago | Events

In an effort to improve the culinary standards in Namibia, NamChefs is hosting a WorldChefs judging seminar in July.This first World Association of Chefs Societies...

It's a celebration!

9 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek joins the Franco-Namibian Cultural Centre (FNCC) and the rest of the globe in celebrating World Music Day on Saturday.The official celebrations take place at...

Load More