‘Biertjies’ sorg vir plesiertjies!

09 February 2021 | Art and Entertainment

Die Suid-Afrikaanse sanger Corné Pretorius het die afgelope paar maande vele aanhangers gewerf met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My” en “Halfvol” –drie in die kol radiotreffers; Die videos van hierdie liedjies het gesamentlik reeds meer as 100 000 klieks op YouTube!
Daarmee saam sal aanhangers bly wees om te hoor dat Corné se nuutste enkelsnit “Biertjies” pas uitgereik is.
Vir dié snit span Corné span kragte met Die Heuwels Fantasties en Ampie.
“Vir my was dit gepas om sommer net ’n lekker, ligte liedjie te kon maak. Daar is op die oombik baie stres in die wêreld; ons kan almal doen met ’n bietjie pret en plesier!” sê hy.
Al drie sy enkelsnitte wat verlede die lig gesien het, was tydens verskillende fases van die grendeltyd opgeneem en uitgereik. “Ek is dankbaar dit doen so goed. Dit is nou vir my ’n groot eer om ‘Biertjies’ saam met Die Heuwels en Ampie te kon doen.”
Sien "Biertjies" hier!