Hoe proe jou wors?

22 June 2020 | Local News

Windhoek • [email protected]
As jy ernstig is om in te skryf vir vanjaar se Checkers Boereworskompetisie maar jy weet nie waar om
te begin nie, lees verder!
Checkers, in samewerking met NamChefs, bied hierdie Vrydag ’n opleidingsgeleentheid aan om te
verseker jy weet hoe om wors te maak. Die bekende “boereworskoningin” Sanet Prinsloo, is aan
stuur van sake en as jy haar beïndruk, kan jy tot gevra word om eerder ’n beoordelaar te wees!
Volgens NamChefs is hierdie geleentheid net oop vir ernstige kompetisie deelnemers. Lede van
NamChefs kan die opleidingsessie gratis bywoon, terwyl nie-lede N$250 betaal.
Deelnemers het nie nodig om enigiets saam te bring nie en sal gedurende die oggend leer wat ’n
goeie boerewors is en hoe jy dit kan toepas in die kompetisie. As jy nie die geleentheid wil mis nie,
moet jy spring, want daar is net plek vir 15 mense.
Die opleiding vind Vrydag vanaf 08:30 tot 12:00 by the Shoprite Checkers-hoofkantoor by 6
Diehlstraat plaas. Om jou plek te bespreek, stuur ’n epos aan [email protected]
Diegene wat wil inskryf om in vanjaar se boereworskompetisie mee te ding, het tot 1 Julie om hulle
resepte na https://www.namibianchampionboerewors.com/enter te stuur.