Kersfeesfilm laat veel te wense

02 December 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Waneeer dit kom by Kersfeesflieks is enigiets moontlik, maar ek was nie bewus daarvan dat die spreekwoordelike lyn oorskry kan word nie.
The Christmas Wedding Planner stel teleur hoofsaaklik weens die naïwiteit van die hoofkarakter. Kelsey (Jocelyn Hudon). Sy begin haar loopbaan as trou-beplanner en haar eerste kliënt is haar niggie en beste vriendin, Emily (Rebecca Dalton). Emily se eks-kêrel, Connor (Stepgan Huszar) is by die verlowingspartytjie te sien en daar kom dit aan die lig dat hy betaal is om ’n ogie oor Emily se verloofde, Todd (Eric Hicks) te hou om seker te maak hy steek nie iets weg nie.
Kelsey en Connor begin saamwerk om uit te vind wat Todd wegsteek, maar teen die tyd wat die troue moet begin, vind hulle nog niks snaaks nie.
Rebecca se karakter oortuig nie as ’n selfstandige vrou nie, al probeer sy baie hard. Dit bly ’n tipiese romantiese Kersfeesfliek met drama en liefde, maar die hele film val teen die einde plat.
As ’n aanhanger van Kersfees, is hierdie film verregaande, met swak toneelspel en karakters wat nie goed ontwikkel nie. Hierdie film is geen nuutjie op Netflix nie en is reeds in 2017 bekendgestel. Hou maar verby. En as jy 90 minute op hande het, kyk liewer enigiets anders. WE gee hierdie film een uit 5.