Sport ekspo môre geloods

07 September 2021 | Sports

Windhoek • [email protected]

Die tweede uitgawe van die Namibia Annual Sports Expo (NASE) word môre om 09:00 by Windhoek Gimnasium bekendgestel; dit word regstreeks op Namibia Media Holdings se sosiale media-bladsye uitgesaai.
Volgens die organiseerders is ’n digitale benadering tot die geleentheid gekies, weens Covid-19-beperkings.
“Ons vertrou dat dit baie effektief sal wees om optimale blootstelling aan sport in Namibië te gee en meer geleenthede vir spelers, atlete en afrigters te skep,” lui ’n verklaring deur die organiseerders.
Aanvanklik begin deur die oud minister van sport, Erastus Uutoni, is die ekspo se hoofdoel om die land se hulpbronhongersportbedryf aan die publiek te bemark, veral onder die die jeug en die sakegemeenskap, wat op sy beurt belangstelling en beleggings in sport sal verbeter.
Verskeie sportkodes regoor die land word genooi om hul programme ten toon te stel.
Die adjunk-president Nangolo Mbumba, sport minister Agnes Tjongarero, senior bestuur van die ministerie en bestuurders van verskillende sportkodes van die Namibiese sportkommissie asook sambreelliggame sal na verwagting die bekendstelling bywoon.