Totëmeyer wen toptoekenning

30 September 2021 | Events

Die 25ste Bank Windhoek Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) se Pluimpie-toekenningsgeleentheid het onlangs plaasgevind, waar erkenning gegee is aan individue, instellings, uitgewers en maatskappye wat ’n beduidende bydrae tot Afrikaans lewer deur die taal te moderniseer en relevant te hou.
Vanjaar het 23 deelnemers toekennings ontvang in die kategorieë Pluimpies, Donsies en Veertjies. Die bekende figuur in plaaslike literêre kringe, professor Andree-Jeanne Totëmeyer, het die Oswald Rall Theart-toekenning ontvang, wat geborg is deur die Theart-familie ter nagedagtenis aan wyle Oswald Rall Theart – ’n Namibiese digter, skrywer, filosoof en liriekskrywer, wie se skryfloopbaan kort, maar treffend was. Hy het 18 boeke gepubliseer en drie CD’s vervaardig en verskeie kreatiewe werke vir die ATKV Pluimpies ingeskryf.
Totëmeyer het ’n “pluspunt” van die beoordelaars ontvang vir haar bloemlesing “Kaalvoet in die reën en ander verse vir kinders”. Dit is gemik op volwassenes wat betrokke is by kinders as ouers, grootouers, opvoeders en kleuterskool- en laerskoolonderwysers. Die werk is geskik vir kinders tot twaalf jaar. Dit bestaan uit 147 rympies, verse en gedigte wat in agt afdelings verdeel is, volgens ouderdomsgroep en temas.

Ander pryswenners

Veertjies:
• Professor Andree-Jeanne Tötemeyer - Poësie
• Anne-Marie Walters - Skrywer

Benoemde toekennings:
• Pro-Ed Akademie privaatskool - 25 Jaar
• Keetmanshoop Privaatskool - 25 Jaar
• Hendrik en Leoni van Rensburg - ATKV 25 jaar
• Privaatskool Moria -25 jaar

Pluimpies:
• Louis Conradie - Poësie
• Jolene Nel - Poësie
• Hester Steenkamp - Skrywer
• Didi Kruger - Skrywer
• Corina Becker - Skrywer
• Jurie Viljoen - Skrywer
• Sarel du Toit - Musiek
• Koster Cronje - Lirieke

Benoemde toekennings:
• Jessica Thomas – aanbieder 15 jaar
• Anita Naude - ATKV 15 jaar
• Charlie en Ansa Ellis –ATKV 15 jaar

Donsies:
• Marlene Erasmus - Poësie
• Epenetus du Toit - Poësie
• Marsofine Krynauw - Poësie
• Anton C H du Preez - Poësie
• Rowan van Dyk - Lirieke
• Hannes du Plessis - Poësie

Benoemde toekennings:
• Chantelle van den Bergh - ATKV 5 jaar
• Heloise Steynberg - ATKV 5 jaar
• Tara van Eck - aanbieder 5 jaar