Vir die perfekte bril

10 March 2019 | Business

Yolanda Nel



Almal ken die storie van Rooikappie. “Ouma, hoekom is jou oë so groot? Om jou beter te kan sien my kind.” En as jy nie goed kan sien nie, kan jy maar gerus 'n draai maak by Eye Store, want hulle sal jou met graagte help.

Eye Store in Maerua Mall, wat in Desember hulle vierde bestaansjaar gevier het, spog nie net met vriendelike personeel wat regstaan om jou te help nie, hulle bied ook flinke diens. “Ons het hier 'n famlie geword en ons behandel ons kliënte ook so,” sê Marianne Boshoff, oogkunde by die winkel.

“Dienslewering is vir ons baie belangrik en ek wil hê my kliënte moet voel ek gee vir hulle die nodige tyd en aandag wanneer hulle 'n afspraak het,”sê sy.

Marianne gaan uit haar pad om 'n verhouding met klante te bou en staan ook graag tyd af om haar kliënte te help om die perfekte raam uit te soek. “Om 'n nuwe raam saam met 'n kliënt uit te soek is vir my lekker, veral omdat dit bietjie meer van daardie persoon se persoonlikheid verklap.”



Wye verskeidenheid

Juis daaroor bied Eye Store'n wye verskeidenheid van brilrame. Hulle probeer sover moontlik almal se smaak en beursie akkommodeer. “Die bekende handelsmerke is 'n treffer, maar ons het ook 'n wye verskeidenheid vir diegene wat eerder in hul begroting wil bly en dié rame steek glad nie af nie.”

Marianne meen brille met kristalrame is nou in die kol en kan sy nie met bestellings daarvoor voorbly nie. “Dis 'n subtiele manier om 'n stelling te maak, veral omdat jy nie dadelik besef iemand dra 'n bril nie.”

Boonop spog die winkel met sy eie laboratorium ook. “Ons het besef kliënte wag tot twee weke vir 'n gewone, standaard bril.” Te danke aan die laboratorium, kan Eye Stoor 'n 1-uurdiens aan kliënte bied – hoewel sekere voorwaardes geld.

As jy reg is vir 'n nuwe bril of kontaklense, gaan maak gerus by Eye Store 'n draai. Daar is hope om van te kies en keur.