Vir ’n aandjie af

03 June 2020 | Art and Entertainment

Windhoek • [email protected]
Ek kry nou die dag ’n boodskap dat ek vir ’n kompetisie moet inskryf, want ek is gelukkig as dit by
sulke dinge kom.
Daar is ’n pizza op die spel en ek het niks om te verloor nie.
Arebbusch Pizzeria gee jou die geleentheid om ’n koepon aanlyn te gebruik om te sien of jy ’n
gelukkige wenner is. Ná ’n paar dae (jy kan elke uur probeer) was ek uiteindelik gelukkig genoeg om
met een van hulle Classic Pizzas weg te stap.
Ek is op die oomblik besig om ’n eerste verjaarsdag partytjie te reël en pizza vir aandete gee my tyd
om die koek klaar te bak voor die groot dag. Ons bestel ’n hoender pizza en ’n kapana pizza deur die
webtuiste (daar is ook ’n toep wat jy gratis op jou foon ook kan aflaai). Omdat ek dit vir die eerste
gebruik, kry ek ’n ekstra 10% afslag op die koop toe.
Op die toep kan jy besluit hoe laat jou pizza gereed moet wees en hulle bied ook gratis aflewering vir
bestellings bo N$95. Ek het aanvanklik bietjie gesukkel om my bestelling geplaas te kry, maar ’n kort
telefoonoproep later, het die dame verduidelik dat bestellings eers vanaf 15:00 geplaas kan word.
Dit is ordentlike wood fired pizzas en omdat die basis so dun is, is dit effens gebrand. Maar die pizzas
is uit die boeke en hoewel ek ’n addisionele sous vir die hoender sou verkies, is ek baie beïndruk met
die kapana pizza. Dit kom saam met ’n houer kapana-speserye en dit wat oorgebly het, sal binnekort
in een van ons aandetes gebruik word.
Daar is ook ekstra houers met parmesaankaas, knoffel en chilli. So as jy meen dit is tyd vir ’n aandjie
weg van voor die kospotte, gaan maak gerus ’n draai. Of waag jou kans op die toep. Dalk is jy ook ’n
gelukkige wenner!