Wat is op jou bord Namibië?

28 May 2020 | Art and Entertainment

Windhoek · [email protected]
Indien jy ‘n eg Namibiese eetplek besit wat binnekort ‘n spsiale aanbieding aan die publiek gaan bekendstel, soek Namibia Adventures jou kos op ‘n bord.
Of jy nou kapana langs die straat verkoop of ‘n drie-gang maaltyd aanmekaar kan slaap, is hulle opsoek na jou bord kos om Namibiese eetplekke ‘n welverdiende hupstoot te gee na die inperking. En dit alles is gratis.
Al wat jy moet doen is om ‘n advertensie van jou spesiale aanbieding aan mekaar te slaan. Net een spesiale aanbieding per eetplek sal aanvaar word. Maar jy sal moet vinnig spring. Eienaars het net tot Vrydag, 29 Mei om die advertensie in te stuur.
Die advertensie moet van so ‘n aard wees, dat die aanbieding baie duidelik is en indien dit net vir ‘n sekere tydperk is, moet dit op die advertensie aangedui word. Die aanbieding moet as ‘n wegneemete bestel kan word. Die prys van die maaltyd moet ook duidelik wees. Die advertensies sal van volgende week op Namibia Adventures se sosiale media bladsye gedeel word.
Die geleentheid is net oop vir Namibiese ondernemings en geen franchises sal in hierdie tydperk kan deelneem nie. As jou aanbieding die span en die publiek beïndruk, is daar addisionele bewusmaking op die spel, waar jou kombuis ten toon gestel word en jy geleentheid vir ‘n onderhoud het.
Stuur jou aanbieding sommer vandag nog aan [email protected] saam met die eetplek se straat adres en besigheidsure.