Matrieks kry erkenning by akademiese prysuitdeling

Estelle van der Merwe
Ons akademiese prysuitdeling vir die matriekleerders het op 7 Oktober plaasgevind. Dit is 'n jaarlikse geleentheid waar die matriekklas van die jaar vir hul akademiese prestasies vereer word. Die tema vanjaar was, Tydlose skoolherinneringe, en die saal was pragtig versier volgens dié tema. Hulle het ook erkenning ontvang vir die sportkodes waaraan hulle deelgeneem het en is beloon vir hul tyd op die sportveld.