Aardse vreugde

Hoor jy iemand is ’n vegan, dink ‘n mens dis die eet van kos wat nie aldag beskikbaar is nie. Tog bewys ’n plaaslike paartjie dat dié leefstyl talle voordele het, soveel so dat hulle ’n besigheid kon begin.

19 May 2019 | People

“Mense moet eintlik nie eens weet hulle eet iets wat suiwelvry is nie.” Julienne Nel. Earthly Pleasures

Windhoek • Yolanda Nel



Ongeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En as dit nie iets is wat jy mag eet nie, dan maak jy dit sommer self.

J.P. Bruwer en Julienne Nel volg 'n streng vegan-leefstyl en sedert hulle permanent in Windhoek kom huis opsit het, was dit vir hulle aanvanklik baie moeilik om vegan-produkte in die hande te kry. “Die leefstyl beteken bloot ons eet geen diereprodukte nie,” verduidelik Julienne.

Benewens die feit dat hulle nie vleis eet nie, eet hulle ook geen produkte wat van diere afkomstig is nie, en dit sluit alles van suiwelprodukte tot eiers in.



Oplossing

Omdat dié dieet nie sonder sy uitdagings is nie, het die twee self in die kombuis begin eksperimenteer, “want sorbet is darem net nie roomys nie,” lag J.P. Só het Earthly Pleasures ontstaan.

Hulle eerste ekspiremente was met suiwelvrye kaas en roomys. “Dit het nie oornag 'n besigheid geword nie,” verduidelik hy en voeg by dat hulle aanvanklik net vir hul eie gebruik die produkte begin maak het. Die resepte is aanhoudend aangepas totdat hulle tevrede was met die eindresultaat. Daarna het hulle dit vir vriende en familie begin uitdeel.

Dit wat die mense geproe het, moes 'n indruk gemaak het, want kort voor lank was hulle produkte in uitgesoekte winkels beskikbaar. Deesdae verskaf hulle selfs kase aan 'n restaurant wat dit vir vegan-pizzas gebruik.

Maar alles is nie maklik nie. Een van die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het, was om 'n vleis-etende, melkdrinkende persoon te oortuig om eerder die vegan-produk te koop. “Mense rol hulle oë as hulle 'vegan' hoor. Dit is nie 'n leefstyl wat almal verstaan nie,” sê Julienne. Daarom was dit vir hulle belangrik om 'n produk op die mark te sit wat nie afsteek by dit wat reeds beskikbaar is nie. “Ons produkte moet net so goed wees soos wat beskikbaar is. Mense moet eintlik nie eens weet hulle eet iets wat suiwelvry is nie.”

Van die bestanddele wat hulle nodig het om hulle produkte te maak, is nie in Namibië beskikbaar nie. Soms kan dit uit Suid-Afrika bestel word en ander kere moet dit van oorsee kom. “Ons het nie probleme om hierdie produkte in te bring nie, alles is net nie aldag so maklik bekombaar nie en vat tyd.”



Groeiende leefstyl

Hulle besef dat mense hulle bedenkinge sal hê oor hierdie soort produkte bloot omdat dit wat 'n paar jaar gelede beskikbaar was nie watwonders was nie. “Maar deesdae spog Windhoek met 'n verskeidenheid van amandelmelk en ander suiwelvrye produkte, en is dit aansienlik makliker om die leefstyl vol te hou,” sê J.P.

Die paartjie sê dit is 'n leefstyl wat groei. “Individue sowel as besighede begin die belangrikheid van 'n gesonder leefstyl raaksien. Al hoe meer mense soek sekere produkte, en winkels begin besef dat hulle voorraad moet aanhou om hul klante tevrede te stel. Dit getuig van goeie dienslewering,” sê hy.

Talle restaurante bied ook reeds etes geskik vir hulle dieetvoorkeure.

Die lewensverandering het ook 'n ongelooflike impak op J.P. se gesondheid gehad wat as kind reeds met hoë cholesterol gesukkel het. “Ek was konstant op medikasie,” erken hy. 'n Paar maande nadat hy diereprodukte uitgesny en gesonder begin eet het, het sy cholesterol verlaag. Hy het ook amper 20 kg verloor.

Die paartjie glo dit is nie so moeilik om na 'n vegan-dieet oor te skakel nie, want die meeste van ons diëte is reeds plantgebaseer. “Vrugte, groente en pasta is reeds deel van almal se eetstyl,” sê hy.



Verskeidenheid opsies

Op die oomblik is die twee besig met bewusmaking, veral oor hulle roomys, om vir mense te wys daar is opsies. En as jou probleem eer-der suiker is, het hulle goeie nuus. Hulle het hierdie week hul eerste suikervrye roomys met 'n sjokolade-peppermentgeur bekend gestel.

“Ons het omtrent in die kombuis geëksperimenteer om te verseker ons bied 'n goeie produk,” sê J.P. Die geure van die gewone vegan-roomys wat hulle tans beskikbaar het, is vanielje, sjokolade, grondboontjiebotter, klapper en cafe latte.

Earthly Pleasures het ook talle pop-up shops waar hulle hul eie draairoomys verkoop. “Dit is 'n geleentheid om ons roomys te proe sonder om 'n hele houer te koop,” verduidelik hy. Die draairoomys word van rysmeel gemaak, met rys wat hulle self maal.

Hulle is juis nou besig om hierdie mengsels te verpak en in Suid-Afrika te verkoop. “Al wat hulle dan aan daai kant doen, is om dit met water aan te maak en in hulle masjiene te gooi. So maklik soos dit.”

Of jy dit oorweeg om 'n lewenstylverandering te maak of net om iets nuuts te proe, hou Earthly Pleasures se Facebook-blad dop en maak seker jy kry so gou as moontlik jou hande op 'n bakkie roomys. Jy sal nie spyt wees nie, net aangenaam verras.

Similar News

 

Edgy young designer dreams big

1 week ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Changing faces at CAN

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

There’s been some moving and shaking at the Cancer Association of Namibia, with two new staff members that recently joined the organisation.Sister Aina Nghitongo is...

Namibia's own Stevie Wonder

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

Tanja Bause “My biggest dream in life is to be a radio presenter. I want to tell people stories and entertain them,” says Harry Rheeder...

Chasing dreams

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Soulful vocalist Vernice Plaatje (26) recently returned to Walvis Bay after a three-year internship at Hillsong South Africa. She...

Yes, yes, Yessonia!

3 weeks ago - 25 August 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-born Sonia Shalukeni (31) aka Yessonia, is really making waves in the local music industry following the release of her latest singles.Yessonia...

Vlinders vlieg hoog

4 weeks ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Beauty queens aim to uplift others

1 month - 11 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

Alles wat mooi is

1 month - 04 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om 'n ekstra geldjie te verdien. Só het dit gebeur...

Oom Basil plant dat die biesies bewe

1 month - 28 July 2019 | People

Gerine Hoff Oom Basil Paris is ’n pensioenaris van Rehoboth wat glo hy is die eerste Namibiër wat ’n pynappel geplant het wat nou ’n...

The heart of a champion

1 month - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts.Müller, who is currently a grade...

Latest News

Diamondz in the rough

2 days ago - 13 September 2019 | Sports

Rehoboth • Tielman van LillThe Hardap Boxing Federation in collaboration with the Legends Boxing Academy, host the Ruff Diamondz Development Tournament at Rehoboth’s Hermanus van...

Lewcor buys Elizabeth Bay Mine

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Namdeb today announced that it sold its Elizabeth Bay Mine and associated marine assets as a going concern to a member of the Lewcor Group,...

New owner for Bytes Technology

3 days ago - 12 September 2019 | Business

Altron Rest of Africa (Altron ROA), a division of JSE-listed technology company Altron, announced the sale of a minority stake in its subsidiary, Bytes Technology...

Hey millennials, listen up!

3 days ago - 12 September 2019 | Economics

About 30 years ago, purchasing property was a no-brainer. However, millennials have been taught to question everything, including whether real estate is the best investment...

This boy is on fire

3 days ago - 12 September 2019 | Sports

Yolanda Nel With two older brothers that are well-known in the spinning community, it is no wonder their younger brother is following in their footsteps....

Going for gold

3 days ago - 12 September 2019 | Banking

Last night, Bank Windhoek launched their Selekt Gold offering with the aim of providing the market with a relevant, holistic financial solution.The Selekt Gold offering...

Barok uit die boonste rakke

3 days ago - 12 September 2019 | Art and Entertainment

’n Orrelkonsert met die musiek van Bach, Handel en Corelli is Vrydag, 27 September in die Christuskirche te hoor, wanneer die Suid-Afrikaanse konsertorrelis en vakkundige...

The world is your (shopping)...

4 days ago - 11 September 2019 | Business

After introducing the DHL Africa eShop app in April this year, it is now also available in Namibia.Since its launch, the app has seen its...

Think pink!

4 days ago - 11 September 2019 | Health

Breast and cervical cancers remain a serious concern in Namibia, with 2 474 cases of breast cancer that have been reported to the National Cancer...

Load More