Al hoe sportiewer

Die Koreanse motorvervaardiger Hyundai het onlangs die nuwe Sport-weergawe van sy gewilde Tucson-middelslagsportnuts bekend gestel.

11 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz



Hyundai het verlede week sy tweede generasie van Tucson se Sport-model bekend gestel, 'n produk eie aan Hyundai Suid-Afrika.

Die vorige model is in 2017 bekend gestel en het die vervaardiger se H-kenteken gedra, maar dit het blykbaar nie die ringkoppe in Korea se goedkeuring gehad nie.

Terwyl aanvanklik beplan is om 500 modelle te bou, is daar uiteindelik 516 van hierdie spesiale modelle verkoop.

Die Tucson is 'n gewilde model van Hyundai wêreldwyd en is ook goed ontvang in SA waar dit onder meer met die Toyota RAV4, VW Tiguan, Mazda CX-5 en Ford se Kuga meeding.

Die vorige Sport was beskikbaar met 'n 6-spoedhandratkas asook 'n dubbelkoppelaar-outomaties, met die handrat wat gewilder was, sou verkope die maatstaf wees.



Twee modelle

Vir die 2019 Sport bied Hyundai SA twee modelle, naamlik 'n 1.6 turbopetrol en 'n 2.0 liter-turbodiesel, beide slegs met outomatiese ratkaste wat krag deur die voorwiele dryf. Die 1.6-turbopetrol maak gebruik van 'n 7-spoeddubbelkoppelaar-weergawe wat ook met ratspane agter die stuur kan wissel, terwyl die diesel toegerus is met Hyundai se eie uitstekende 8-spoedoutokas.

Beide enjins in die Sport-weergawe is mee getoor deur spesiale elektroniese sagteware van Chipbox te installeer, asook met die gebruik van 'n versterker om die petrolpedaalreaksie vinniger te maak. Die gevolg is dat die 1.6-turbopetrol in die 2019-weergawe 150 kW en 300 Nm lewer teenoor die vorige model se 130 kW en 265 Nm piekkragte, terwyl 2019 se 2.0 liter-diesel 150 kW en 460 Nm uitskop vergeleke met die uitgaande model se 131 kW en 400 Nm.

Die resultaat op die pad is nogal dramaties, veral met die petrolweergawe wat die voorwiele maklik laat tol by wegtrek, danksy 'n uiters sensitiewe petrolpedaal. Plant jy egter die regtervoet, kan die stuurwring nogal pla waar dit veral deur die draaie tot effe stuurtraagheid kan lei.



Voorkoms

Die nuwe Sport vertoon inderdaad aggressief sportief met prominente lugskorte voor, agter en langs die sye. Die voorste lugskort kry ook 'n addissionele lugsnoer wat prominent soos 'n onderlip na voor uitstaan.

Agter pryk twee dubbel uitlaatpype wat netjies in die agterste lugskort ingepas word.

Verder word die nuwe Sport toegerus met unieke groot, swart 19”-allooiwiele wat saam met die swart afwerking van die dak pragtig konstrasteer met die Sport se verskillende bakkleure. Die geheelbeeld bied 'n treffende en sportiewe voorkoms wat myns insiens tans die prys moet kry vir mooiste in die klas.

Binne is die kajuit soortgelyk aan die topmodel Elite in die Tucson-reeks en is goed afgewerk, luuks beklee en omvattend toegerus. Standaard toerusting sluit onder meer in elektroniese voorste sitplekke, panoramiese glasdak wat kan oopwip en skuif, spoedbeheer, 'n 7”-raakskerm waarop ritinligting en trukamerabeelde verskyn, en al die kommunikasie- en klankinligting beheer kan word. Verder kom die nuweling ook met LED-dagryliggies.



Op die pad

Die Tucson Sport se laeprofielbande is nie juis ideaal vir grondpaaie nie, maar ons rit op 'n modderige stuk grondpad was geensins ongemaklik of onstabiel nie, met die onderstel en veerstelsel wat die Sport padvas en stabiel laat hanteer het.

Op die uitdagende bekendstellingsroete gedurende 'n reënerige Kaapse wintersdag het die nuwe Sport lekker hanteer en besonder goeie paddinamika getoon.

Dit was egter tydens die platvoet-oopketel-sessies rondom die Killarney Internasionale Renbaan buite Kaapstad, waar die 2019 Tucsan Sportmodelle beïndruk het met goeie balans, uitstekende remme en lewendige verrigting.

Veral die 1.6-turbopetrolmodel wat maklik en vinnig deur die toerestrek hardloop, was 'n opwindende ervaring.

Teen net onder N$670 000 is die R2.0 Tucson Sport Turbodiesel my keuse as 'n sportiewe gesinswa, terwyl ek die 1.6 TGDI-petrol Tucson Sport teen om en by N$660 00 graag sal wil hê wanneer ek lus voel om deur die draaie te gaan speel.

Teen N$60 000 meer as die gewone Elite-modelle bied die nuwe Sport-modelle egter opwindende verrigting met 'n koppedraai-stylpakket. Sport-modelle bied steeds die standaard 7 jaar/200 000 km-waarborg, 7 jaar/150 000 km-padbystanddiens en 5 jaar/90 000 km-diensplan soos met die gewone modelle. Die eerste diens is op 5 000 km met 15 000 km-intervalle daarna.

Similar News

 

Driver training: Why it's better to outsource

2 days ago - 18 August 2019 | Motors

Many companies choose to outsource certain functions because of the cost-savings associated with this. There is, however, strategic benefits as well. This includes access to...

Looks faster, goes faster

2 days ago - 18 August 2019 | Motors

The sleeker, faster and more technologically advanced new Ford Mustang delivers more athletic styling, sophisticated engine and suspension enhancements, as well as advanced driver assistance...

Motorrevolusie-meestersklas

2 weeks ago - 04 August 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Die ikoniese 911 is in 1964 vir die eerste keer aan die wêreld bekend gestel. Vyf-en-vyftig jaar en agt ­generasies later...

Pragtig en gesofistikeerd

3 weeks ago - 28 July 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Met 'n geskiedenis wat so ver terugstrek as 1963, met die Mazda Familia-motor wat later tot die gewilde klein 323-modelreeks gelei...

New heights for Duster TechRoad

4 weeks ago - 21 July 2019 | Motors

With more than two million cars sold globally, the Renault Duster has been completely revamped six years after its original release.The all-new Renault Duster models...

Six tips to make your weekend SUV getaway extraordinary

1 month - 14 July 2019 | Motors

There's no feeling quite like hitting the road and getting out of town for the weekend. Whether you are heading to the beach with the...

Driving with a baby on board

1 month - 14 July 2019 | Motors

Your journey to parenthood is an exciting time that requires much preparation, and also includes staying safe on the road. During pregnancy, mothers-to-be need to...

'n Brian Habana vir die veldpad

1 month - 07 July 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz BMW het dit reggekry om met elke nuwe model voort te bou op die uitgaande generasie deur net dit wat suksesvol...

Op die rug van 'n kwaai bul

1 month - 30 June 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzEk het onlangs die voorreg gehad om 'n dag lank met die vinnigste Lamborghini tot datum oor die mees uitdagende bergpasse van...

Geurige ­kerriebredie in die koue winter

1 month - 23 June 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzMin dinge in die lewe verras en vervul 'n mens soos lekker kos.Mooi kos wat soos kuns op 'n bord uitgestal word...

Latest News

City of angels

2 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

2 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

2 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

2 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

2 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

2 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

2 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

2 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Computers for Omaheke library

2 days ago - 18 August 2019 | Education

The Omaheke regional library in Gobabis last week received a donation of laptops from Bank Windhoek. At the handing over, the director of education in...

Load More