Alles met 'n knippie sout

10 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit waarmee ek besig is, die verkeerde manier is.

Ek en die knaap het so ruk terug uitgevind ons gaan ouers word. En hoewel ons geweldig opgewonde is oor die nuus, sal ek erken ek het al 'n paar keer gehoop dat dit 'n hondjie is.

Ons het asem opgehou vir diegene wat van beter weet. Die beste raad, natuurlik, is van mans.

“Het jy sooibrand?” vra iemand. “Iets ongelooflik,” antwoord ek. “Dan is dit 'n seuntjie,” of, “die kind gaan 'n bos hare hê”, en “dan gaan jou kind rooi hare hê”. Dit was nog altyd my grootste wens, rooikop kinders. Maar daar het my neef my voorgespring met twee rooikop latte, dat ek skoon jaloers was. En sy vrou? Die het nie een enkele dag sooibrand gehad nie.

“Kyk waar lê die baba op die sonarfoto's,” sê iemand. Links is vir seuntjies en regs vir dogtertjies. “Die bene op die foto is toe, dan is dit 'n dogtertjie, hulle is mos maar skaam,” vertel 'n kollega.

“Jy is seker nie baie naar nie?” Ek wens ek kon saamstem. Maar meeste van my pregnancy glow is eintlik net sweet wat teen my voorkop vorm, want as ek 'n badkamer gewaar kan ek maar begin hardloop. Net nou die dag toe is die huis te ver van die kantoor en ek moes noodgedwonge van die pad aftrek en die naaste plek was 'n tannie se tuin.

“Jy mag nie jou bene kruis nie en jy mag nie jou hande te hoog bo jou kop hou nie.” Hierdie is my gunsteling. Daarom het ek drie keer 'n week verskeie familielede en vriendinne wat my wasgoed vir my kom doen, want die draad is te hoog en die mandjie te swaar.

“Oe nee,” sê iemand, “swanger vroue mag nie suurlemoen eet nie, ook nie koue vleis nie, geen spek nie, sekere vrugte moet vermy word en koffie moet jy ten alle koste uitskakel.” Dus het ek ook nou 'n persoonlike sjef wat etes vir ons voorberei. Al wat ek moet doen is om dit in die mikrogolf te sit (wat ek gehoor het is ook nie goed vir my nie).

Ek het natuurlik die goue reël eerste verbreek en my hare gekleur. Oranje, pienk, blou, groen en so ietwat van 'n pers skynsel. “Wat van as jou kind met sulke hare gebore word?” vra iemand, effe vererg. “Wel dan gaan ek binnekort in die nuus wees en dit nie net skryf nie,” antwoord ek.

“Weet jy wat jy kry?” wil iemand nou die dag weet. “Ja, natuurlik,” antwoord ek en die vrou kyk met soveel opwagting na my ek dink haar kop gaan bars. “'n Baba,” was (weer eens) nie die regte antwoord nie.

En terwyl die soveelste persoon vir die hoeveelste keer dieselfde “raad” gee, stem almal oor een ding saam, “jy mag maar so elke dan en wan 'n klein glasie wyn geniet”.

En dis dan wat jy besef, jy vat alles maar met 'n knippie sout. Jy ken mos jou eie lyf.

Similar News

 

Liewe Elizma

1 week ago - 14 April 2019 | Columns

Yolanda NelDis hartseer wat met jou familie gebeur het. En dis aaklig om te moet erken ek weet hoe jy voel, want ek was ook...

Lessons to learn for AFCON

2 weeks ago - 07 April 2019 | Columns

Adolf KaureThere is still a lot that the national senior soccer team needs to learn if they want to be a force to be reckoned...

Liewe Yolanda

3 weeks ago - 31 March 2019 | Columns

Yolanda NelEk skryf vir jou hierdie brief voor jou lewe vir altyd verander, voor ’n klein mensie jou hele menswens gaan beïnvloed.In ’n mate het...

Under pressure

4 weeks ago - 24 March 2019 | Columns

Karl PhilanderHumans have proven over the years that we are capable of anything and everything we put our minds to.Humans are told that the sky...

Dear Dawid

1 month - 17 March 2019 | Columns

Julienne van RooyenThank you for taking a chance on me. Thanks for believing in me when I felt that no-one else did. Thanks for only...

Woman, you are phenomenal

1 month - 10 March 2019 | Columns

Leandrea Louw I recently came across a situation where a woman had to lay a charge of theft against the daddy of her baby....

Join the #nospendchallenge

1 month - 03 March 2019 | Columns

Gerine Hoff A couple of weeks ago I read an article about a British woman who saved more than £20 000 (almost N$400 000!) in...

Ixa vs S-Man: It's a rap!

1 month - 24 February 2019 | Columns

Otis Finck I am following a social media spat involving two rappers, Ixa and S-Man, with great disdain and wonder what's actually to gain? ...

Body goals

2 months ago - 17 February 2019 | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Kom ons gesels oor aborsie

2 months ago - 10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd...

Latest News

Klein dade, groot harte

1 week ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

Staalperde in die wilde weste

1 week ago - 15 April 2019 | Events

Windhoek • Yolanda Nel Van 3 tot 5 Mei behoort die baan aan motorfietsentoesiaste, met die twee-jaarlikse Olifant-wedren op Gobabis wat 'n groot makietie beloof.“Die...

Only unoccupied structures to go

1 week ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Asbestos removal project under way

1 week ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

The gentleman netball coach

1 week ago - 15 April 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the sport, was born in...

Social entrepreneurs making their mark

1 week ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Say it!

1 week ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Events calendar

1 week ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Go forth and save!

1 week ago - 15 April 2019 | Banking

Many graduates can benefit by adopting good money management principles early in their careers to ensure a stable and stress free financial future. “Whether you...

Load More