Anderkant die blikweg

19 November 2018 | Events

Yolanda Nel - Dis Rock 'n Roll. Dis Afrikaans. Eg Namibies. Dis ballades. Sielsmusiek. Dis Blikweg.

En dié groep het Vrydag hul eerste album op talle aanlynplatforms, insluitend iTunes, Google Play, Deezer en Spotify, vrygestel.

“Ons is al besig met die tweede album wat hopelik in die volgende jaar vrygestel sal word,” sê Jurgens Strydom, wat sorg vir die stem en ook kitaar speel.

Sy musiekbelangstelling het later in sy lewe ontwikkel, hoewel hy uit 'n baie musikale familie kom. Hy is deur die fliek Walk the line en Johnny Cash geïnspireer. “Hy het so 'n eerlike manier van skryf gehad en ek het toe sommer dadelik vir my 'n kitaar gaan koop en myself leer speel.”

Wayne Wentzel (tromme) se pa Wimpie was ook 'n groot naam in die plaaslike musiekbedryf. “Wayne het letterlik langs die speakers grootgeword,” lag Jurgens. Edward Taylor, op bas, het saam met hom groot geword en musiek was in hulle are. “Hulle het van kleintyd af saam musiek gemaak.”

Blikweg het onlangs hulle tweede bestaansjaar gevier en dis toe wat Jurgens aan die album begin skryf. “Ek was van die begin af vasbeslote dat Wayne op tromme moet wees,” sê hy.

Edward het gevolg ná die groep waarin hy aanvanklik gespeel het, uitmekaar is. Macon Campbell was vir 'n ruk ook op kitaar, maar hy moes weens persoonlike redes uittree.

Hoekom speel hulle goeie ou Rock 'n Roll?

“Want daar is niks wat jy nie mag doen nie!” sê Jurgens wat Tsumeb toe is om die album te skryf wat eg is aan homself en aan sy moedertaal.

Aangesien hy Afrikaans is en baie beïnvloed is deur rock-musiek voor dié wegbreek, het hierdie album 'n Afrikaanse rock-album geword.

Hulle inspirasie word geput uit hul lewenservaring. “Niks is uit die duim gesuig nie en ons het nie vooraf gedink ek wonder of mense hiervan gaan hou nie.

Alles kom uit ware gevoelens, persoonlike ervarings, soms grapperig, of oor 'n persoon wat ons ken.“

Dalk sing hulle binnekort oor 'n joernalis wat oor hul pad gekom het. Wie weet...

Similar News

 

Groot vreugde by Huis Maerua

1 month - 10 December 2018 | Events

Lloyd Zandberg - Huis Maerua het einde November 'n glans-geldinsamelingsgeleentheid by die Lemon Tree-restaurant gehou.“Daar was nie een dull moment nie!” het Liana Etsebeth, 'n...

Zoo outing for kids

1 month - 03 December 2018 | Events

Employees and management of the Capricorn Group recently took 22 vulnerable children from the Family of Hope Services, a small school in Havana, Katutura for...

Let the gifting begin

1 month - 03 December 2018 | Events

It's the time of year to buy a ­special gift for that special ­someone in your life, and if you want to get something really...

What AR and VR can do for you

1 month - 03 December 2018 | Events

Next Wednesday (5 December), Prof Jürgen Sieck hosts a public talk on Augmented and Virtual Reality Applications for Culture and Tourism in Germany and Namibia...

The change starts with you

1 month - 03 December 2018 | Events

Gerine Hoff - Earlier this week, a public dialogue was held to create awareness against human trafficking. This is part of the annual 16 Days...

First for Africa

1 month - 26 November 2018 | Events

The largest scientific meeting worldwide that deals with all aspects of the study of true flies and that is being held in Africa for the...

Beauty in diversity

1 month - 26 November 2018 | Events

The ever-popular Namibia Arts Fair takes place in the capital next Saturday (1 December) and once again, visitors can expect to experience the power of...

Sunday fun day

2 months ago - 19 November 2018 | Events

If you love ice cream and you also want to give back to the community, then the We Are One charity drive is just for...

Expo geared towards sustainable tourism

2 months ago - 19 November 2018 | Events

Namibia needs to emphasise an approach to improve practices and standards at waste disposal sites as well as improve overall waste management so that we...

Top tunes on Tuesday

2 months ago - 19 November 2018 | Events

Music enthusiasts are invited to the DHPS school concert on Tuesday (20 November) at 18:00, where they can expect a colorful programme of classical and...

Latest News

Let Chalk do the talking...

12 hours ago | Sports

Yolanda Nel - All the way from Finland, this professional gymnast opened a club in Windhoek that focuses on the sport and performance training.Fanni Duncan,...

Hengelkampioene deel hul kennis

12 hours ago | Sports

Gerine Hoff - Saterdagoggend het lede van die Benguella-hengelklub en lede van die publiek aangesluit vir 'n aasaanbiedingskliniek wat deur pa-en-seun Etienne en André-Louis Stipp...

Mammadu celebrates successes

1 month - 17 December 2018 | Society

After two months and three weeks of noise and dust, a new eating area, activity room, classroom and shaded parking is complete at the Mammadu...

Christmas lunch for Windhoek’s elderly

1 month - 17 December 2018 | Government

Windhoek’s mayor last week hosted a Christmas lunch for the city’s elderly residents at the Katutura multipurpose centre field.Speaking at the event, mayor Muesee Kazapua...

Be safer this festive season...

1 month - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Reho bejaardes met Kersete bederf

1 month - 17 December 2018 | Society

Boet MatthewsDit was Woensdag ’n miernes van mense toe die Heilige Hart van Jesus-kerk sy jaarlikse Kersete by die St. Joseph-skoolsaal op Rehoboth gehou het,...

Mile 8 comes alive

1 month - 17 December 2018 | Art and Entertainment

Yolanda Nel - With 30 years’ experience in the kitchen, this well-known MasterChef judge and chef in own right, decided to pen a cookbook in...

’n Slang in die...

1 month - 17 December 2018 | Local News

Yolanda Nel - Ná ’n hondjie sy mense-familie van ’n moontlike sebraslang-aanval gered het, het die buurtwag vir hom ’n baie spesiale toekenning gegee.Simba, die...

Road accidents on slow decline

1 month - 17 December 2018 | Accidents

Yolanda Nel - Safety, security and law enforcement remain important, especially in this time of the year.Inspector-general of the Namibian police force, Sebastian Ndeitunga, said...

Load More