As die meerminne verdwyn

17 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - “Hardloop die see in met jou jeans aan, kyk uit vir 'n meermin en deel in gesprekke oor al die mooi plekke langs die kus.”

Só sing Karen Zoid vir haar kind.

Ek wens meer van ons wil meerminne langs die kus gaan soek. Maar die meerminne vertel nie meer stories oor die mooi plekke nie, want die strande is maar vuil. Hulle reis ook al hoe verder weg, want hulle word verstrengel in nette en hope ander gemors wat nie opgeruim word nie. Dié wat wel help skoonmaak, is te min om 'n daadwerklike verskil te maak, al werk hulle hard. En as die gemors nader dryf, dan pak die meerminne op, help 'n seemeeu en 'n skilpad wat in iets plastiek vassit en gaan verder, in die hoop vir 'n stukkie skoon oseean.

As ons die hoeveelheid plastiek wat op die aarde is, gelykop tussen ons almal deel, sal elkeen met 1,07 ton plastiek sit. Ek weet nie presies waar ons huishouding dié plastiek gaan stoor nie, maar baie van julle het julle s'n in die oseean gaan gooi. 150 miljoen van julle.

En elke jaar word daar nog 8 miljoen ton in die see bygegooi. Een vullislorrie vol gemors 'n minuut. Elke minuut.

Steeds word daar elke jaar nóg 300 miljoen ton se plastiek geproduseer. Dit beteken nóg meer plastiek in die see. So, volgens wiskunde wat ek nie self gedoen het nie, sal daar 250 miljoen ton plastiek in die oseaan wees nog voor Visie 2030 sy gat gaan sien.

Volgens Ocean Conservancy voorspel wetenskaplikes dat daar teen 2050 meer plastiek as visse in die see sal wees. Dis verskriklik!

Sowat die helfte van die plastiekprodukte wat elke jaar gemaak word, word net een keer gebruik. Wat gebeur daarna daarmee? Polistireen neem 50 jaar om te ontbind, strooitjies 200 jaar en weggooidoeke tot 450 jaar. Dit beteken dat meeste van die plastiek wat al ooit geproduseer is, nog steeds op die aarde is.

Erger nog, wanneer plastiekprodukte afbreek, breek dit in klein mikro-partikels wat op water dryf. Volgens CNN, wat 'n video oor Midway in Amerika gedoen het, kan hierdie partikels nie verder afgebreek word nie. Van dit is só klein, dit kan die weefselmembrane van visse binnedring. “Dit is nie net skadelik vir die vis se voortplanting, immuniteit of oorlewingsvaardigheid nie, ons eet ook hierdie visse onbewus van wat daarmee saam kom,” volgens die video.

Dit beteken dat plastiek, ongeag hoe klein, deel is van ons voedselketting. Waterbronne word nie hier uitgesluit nie. Volgens 'n studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) wat in Maart vanjaar gepubliseer is, is daar gevind dat mikroplastiek in 90% van gebottelde water gevind is.

In 'n artikel deur The Guardian, wat oor die studie berig het, is die aantal mikroplastiek, twee keer so hoog as wat in kraanwater gevind word. In 259 bottels, uit 19 liggings in nege lande en oor 11 verskeie handelsname, is 'n gemiddeld van 325 partikels vir elke liter water gevind. Die mees algemene soort plastiek wat gevind is, is polipropileen wat grotendeels gebruik word om botteldoppies mee te maak.

In nog 'n berig wat The Guardian verlede September gepubliseer het, het 83% van die kraanwater-monsters ook plastiekvesel bevat.

En wat maak ons? Ons vat nog 'n sak by die kettingwinkel, want ons het ons herwinbare sakke by die huis vergeet.

Maar op 'n dag sien ek die verandering. Hier in ons midde. Papierstrooitjies in die restaurant en die peppermint na ete kom ook nie meer in 'n plastiekomhulsel nie.

Ek is verlig.

Dalk kom die meerminne binnekort terug.

Similar News

 

Life's simplest secret

6 days ago - 14 July 2019 | Columns

Irene-Mari van der Walt Advice on how to live a fulfilled life abound and are often pondered by both the self-righteous and the truly...

Learning the lingo

1 week ago - 07 July 2019 | Columns

Gerine HoffWorking in the written word industry, I was thrilled to see that Merriam-Webster has added more than 600 new words to their dictionary this...

Fight for financial freedom

2 weeks ago - 30 June 2019 | Columns

Adolf KaureThe Namibian economy is currently in a recession and it is a reflection of what is going on all over the world.Many graduates are...

Take care of yourself

3 weeks ago - 23 June 2019 | Columns

Leandrea LouwIt’s the middle of the year, and by now a lot of us feel overwhelmed, overworked, depressed and stressed.I found myself in that exact...

Coping with a mental disorder

1 month - 16 June 2019 | Columns

Julienne van Rooyen I always try to write from the heart, even though my writing has gotten me into trouble at times. What I believe...

Let’s believe in this Brave Warriors team

1 month - 09 June 2019 | Columns

Adolf Kaure The Namibia senior soccer team has qualified for the 2019 CAF (Confederation of African Football) AFCON (African Cup of Nations) for a third...

In die wolke

1 month - 02 June 2019 | Columns

Otis FinckDie uitdrukking “hy's ge-olie” is nie meer wat dit was nie.Die twee daggakweekhuise wat gevind is in tuistes by die kus het my laat...

Jy is myne

1 month - 26 May 2019 | Columns

Yolanda NelJesaja 49:16: Ek het jou naam in my handpalms gegraveer . . .“Hoe bond jy met jou baba as jy nie die geslag weet...

Say no to “beer pressure”

2 months ago - 19 May 2019 | Columns

Gerine HoffA couple of weeks ago I wrote about how more and more people are getting on the no-spend bandwagon. Or rather, only spending money...

Education is key

2 months ago - 12 May 2019 | Columns

Adolf KaureLearning is a lifelong exercise. With the top two tertiary institutions in the country – the University of Namibia (UNAM) and the Namibia University...

Latest News

Saving your ESME

2 days ago - 18 July 2019 | Banking

Windhoek • Mbo Luvindao Research shows that there are many reasons why Emerging Small and Medium Enterprises (ESME) fail. Though this may be due to...

Two birds with one stone

6 days ago - 14 July 2019 | Events

On Wednesday (17 July) Colin Lindeque hosts a public talk on bush-to-feed for drought relief at the Namibia Scientific Society.Namibia currently faces two severe environmental...

Só maak Chamel 'n verskil

6 days ago - 14 July 2019 | Society

Gerine Hoff Daar is soveel mammas wat 'n behoefte het aan items vir hulle nuwe baba en dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Om die...

Goeie opkoms vir Chryzander

6 days ago - 14 July 2019 | Local News

Gerine HoffDie gemeenskap van Rehoboth het verlede naweek kragte saamgesnoer om geld in te samel vir Chryzander Britz se ouers om hulle weer op hul...

Dams at critical levels

6 days ago - 14 July 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Dams in Namibia only have 26.7% or 186 820 Mm³ (million cubic meters) of water available, compared to the same time...

'n Huis vol aapstreke

6 days ago - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Support for Omaheke conservancies

6 days ago - 14 July 2019 | Environment

The Namibia Nature Foundation (NNF) recently received a donation of N$234 000 to in support of three conservancies in the Omaheke region from First National...

Windhoek: A city for cyclists?

6 days ago - 14 July 2019 | Health

Windhoek • Lisa Plank There are no special routes for cyclists in Windhoek; cars drive carelessly, the area is mountainous and it is usually very...

Support for albinism

6 days ago - 14 July 2019 | Society

While commemorating International Albinism Awareness Day, FNB Namibia donated 250 sun protection hats valued at N$21 750 to Albino Care Support in Namibia of Albinism...

Load More