‘Boer of gee die grond terug’

Met ’n veiling wat vroeg volgende maand beplan word, het die hoofveearts van die Mangetti sy misnoë uitgespreek oor die boere daar se bedrywighede.

24 March 2019 | Agriculture

Mangetti • Ileni Nandjato



Die hoofveearts van die Noordweste, dr. Kennedy Shoombe, meen Mangetti-landboukundiges moet ophou om hulself boere te noem, en eerder dierewagters vir troues en begrafnisse.

“As jy nie kan boer nie, gee die grond vir dié wat wel wil boer. Julle het genoeg grond en boorgate. Hoekom kan julle nie ook tuine vestig nie? Julle kan nie net op beeste wil fokus nie,“ het Shoombe gesê.

“Party van julle moet dit oorweeg om veevoer vir ander te produseer, en party moet ander se plase ontbos en houtskool vervaardig. Dít is kenmerke van ware boere. Julle moet ook tyd aan jul diere bestee,” het hy gesê.

Volgens Shoombe is daar 200 000 beeste in die gebied wat nie vir ekonomiese gebruik benut word nie.

Hy het gesê die boere van Mangetti is gedeeltelik verantwoordelik vir die land se ekonomiese toestand omdat hulle honderde beeste op hul plase hou en nie tot die land se bruto binnelandse produk bydra nie.

Veiling

Shoombe het dié stellings verlede Saterdag gemaak toe hy beeshanteringsfasiliteite by die Okapya-lewendehaweontwikkelingsentrum namens die ministerie van landbou, water en bosbou aan die Mangetti-boerevereniging (MFA) oorhandig het.

Sowat 100 boere was daar om die fasiliteite in ontvangs te neem.

Die sentrum se opsigter, Tuhafeni Sheuyange, het die boere ingelig die regering het voorlopige goedkeuring gegee vir die gebruik van die geriewe. “Die goedkeuring is net vir die MFA om die fasiliteite op 6 April vir ’n veiling te gebruik. Daarna sal die ministerie oor die toekoms daarvan besluit,” het hy gesê.

“Julle moet dus aan die regering bewys dat julle ernstig is en hierdie fasiliteite in stand kan hou. Julle het op jul aansoeke aangedui die doel van die veiling is om druk op jul weiding tydens die droogte te verminder.”

Shoombe het gesê met die aantal bees in die Mangetti-area is boere nie veronderstel om lang trane te huil nie, maar eerder die regering in die huidige ekonomiese toestand te help.

“Ek sien miljoenêrs wanneer ek voor my kyk. Maar in werklikheid is julle almal arm. Julle het baie bees, maar julle beskou dit nie as ’n bate nie. Nie een van julle verdien ’n inkomste uit jul plaas nie, maar spandeer wel elke sent daaraan,” het Shoombe gesê.

“Ons moet dit verander sodat die geld wat op jul Mangetti-plase is, ook in jul sakke kom. Julle moet ophou boer net vir troues en begrafnisse.”

Hy het voorts gesê benewens geen boerderybedrywe op hierdie plase nie, word dit boonop deur bosse ingedring.

Shoombe het gesê die gebied is ’n nedersetting soos talle ander, maar boere het in die afgelope 40 jaar niks vir die grond betaal het. Tog vra hulle nou vir regeringshulp.

Hy het voorts gesê hy wil by die komende veiling nie sien dat Mangetti-boere slegs diere onder mekaar verkoop nie.

Boere

Die voorsitter van die MFA, mnr. Ismael Shailemo, het gesê die vereniging het meer as 200 lede.

Volgens hom is daar ’n blok van 96 plase in die Mangetti-gebied wat die regering in die 1980s aan boere toegeken het, terwyl die ministerie van landbou vier vir die Okapya-lewendehawesentrum gehou het.

Daar is ook plase in die omgewing wat aan die Ondonga tradisionele owerheid toegeken is.

Verskeie bekende Namibiërs boer in die gebied.

Ná die tweede nasionale grondkonferensie het die ministerie van grondhervorming huurpagregte aan boere in die Mangetti-gebied begin toeken.

’n Komitee bestaande uit 12 lede is aangestel om die veiling te fasiliteer en die vereniging te help om die hanteringsfasiliteite in stand te hou.

Die komitee word deur Veiko Namwoonde gelei en Sunday Shalli is die sekretaris. Die ander lede is Julius Ambondo, Silvanus Haufiku, Paulus Shilongo, Daniel Ngesheya, Padelia Nghishongwa, John Shilongo, Veiko Andjamba, Kamukwatange, Itoolwa Josef en Kennedy Iyambo.

Die boere is versoek om op 5 April hul beeste en toepaslike dokumente na Okapya te neem.

Similar News

 

Bumper watermelon crop for San

1 month - 27 April 2020 | Agriculture

The San in the Nyae Nyae Conservancy have become increasingly reliant on farming since climate change now has a huge impact on their traditional way...

World Bank seeks innovators to solve top three agri-challenges

2 months ago - 27 March 2020 | Agriculture

Did you know that investing in agricultural development is up to three times more effective for reducing poverty than doing so in any other sector?With...

Going green at Gobabis correctional facility

2 months ago - 23 March 2020 | Agriculture

Nearly a year after the construction of the Gobabis correctional facility hydroponics project greenhouse, the project continues to thrive.According to Senior Superintendent of the Gobabis...

Hydroponics project opens at Gobabis jail

3 months ago - 07 February 2020 | Agriculture

The Gobabis Correctional Facility hydroponic project was officially inaugurated earlier this week, with the hope that the project will become the main vegetable supplier especially...

Agribank and GIZ sign second MoU on bush control

6 months ago - 29 November 2019 | Agriculture

The Agribank and GIZ/MAWF Bush Control and Biomass Utilisation Project signed another Memorandum of Understanding (MoU) to extend and strengthen their cooperation for two years....

Apples in the Kalahari?

6 months ago - 13 November 2019 | Agriculture

On Monday (18 November), Salomon Kalondo hosts a public talk at the Scientific Society about how Namibian farming will have to change to remain viable....

Hattrick for Calitz

7 months ago - 30 October 2019 | Agriculture

Bertus Calitz was honoured as Agra’s National Weaner Champion for the third consecutive time the competition has been held. He was also honoured with this...

Dag spesiaal vir heuningbye

7 months ago - 11 October 2019 | Agriculture

Aan die einde van hierdie maand is daar ’n spesiale dag wat opgedra is aan heuningbye en Namibië se bekende byeboer, Roland Graf zu Bentheim,...

Top score for Leonise

7 months ago - 07 October 2019 | Agriculture

Leonise Human, a 17-year-old learner of Gobabis Gymansium, impressed judges at the Bank Windhoek Feedmaster National Cattle Judging Competition when she scored an amazing 98%...

San going green

9 months ago - 25 August 2019 | Agriculture

Even in the arid regions of Namibia, trees can survive, provide shade and improved food security for people.The San in the Nyae Nyae conservancy have...

Latest News

Triennial rescheduled to these dates

10 hours ago | Art and Entertainment

In light of the impact of the coronavirus pandemic, Bank Windhoek and the National Art Gallery of Namibia (NAGN), decided to reschedule the Triennial dates....

Leaders discuss way forward

11 hours ago | Government

The Canadian Prime Minister Justin Tradeau and President Hage Geingob discussed the latest developments in the Covid-19 pandemic in a teleconference. In a statement from...

Vir ’n aandjie af

15 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek • [email protected] kry nou die dag ’n boodskap dat ek vir ’n kompetisie moet inskryf, want ek is gelukkig as dit bysulke dinge kom.Daar...

Sean K part of African...

17 hours ago | Art and Entertainment

Namibian artist Sean K is one of 11 African artists who just released a new song, thanking health workers for their commitment and dedication during...

N$58 million to clean schools...

1 day - 02 June 2020 | Education

Windhoek • [email protected] Of more than 340 senior secondary schools across the country, the majority are ready to receive their learners.According to education executive director,...

N$1.4 million for shorn prison...

1 day - 02 June 2020 | Crime

Windhoek • [email protected] A convicted inmate serving 35-years behind bars for the killing of his girlfriend eight years ago, is suing prison authorities for N$1.4...

Mining expo cancelled

1 day - 02 June 2020 | Events

The Chamber of Mines today announced the cancellation of this year's edition of the Mining Expo and Conference.This comes after the Chamber initially announced that...

Another boost for disaster relief

1 day - 02 June 2020 | Disasters

FNB, through the FirstRand Namibia Foundation Trust, donated N$1.5 million to government in response to Covid-19 efforts and aims at supporting the unemployed, small and...

A new home for orphaned...

1 day - 02 June 2020 | Environment

Two lion cubs – the sole survivors of human wildlife conflict in the Sesfontein area – were relocated and released onto a 25 000ha fenced...

Load More