Bou 'n brug

29 October 2018 | Columns

Yolanda Nel - Toe ons jonger was en 'n probleem ondervind het, het almal baie sarkasties toegesnou, “bou 'n brug en kom daaroor”.

In die werkplek moet ons gereeld met oplossings vorendag kom en nie net skouers optrek en sê 'ek het 'n probleem, wat nou?' nie. Maar wat gemaak as jy by 'n punt wil uitkom, maar tussen die twee punte is net oseaan? Vir baie is dit 'n gulde geleentheid om te sê hulle gaan oorsee.

Maar die president van China het 'n ander plan gehad. Toe bou hy maar 'n brug. Letterlik. Die brug is Dinsdag, nege jaar ná konstruksie begin het, amptelik geopen. Dit is die langste brug wat oor water strek - 'n volle 55km! Die doel was om Hongkong en Macau met die Chinese stad Zhuhai met mekaar te verbind.

Die brug het sowat N$284 miljard gekos en 18 werknemers is tydens konstruksie dood. Ek wonder of die president toe ook 'n oplossing gekry het om die werkplek veiliger te maak? Of het hy dit eerder iemand anders se probleem gemaak? Het hy ooit omgegee?

Een van die probleme wat ondervind was, was waarheen met die skepe? Antwoord? 'n Onderwater tonnel. Dan moet die motors maar onder deur. Ja, onder deur die grote oseaan, waar jy heel moontlik vir Jaws gaan ontmoet. Die seksie strek oor 6.7km en word verbind deur twee kunsmatige eilande. Dit is ook 44.5m diep. En hoewel hierdie hele projek vir my maar na 'n simpel idee klink, het hulle my hier al klaar lewendig verloor, want ek wil nie eers op water wees nie. Beslis nie daar onder nie.

Hoewel sommige Chinese beamptes glo dat tolgeld sowat N$20.5 triljoen kan inbring (ek is nie seker hoe lank dit kamma moet vat nie), is menigte nie so seker nie. Die grootste meerderheid glo dat die regering nooit hul geld op hierdie projek gaan terugmaak nie, siende dat 'n derde van enige inkomste vir opknappingswerk gebruik sal moet word.

Moenie dink almal mag hierdie brug gebruik nie. Spesiale permitte is daarvoor nodig, seker maar om 'n vreesaanjaende traffic jam te vermy. Hoewel beamptes vroeër gesê het dat sowat 9 200 motors daagliks van die brug gebruik sal maak, is dié syfer nou verminder.

Asof die hele brug my nie reeds paniekerig maak nie, moet motoriste ook op 'n sekere punt aan die anderkant van die pad begin ry.

Dié nuutjie is egter nie die enigste reusebrug wat oor 'n massa water strek nie. Die Russiese president het in Mei vanjaar 'n brug geopen wat 19km lank is. Dit is vir beter toegang tot die Krim, wat in 2014 deur Rusland geanekseer is.

En as China dalk 'n brug hier in die see wil kom bou om die afstand van Walvis na Hentiesbaai nader te maak, dan ry ek maar die langpad om of kyk vir Jaws in die gemak van my sitkamerbank, baie ver weg van die diepe water.

Jy weet immers nooit wanneer Moeder Aarde 'n afdag het nie.

Similar News

 

Body goals

20 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Kom ons gesels oor aborsie

1 week ago - 10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd...

A healthy body and mind

1 week ago - 04 February 2019 | Columns

Leandrea LouwJanuWorry is finally done and I believe many of us have listed ‘eat healthier’, ‘lose weight’ or ‘start exercising’ as one of our New...

Weer 'n student

3 weeks ago - 27 January 2019 | Columns

Yolanda Nel - Dis al 'n jaar sedert ek my meesters ingehandig het en vir 'n wyle het ek op ander heerlike dinge van die...

Our daily commute

4 weeks ago - 20 January 2019 | Columns

Julienne van RooyenOne of the first things I realised once the holidays were over, is that our daily commute has started again. This is such...

As die meerminne verdwyn

2 months ago - 17 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - “Hardloop die see in met jou jeans aan, kyk uit vir 'n meermin en deel in gesprekke oor al die mooi plekke...

Alles met 'n knippie sout

2 months ago - 10 December 2018 | Columns

Yolanda Nel - Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit...

Met 'n tikkie sout

2 months ago - 08 December 2018 | Columns

Almal weet gewoonlik baie meer as jy. Hoe weet ek dit? Want hulle vertel my elke kans wat hulle kan, dat dit waarmee ek besig...

The miracle of Wilbur

2 months ago - 19 November 2018 | Columns

Yanna Smith There was no way I knew how much 10 January 2017 would change my life. That was the day I rescued a calf,...

Ek groet jou Lindie

3 months ago - 12 November 2018 | Columns

Yolanda Nel - Wanneer jy iemand groet, dink jy mos nie dis die laaste keer wat jy daardie persoon gaan sien nie. Ek groet jou...

Latest News

Rare diseases in the spotlight

20 hours ago | Health

Yolanda NelA rare disease medical seminar takes place in Windhoek on 28 February to raise awareness amongst those affected by it.According to Bianca Özcan of...

Vier fees ­vir droogtehulp

20 hours ago | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Pas op vir dié skelmstreke

20 hours ago | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Done and dusted

20 hours ago | People

Windhoek • Yolanda NelWhat began as maintaining his own guitar collection, has become both a passion and a hobby when he has a moment to...

Orchestras that play together, stay...

20 hours ago | Education

When more than 120 young musicians and their teachers rehearse for a week and let their musical skills run wild, the outcome is certainly something...

Maltas rock in the USA

20 hours ago | Education

The Maltas Club Namibia recently travelled to the USA to undertake an experiential learning trip. The purpose was threefold: to learn more about American culture,...

Big bucks for top students

20 hours ago | Education

Standard Bank Namibia handed over N$302 000 to the three best performing learners in each of the country's 14 regions who sat for last November's...

Body goals

20 hours ago | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Conservation snapshot

20 hours ago | Environment

On Tuesday (19 February), Peter Bridgeford launches the book Conservation Pioneers in Namibia and stories by Game Rangers at the Scientific Society.This book of personal...

Load More