Brakwater se inwoners staan saam

07 October 2019 | Local News

Yolanda Nel Sowat 14 maande ná inwoners van Brakwater hulle hande dieper in hul sakke moes steek weens hoër tariewe, het die Windhoekse stadsraad (CoW) uiteindelik met die Brakwater Adviseurende Komitee (BAC) vergader.
Ten spyte van die vergadering wat Saterdag (5 Oktober) tussen die partye gehou is, wag die BAC volgens dié organisasie se voorsitter Bert Laaser, steeds vir betekenisvolle terugvoer – al het die munisipaliteit se uitvoerende hoof belowe dat inwoners toe sou uitsluitsel van die CoW ontvang.
Vergaderings is vir 7 Desember 2018, vir 1 Februarie 2019 en vir 28 September vanjaar belê, maar is deur die CoW uitgestel. “En na afloop van die naweek se vergadering, is ons nog niks inligting ryker nie,” het Laaser gesê.
Laaser wou van die CoW se Samuel Mutango weet hoekom inwoners van Brakwater 14 maande moes wag vir antwoorde ná sommige munisipale rekeninge met tot 5000% verhoog het. “Daar is ook geen terugvoer ontvang oor die kortingstelsel wat vir Brakwater goedgekeur is of enige aanduiding dat Resolusie 267, wat stipuleer dat Brakwater-inwoners net ’n gedeelte van die tariewe betaal vervang of verander is nie,” het Laaser tydens die vergadering gesê.
Mutango het geantwoord dat hulle [die CoW] nou ’n stadium bereik het waar hulle met lede van die BAC kon vergader. Verwysend na die resolusie wat reeds in 2012 uitgereik is, het hy gesê daar was sekere faktore wat eers deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling goedgekeur moes word. “Net sekere dele van die resolusie is goedgekeur,” het Mutango gesê.
Ander kwessies wat verlede jaar deur die BAC aan die stadsraad gestuur is, sluit in hoë erfbelasting. Terugvoer daarop was dat dit vanweë groot erwe in die gebied is dat munisipale rekeninge verhoog het en dat dié tariewe vir alle inwoners van die hoofstad van toepassing is.
Inwoners van Brakwater wou ook weet of die BAC nog ’n rol speel, waarop daar geantwoord is dat die kommittee nog aktief is. “Die twee raadslede wat op die BAC dien, het in Februarie vanjaar met die res van die kommittee vergader,” het Helon Muhaindjumba, van die stadsraad terugvoer gegee.
Laaser het egter gereageer deur te sê dit is glad nie die geval nie en dat daar nog geen vergadering plaasgevind het nie. Beide die raadslede MJ Amadhila en Brunhilde Cornelius het ook versuim om Saterdag die vergadering by te woon.
Sowat 120 inwoners van Brakwater het Saterdag se vergadering bywoon. Volgens Laaser sal ’n volgende vergadering tussen die BAC en die stadsraad binne die volgende twee weke plaasvind.

Similar News

 

When God calls your name

2 days ago - 21 January 2020 | Local News

Yolanda Nel In 2016, a young Namibian girl visited the Logos Hope while it was in Walvis Bay and it changed her life.Delysia de Koe...

Let’s talk climate change

6 days ago - 17 January 2020 | Local News

The Namibian Chamber of Environment together with the Namibia Scientific Society hosts a talk on climate change on 30 January. The speakers are Prof Rob...

Thaleia steals the show

1 week ago - 16 January 2020 | Local News

Each year, the Hochland Dog Club hosts their annual Top Dog award ceremony to celebrate and to award members for exhibiting and keeping their show...

Rehoboth hou asem op

1 week ago - 15 January 2020 | Local News

Yolanda Nel Inwoners van Rehoboth sit steeds met hul hande in hul hare met talle probleme wat steeds nie aangespreek word nie.Een van die groot...

Soetkoekies vir Valentynsdag

1 week ago - 14 January 2020 | Local News

Yolanda Nel “Ek moes al baie in my lewe weer van vooraf begin, om saam met my man weer nuwe idees te moet uitdink om...

Poverty tourism – where does it start and end?

1 week ago - 13 January 2020 | Local News

Eva-Marie BornKatutura. A Windhoek suburb that belongs to the city just like the Christuskirche or Joe’s Beerhouse.But often neither tourists nor locals visit the informal...

Cooking up a plan to empower women

1 month - 12 December 2019 | Local News

Ester Kamati The Turkish International Cooperation and Coordination Agency (TIKA) showed support to the LidarFoundation’s initiatives by donating kitchen equipment towards their skills training programme.The...

Saam word mooi gemaak

1 month - 12 December 2019 | Local News

Yolanda Nel Een mooi gebaar het ’n kettingreaksie op Rehoboth meegebring: Om meisies mooi te maak vir hulle matriekafskeid.Monika van Wyk en haar ma, Memory,...

City sheds light on street renaming process

1 month - 03 December 2019 | Local News

Yolanda Nel Weeks after residents took to social media to complain about 13 street name changes, the City of Windhoek (CoW) explains the matter at...

Donning their birthday suits

1 month - 28 November 2019 | Local News

Tanja BauseViolence against women and children is a national and global problem. In light of this, three Windhoek ladies – Brigitte Marder-Scheid (63), Frauke Kreitz...

Latest News

Don’t be a vishing victim

13 hours ago | Banking

Jacquiline PackIn the past, the physical cloning of bankcards was one of the most prevalent methods fraudsters used to steal money from bank accounts. The...

Big plans for Beatrice

13 hours ago | Sports

The Namibia Schools Sports Union (NSSU) promises a great year ahead, as the sports body plans to fulfil all its obligations, says national coordinator Solly...

Starting grade 1 on a...

14 hours ago | Education

There was a special hustle and bustle at the DHPS campus when the grade 1s of 2020 attended school for the first time. This year...

Exercise-wise in today’s world

14 hours ago | Life Style

With the rising cost of living, many struggle to find room in the budget for a gym membership. One way around this, is to convert...

Boost for Katutura projects

17 hours ago | Business

The Katutura East Constituency office handed over equipment worth N$150 000 to eight projects ranging from upholstery, laundry, catering, sewing and tailoring and welding services...

Chill with Windhoek Express

17 hours ago | Art and Entertainment

Currently running• Unam visual arts graduate exhibition at the National Art Gallery until 25 January.Friday 24 January• 14:00 The Goethe Stage project that assists local...

Betty is breaking artistic chains

1 day - 23 January 2020 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Told that she would be “wasting her brain” if she decided to go into the arts, Betty Sibeso is now showing the world...

Mayor makes a move

1 day - 22 January 2020 | Government

Council members of the City of Windhoek (CoW) have undertaken to be more visible in the electorate.This according to new mayor Fransina Kahungu who was...

When God calls your name

2 days ago - 21 January 2020 | Local News

Yolanda Nel In 2016, a young Namibian girl visited the Logos Hope while it was in Walvis Bay and it changed her life.Delysia de Koe...

Load More