Bring jou koffiebeker

Geen plastiekstrootjies en bruinpapiersakke in plaas van plastiek word al hoe meer gesien en besighede skrik wakker oor die impak wat hulle op die omgewing het.

27 January 2019 | Environment

Dit gaan broodnodig raak om weer te lewe soos drie geslagte gelede. Matty Boltman, [email protected]

Yolanda Nel - Dit blyk 2019 het almal met mening laat wakker skrik oor ons menslike impak op Moedernatuur en besighede kom links en regs met hul eie inisiatiewe vorendag om 'n verskil te maak.

Die koffiewinkel [email protected] in Eros nooi jou nou om al jou ongebruikte koffiebekers na hulle te bring. En jy kan binnekort dalk self uit jou eie beker 'n heerlike koppie boeretroos geniet.

Volgens Matty Boltman van die winkel, het hulle besef dat om meer minimalisties te lewe die nuwe norm gaan word, veral as ons 'n toekoms vir ons land en wêreld wil sien. “Ons leer ons kinders gewoontes van koop, gebruik en vervang as ons moeg is daarvoor. Dit word 'n leefwyse om geen waardering vir iets te hê nie en soms ook verwydering van die werklikheid,” het sy vir Windhoek Express gesê.

As deel van die inisiatief bring kliënte hulle ou, gebruikte koffiebekers of teekoppies en dit word weer gebruik vir wegneem drankies of by die perseel. “Indien jy die koppie saamneem is die reël natuurlik om net weer een terug te bring,” verduidelik sy. “Jare gelede het almal in die samelewing saam gewerk. Ons kan gerus weer 'n mate van Ubuntu aanleer en eerder elke koppie sien as 'n koppie met 'n storie en nie net as net nog 'n ou koppie in jou kas nie.”

Op sosiale media word gereeld gesien hoe belangrik herwinning is, maar die gebruik van veral plastiekprodukte moet in die langer duur ook verminder. “Herwinning gaan op die lang duur nie genoeg wees nie. Dit gaan brood nodig raak om weer te lewe soos drie geslagte gelede. Wanneer is genoeg, genoeg? Verbruik minder en gee meer terug,” is Matty se raad.

Maar dit stop nie hier nie. “Ons sal graag heeltemal groen wil gaan,” sê sy. Maar dit kom nie sonder sy uitdagings nie. Volgens haar is dit tans baie moeilik in Namibië om herwinbare produkte aan te koop. Dit is eenvoudig net nie beskikbaar nie of mense buit dit só uit dat dit net heeltemal onbekostigbaar raak vir die verbruiker.

“Wat mense in ag moet neem is dat elke weggooi koppie of ander item 'n prys het wat gevoeg moet word by die totale verkoopsprys. As hierdie uitgesny word, kan ons verseker ons produkte goedkoper op die rak kry,” verduidelik sy.

[email protected] verkoop tans baie tuisgemaakte suurlemoenstroop, slaaisouse en ander ingelegde produkte. “'n Derde van hierdie items se pryse kan gesny word as ons gebruikte wynbottels, mayonnaise bottels of ander bottels kan kry. Ons beplan om 'n mandjie neer te sit waar mens hierdie produkte heen kan bring. Ons behoort binnekort weg te doen met plastiekstrootjies, bakkies vir wegneem etes, asook al ons wegneem glase vir koue drankies,” sê sy.

Hou dus daai ou beker met jare se geheime en koester-oomblikke in jou kar en gaan laai dit af. Dalk inspireer daai einste beker iemand anders.

Similar News

 

Namibia’s CCF wins UK grant

1 week ago - 16 June 2019 | Environment

The Cheetah Conservation Fund (CCF) announced that the United Kingdom’s Department for Environment Food & Rural Affairs (DEFRA) will fund its project to fight cheetah...

Paying for plastic

2 weeks ago - 09 June 2019 | Environment

Swakopmund • Erwin LeuschnerWhen it comes to consuming and taking control of disposable plastic bags in Namibia, the three towns along the central coast are...

International recognition for Sun Cyles

1 month - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Asbestos removal project under way

2 months ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

'n Swartsak vol gemors bring hoop

2 months ago - 07 April 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel'n Uitstappie in Windhoek se middestad het een vrou aangespoor om 'n verskil te maak en nou hoop sy ander volg in...

A world ­without waste

2 months ago - 07 April 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The invention of plastic changed the world in so many ways – for better and for worse – and it's...

Seeing the unseen

3 months ago - 24 March 2019 | Environment

Bank Windhoek, in conjunction with the University of Namibia (Unam) and Netherland’s Radboud University (RU) Nijmegen, host a scientific event titled ‘Building the Namibian Africa...

From cooking oil to biofuel

3 months ago - 10 March 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda NelA bottle of cooking oil is heated up in the deep fryer to make the perfect, golden chicken nuggets. Once the oil...

How the Moringa can purify water

3 months ago - 10 March 2019 | Environment

Next Thursday (14 March), the National Commission on Research, Science & Technology (NCRST) hosts a public lecture presented by Prof Habauka Kwaambwa on the evaluation...

Where to with the animals?

3 months ago - 10 March 2019 | Environment

Windhoek • Nina Cerezo Following the recent culling of hyenas to save the Wild Horses of the Garub, environment minister Pohamba Shifeta repeatedly referred to...

Latest News

Building bridges

3 days ago - 23 June 2019 | Infrastructure

Construction work continues on the Windhoek - Hosea Kutako International Airport road, with works set to start again on the bridge over Frank Fredericks drive...

Skills training for ­vulnerable moms

3 days ago - 23 June 2019 | Local News

Ester Kamati Twenty-five young mothers from the Lidar Community Foundation are receiving skills training for the next six weeks, thanks to the support of the...

Art and pets = Animals...

3 days ago - 23 June 2019 | Events

The SPCA Windhoek held its annual fundraiser – Animals by Night – last week, with a spectacular event at the FNCC.According to general manager of...

We are running out of...

3 days ago - 23 June 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh The date for dams supplying Windhoek to run dry has now advanced with between two and three weeks. The reason for...

Hope for Justin

3 days ago - 23 June 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Justin Koch, a ten-year-old boy from Walvis Bay, has been ­battling with cerebral palsy spastic diplegia all his life.Born...

Help hier, asseblief!

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney SwartbooiEk was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n...

Familie sonder hoop

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

The heartbeat of the city

3 days ago - 23 June 2019 | Business

Windhoek • Lisa Plank A taxi driver cruises down the street, loud music blaring from the loudspeakers inside the car. With one hand he casually...

Pageant winner supports schools

3 days ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

Load More