Dag spesiaal vir heuningbye

11 October 2019 | Agriculture

Aan die einde van hierdie maand is daar ’n spesiale dag wat opgedra is aan heuningbye en Namibië se bekende byeboer, Roland Graf zu Bentheim, meen 29 Oktober is dié belangrikste dag in die land.
“Op daardie dag moet Namibiërs nadink oor hoe waardevol bye is en wat dié klein insekte vir ons doen.”
Hy sê dat ten spyte daarvan dat bye miljoene jaar oud is, staar bye uitwissing in die gesig weens gifstowwe wat mense gebruik wat bye doodmaak. “Ons gaan iets móét doen om bye, ja selfs ander ander insekte ook, te probeer bewaar want daarsonder sal hulle ook in Namibië verdwyn.”
Hy sê voorts dat bye waarskynlik die mees waardevolle insekte is en dat die wêreld hulle nodig het om voort te bestaan. “Bye bestuif 80% - soms soveel as 100% - van plante in Namibië. Namibiërs moet werklik nadink oor wat hulle alles aan bye te danke het.”
Zu Bentheim sê dit is ’n hartseer saak dat bye in Namibië steeds verbrand en vergiftig word en dus stel hy voor dat ’n boete van tot N$100 000 gehef word as straf vir die vernietiging van bye
Wat kan ons in Namibië doen om bye se voortbestaan te verseker?
“Ons het minstens ’n duisend byeboere dwars oor die land nodig waarvan minstens vyftig boere swerms van 50 bye en meer behoort te hê. Daarmee saam het die land minstens tien kantore nodig waar inligting oor bye bekom kan word asook 14 opvoedingsentrums – een in elke streek.”
Hy stel verder voor dat elke plaas- of ploteienaar tussen een en vyf byekaste aanbring om die bestuiwing van plante in die land te hervestig.

Raak betrokke!
Nog ’n voorstel wat Zu Bentheim gemaak het, is dat ambassades iets doen vir bye in Namibië. “Ek meen elke ambassade kan N$1 miljoen borg om ’n byeboerdery op die been te bring enige plek in die land, van Noordoewer tot Katima Mulilo. Behalwe dat hierdie boerderye werk skep vir inwoners van die omliggende areas, kan ambassades ook daarby baat deur hul eie heuning en was te oes. En as hulle dit nie vir eie gebruik wil hou nie, kan hulle dit vir die land se armes skenk.”
Zu Bentheim meen hierdie daadwerklike stappe moet gedoen word sodat heuningbye en die land kan oorleef.
“Die stappe sal nie net bye en die omgewing beskerm nie, maar ook werk skep. Net deur die bestuiwing van die plante en bome, kan ons en die omgewing aan die lewe bly.”

Similar News

 

Top score for Leonise

2 weeks ago - 07 October 2019 | Agriculture

Leonise Human, a 17-year-old learner of Gobabis Gymansium, impressed judges at the Bank Windhoek Feedmaster National Cattle Judging Competition when she scored an amazing 98%...

San going green

1 month - 25 August 2019 | Agriculture

Even in the arid regions of Namibia, trees can survive, provide shade and improved food security for people.The San in the Nyae Nyae conservancy have...

Omaheke farmers should focus on profit

2 months ago - 28 July 2019 | Agriculture

The Governor of the Omaheke region, Festus Ueitele, called on farmers in the region to venture into value addition to maximise their profits.He made this...

Chicken for beef

5 months ago - 19 May 2019 | Agriculture

Palmwag • Nina Cerezo Gabes /Goagoseb sits on his shady veranda. In the surrounding garden, cacti and other plants are blooming, a window of his...

Rooilyn groet stadig maar seker

5 months ago - 12 May 2019 | Agriculture

Windhoek • Ellanie SmitAs deel van die implementering van die tweede nasionale grondberaad se resolusies, beplan die ministerie van landbou om binne die huidige boekjaar...

Feeding the nation

5 months ago - 05 May 2019 | Agriculture

Swakopmund • Otis Finck The Agro farming industry could possibly rid the country of unemployment within the next five to ten years.So says Ranjit...

In die boorde van ’n granaatboer

5 months ago - 05 May 2019 | Agriculture

Windhoek • Yolanda Nel In die suide van Namibië is 17 000 bome vier jaar gelede geplant en as die vrugte daarvan oopgebreek word,...

‘Boer of gee die grond terug’

7 months ago - 24 March 2019 | Agriculture

Mangetti • Ileni Nandjato Die hoofveearts van die Noordweste, dr. Kennedy Shoombe, meen Mangetti-landboukundiges moet ophou om hulself boere te noem, en eerder dierewagters vir...

Bush encroached land to be reduced

11 months ago - 19 November 2018 | Agriculture

Namibia aims to reduce bush encroachment on 1.9 million hectares of land within the next two decades. According to environment minister Pohamba Shifeta, this is...

Chamber of Agriculture on the cards

1 year - 22 October 2018 | Agriculture

During several congresses held by the agricultural sector recently, it became clear that there is a policy difference between the agriculture sector and government on...

Latest News

Halving malaria now more achievable

1 hour ago | Health

In a new study focusing on Central African countries, it is believed that halving malaria deaths is more achievable than eliminating the disease by 2030....

Quality remains king at Ohorongo

2 hours ago | Business

Ohorongo Cement recently received recertification on its Quality & Environmental Management Systems, endorsing the fulfilling of standards, ISO 9001: 2015 and ISO 14001: 2015.The certificate...

RTC gives feedback on litter...

2 hours ago | Local News

Yolanda Nel After a social media attack last week with photos of garbage thrown everywhere in town as well as a cow carcass not being...

Top table tennis at Windhoek...

3 hours ago | Sports

The Namibian Table Tennis Association (NTTA) held its annual Windhoek Table Tennis Open Championships last Saturday, where top local players as well as players from...

Stikwerk vir ’n groener omgewing

4 hours ago | Environment

In ’n poging om plastiekverbruik te verminder en hul inkomste te verhoog, is drie vroue besig om hul naaimasjiene daarvoor in te span.Julia Gomachas en...

Agter Die Stoep

13 hours ago | Art and Entertainment

Yolanda Nel Die Stoep is eersdaags in die Nasionale Teater op die planke. Hier gesels skrywer Jonathan Solomons oor hoekom hierdie soort stories belangrik is. “Die...

No joking with The Joker

22 hours ago | Art and Entertainment

If you want to know what you get when you take a poor, mentally unstable loner and treat him liketrash, just go watch Joker.According to...

Stap vir Bybels die naweek

1 day - 22 October 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Stof solank jou tekkies af wat stof vergaar in die hoek van die kas, want Saterdag 26 Oktober gaan dit handig te pas...

Okahandja hou somerfees

1 day - 22 October 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Dit is nog net ’n paar dae voor die Gereformeerde Kerk op Okahandja se somerfees plaasvind en gaste het sommer baie om na...

Load More