Dating in jou dertigs

05 October 2017 | Opinion

Yolanda Nel

Om te date is seker een van die mees vreesaanjaende dinge om te doen. Dit is eintlik baie soos ’n werksonderhoud, net sonder al die papierwerk.

Jy moet jouself verkoop, maar nie te veel nie en daar moet steeds ’n vorm van mysterie wees. ’n Vriendin se ma het jare gelede gesê ’n vrou moet volrond wees: goed in haar werk, maar ook so in die kombuis, agter die strykplank en beslis in die slaapkamer – sy moet weet hoe om ’n fitted sheet te vou. Sy moet ’n talent of twee hê, soos om klavier te speel of te kan split. Ongelukkig is die enigste vorm van volrond wat ’n man moet hê om sy middel.

Terwyl graad na graad die grootste deel van my 20s oorgeneem het, was die tyd, wil en lus om nog te date laag op die radar. My studies maak natuurlik ook vir ’n baie goeie verskoning. Maar nou dat die studies so te sê tot ’n einde gekom het, wonder meeste van die familie hardop wanneer daar nou ’n ring aan die vinger kom. Maar helaas is daar toe geen ridder op sy witperd of soldaat in tinfoelie wat voor my woonstelvenster sy liefde verklaar nie – ek vermoed hy sukkel om verby sekuriteit in die kompleks te kom.

Maar dit gebeur toe onlangs dat ’n knaap my ietwat intressant vind tydens ’n braai en hy soek my nommer. Vir ons eerste afspraak gaan ons movies toe. Ek honger myself die dag uit vir springmielies, maar eintlik is dit die senuwees wat maak dat ek nie kan eet nie, want ek het ’n handboek nodig om te weet hoe om in 2017 te date. Ons besluit op Stephan King se It, ’n verwerking van die 1990s riller. Ek reken mnr. Sjarmant het ’n plan met die fliekkeuse, want as ek skrik kan hy mos beskerm.

Maar ek vergeet dat rillers in ’n flieksaal altyd ‘n katastrofe is. Daar is altyd een wat kliphard gil in die hoop dat almal sal skrik. Hy sit gelukkig aan die ander kant van die saal. Dan is daar diegene wat graag rillers wil kyk, maar liefs nie moet nie. Die partytjie sit ongelukkig agter ons. Kommentaar soos, “moenie dit doen nie. Nee. Nee. Moenie daar inloop nie. Ag tog, kyk wat doen hy. Hy loop daar in,” is vir die res van die fliek ons voorland.

Ek dink die date gaan goed. Ons vingers raak so elke dan en wan aanmekaar as ons ons hande in die popcorn bak druk. Een keer toe ek groot skrik, toe gryp ek sy arm. Ek dink hy het soos ‘n held gevoel, ek beslis soos ‘n damsel in distress.

So halfpad die movie in, ek vermoed vyf minute voor hy beslis my hand sou vashou, vang die man en vrou verder af in die ry my oog. Sy moet beslis nie rillers kyk nie, want sy sit toe al behoorlik op haar man se skoot van die skrik. Ek kyk weer. Dis Hammelie en Pappa Nel.

Ja, daar langs my in die flieksaal op my eerste date, my ouers.

Mnr. Sjarmant se hand het onmiddelik weer op sy skoot geval. Die hoop van handjies vashou is daarmee heen. Hy loer verby my en steek sy hand na my pa toe uit, “Hallo oom, hoe gaan dit,” sê hy. Die belofte van ‘n tweede afspraak gaan presies waarheen Pennywise onskuldige kinders neem - die dreingat in. Die volgende dag toe lui my foon. Die knaap soek ‘n tweede afspraak, “maar die keer sonder ouers asseblief.”

Similar News

 

Say it!

13 hours ago | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Namibia se regering behoort hulle te skaam oor die toestand...

Say it!

1 month - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Say it!

2 months ago - 24 March 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Kan mnr. Amupanda asseblief vir ons die statestieke wys waar...

Say it!

2 months ago - 17 March 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say.Something is terribly wrong with our justice system and needs urgent...

News from the coast

1 year - 24 August 2017 | Opinion

This week readers can look forward to an inspiring article in the Erongo about the South African Born Australian woman, Claire McFarlane, who will be...

Prioriteite vs Le Creuset

1 year - 24 August 2017 | Opinion

Yolanda Nel Pappa Nel het ons mooi geleer hoe om met ons geld te werk. Begroot was die hardwerkendste werkwoord in die huis.Behoeftes. Begeertes. Uitgawes.’n...

Straatkinders steeds ’n probleem

1 year - 17 August 2017 | Opinion

So rukkie terug het al die koerante oor straatkinders berig. Dan is die kinders weer ’n rukkie nie op straat te sien nie. Ek vermoed...

Opinion

1 year - 06 July 2017 | Opinion

• How will it take to lift the moratorium on selling and leasing land in Okahandja? This moratorium was placed due to irregularities in...

SMSe

1 year - 08 June 2017 | Opinion

Dit is lekker om te sien van al die barmhartige Samaritane in ons land wat kos ingesamel het vir mense in nood. Goeie werk Hugs4Christ....

Opinion

2 years ago - 26 May 2017 | Opinion

Safe haven for victims of GBV: Wonderful news! Now let’s just home staff manning the office have a genuine concern for victims, also that the...

Latest News

Raak nou deel van Klub...

1 day - 26 May 2019 | Society

Enige ouer sal kan getuig dat om 'n kind groot te maak, aan jou beursie knaag. Juis daarom vra Huis Maerua kinderhuis vir bystand.Individue en...

Een man se roeping om...

1 day - 26 May 2019 | Social Issues

Yolanda Nel Ongeag die uitdagings wat een man self in die gesig staar, het hy besluit dat wanneer God praat, dan bly jy steeds gehoorsaam...

Red die borste

1 day - 26 May 2019 | Health

Windhoek • Yolanda Nel Hierdie entrepreneur wil graag in sy gemeenskap terugploeg en dus het hy besluit om geld in te samel om bystand te...

Ontbyt saam vir boere

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

International recognition for Sun Cyles

1 day - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Plans to place water along...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

The world can be your...

1 day - 26 May 2019 | Education

The international vlogging competition Faces2Hearts is a competition organised by the European Union that aims to finding 20 young vloggers to take part in a...

Load More