Deur God geseën

'n Ma se besluit om haar dogter van jongs af te leer om vir ander om te gee, ongeag hul agtergrond, het al talle families oraloor die land gehelp.

21 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel



Nadat 'n ma self ervaar het hoe vinnig babas uit hul klere groei, kon sy nie help om te wonder hoe behoeftige ouers dié uitgawe bekostig nie.

“Ek het met die idee vorendag gekom dat behoeftige families 'n boks van hulle kinders se klere wat te klein is, vir my gee in ruil vir 'n boks met klere wat hulle sal pas,” vertel Ilanza Klein van die Azaria – Restoring Faith-gemeenskapsprojek.

Die projek is vroeg in 2016 begin. “Azaria beteken 'geseën deur God' of 'God het gehelp',” verduidelik sy en voeg by dat dit ook haar dogter se tweede naam is.

“Ek het besluit om haar van 'n jong ouderdom af te leer om vir ander mense om te gee, maak nie saak wat hulle agtergrond is nie.”

Die grootoog-kleuter het vanjaar haar ma begin help met aflewerings na die gemeenskap. “Dit is ook deel van haar vereistes om aan skoonheidskompetisies deel te neem, waar liefdadigheidswerk 'n baie groot rol speel.”

Hoewel Ilanza nie kan sê hoeveel bokse al deur haar hande is nie, kan sy met sekerheid sê dat die bokse al oral in die land afgelewer is.

“Van die kus tot Windhoek tot die Noorde, dan weer terug na die Suide is al gehelp. Ons bokse reis deur die hele Namibië en ek sou jok as ek sê ek tel hoeveel families ons al gehelp het. Wat ek wel kan sê, is dat ons aanhou groei,” vertel sy.



Behoefte neem toe

Haar sosialemediablad groei maandeliks en die versoeke raak al hoe meer. “Ek moes begin om administrateurs op Facebook aan te stel wat in verskillende dorpe bly om met die navrae te help, want ek kan nie voorbly nie,” sê Ilanza.

Sy het wel besef as 'n gemeenskap kan almal mooi saamwerk as die wil daar is.

Met hierdie soort liefdadigheidswerk is jou oë wawyd oop vir hoe groot die nood in die land is. “Hierdeur leer ek dankbaarheid. Ek wil ook graag Namibiërs wat in die posisie is om te kan help, wys hoe groot die nood onder ons eie mense is. Ons sien altyd net die stories van die behoeftiges in ons buurlande, maar vergeet in ons land lyk dit ewe droewig en hartseer. Ons vergeet om rondom ons te kyk.”

Volgens haar begin 'n mens klein. “Wees bewus van die maats by die skool waar jou kinders skoolgaan, stuur 'n ekstra toebroodjie saam vir 'n maatjie wat dalk nie een het nie.”

Illanza is trots op haar mede-Namibiërs wanneer daar om hulp gevra word. “Dit is asof mense wat al self swaar gekry het, die meeste wil gee en help.”

En wanneer die publiek hul harte en beursies oopmaak, leer sy dat ons tog in moeilike tye kan saamstaan, ongeag velkleur, en dit is vir haar wonderlik om te beleef.



Trane sluk

Sy moes wel leer om nie emosioneel betrokke te raak by die mense wat sy help nie, anders het sy al lankal tou opgegooi. “Die familie moet nooit in 'n ongemaklike posisie geplaas word nie en dan moet jy maar jou emosies sluk.”

Sy word gereeld gekonfronteer met stories van verkragting van jong kinders en kinders wat weggeneem is van hulle ouers, asook die ekonomiese krisis wat sy tol op baie Namibiërs eis.

“Ons versoeke op sosiale media het die afgelope jaar verdubbel. Dit strek oor verskeie rassegroepe en uiteenlopende ekonomiese agtergronde,” sê sy.

Maar van al hierdie versoeke, bly 'n spesifieke een klou. “Ons is genader om hulp vir 'n seuntjie, en ons het donasies soos kos en klere aan hom geskenk. Hy is ongelukkig 'n paar dae later weens sy beserings oorlede,” vertel sy hartseer.

Dit is juis hoekom sy die gemeenskap aanhoudend op haar sosialemediablad aanmoeding om nooit stil te bly oor kindermishandeling nie. “Ons is die stem van die weerloses. Die onskuldige kinders ly altyd daaronder weens onverantwoordelike volwassenes.”

Tussen al hierdie seer bly dit lekker om te weet sy maak 'n verskil in baie families te lewe. “Dis 'n bietjie meer hoop en nuwe moed wat ons onder mekaar skep,” sê sy.

Volgens haar kan diegene wat skenkings ontvang, met nuwe moed na die lewe kyk nadat hulle na daaraan was om op te gee.

Sy is dankbaar vir die families wat haar weer kontak sodra dit met hulle beter gaan. “Ek het kontak met meeste van die families, in goeie en slegte tye, en dit gee natuurlik nuwe moed as ek hoor dit gaan weer bietjie beter met hulle.”

Ilanza put inspirasie daaruit om maniere te vind om haar passie en doelwitte te verbind.

“Dit is wanneer jou hart en siel tegelykertyd saamwerk en jou inspireer en aanspoor om aksie te neem.”

Indien jy wil betrokke raak of 'n behoefte het, kan Ilanza via haar Facebook-blad gekontak word.

Similar News

 

Staff changes at Nampol

3 weeks ago - 15 July 2020 | People

The Inspector General of the Namibian Police Force announced a number of changes of position in the force.• Deputy Commissioner Moritz Norres !Naruseb has been...

Poor countries fail to support learners at risk –...

1 month - 12 June 2020 | People

Fewer than 10% of countries have laws that help ensure full inclusion in education, according toUnesco’s 2020 Global Education Monitoring Report: Inclusion and education –...

Father, daughter moments on paper

4 months ago - 01 April 2020 | People

Windhoek • [email protected] simple these words seem, yet how deep they are! How easy it is to type something on a piece of paper for...

A lifetime for Delta

5 months ago - 21 February 2020 | People

Windhoek’s Delta Primary School (DSW) is 50 years old today. To see what happens behind the scenes at, Evelyn Rosar of the Allgemeine Zeitung accompanied...

Japie hardloop vir bejaardes

5 months ago - 17 February 2020 | People

Yolanda Nel - Fiksheidsinstrukteur Japie Greyvenstein is besig om geld vir die bejaardes van Senior Park in te samel en maak só deur aan die...

‘Nou begin die lewe eers!’

5 months ago - 11 February 2020 | People

Evelyn Rosar - Dis 08:30 en koffie en tee word by die Oude Rust-oord in Windhoek bedien. Oupa Harry gaan sit saam met die ander...

Big smiles from Godfried

8 months ago - 19 November 2019 | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

8 months ago - 14 November 2019 | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Bederf ’n boervrou

9 months ago - 16 October 2019 | People

Yolanda NelMiljoene dollar is reeds ingesamel om boere regoor die land by te staan gedurende die droogte wat honderde moedeloos laat. En nou is dit...

Die verhaal van Mamma Afrikaner

9 months ago - 14 October 2019 | People

Yolanda Nel Die eens kleurvolle gebou in Dolam, Katutura, kort dalk bietjie aandag maar binne skyn die harte van die mense helder. Moria Grace is...

Latest News

Two new classroom blocks for...

2 hours ago | Education

The A.I Steenkamp Primary School in the capital received two classroom blocks worth N$1.1 million consisting of five new pre-primary classrooms and a storeroom from...

Lazarus Jacobs heads up NBC...

2 hours ago | Business

The minister of information and communication technology Peya Mushelenga announced that Cabinet endorsed the appointment of businessman Lazarus Jacobs (pictured), as the new board chair...

Virtual relay a running success

22 hours ago | Sports

A total of 348 participants, comprising 87 teams of four, took part in Bank Windhoek’s Virtual Relay last weekend.A first for Namibia, the charity-based event,...

Create your ultimate home theatre

22 hours ago | Life Style

Lockdown has caused the re-emergence of drive-in cinemas and increased the demand for at-home theatres.According to Adrian Goslett, Regional Director and CEO of RE/MAX of...

Emvula to head Ninety One

22 hours ago | Business

Ninety One (previously Investec Asset Management) announced the appointment of Eino Emvula as Managing Director for Namibia & Africa ex-SA.Emvula will join Ninety One from...

Chill with Windhoek Express

22 hours ago | Art and Entertainment

Recurring events• 08:00 The Village Farmer's Market in Liliencron Street takes place every Saturday until 12:00. Buy fresh, locally produced goods and engage in healthy...

HIV patients resume treatment ...

23 hours ago | Health

More than 4 000 Namibian HIV patients who stopped taking their antiretroviral medication have resumed treatment thanks to the United States’ food assistance program. ...

Sport awards called off

1 day - 05 August 2020 | Sports

The 17th edition of the Namibia Annual Sports Awards (NASA) was called off on Wednesday by the Namibia Sports Commission (NSC).The awards were scheduled for...

Quick work saves pangolin

1 day - 05 August 2020 | Environment

During a first of its kind cooperation between US Law Enforcement and the Namibian Police (Nampol), four suspected pangolin traffickers were arrested in Namibia on...

Load More