Dié Sweed laat die koppe draai

2019 Volvo XC60 D4 AWD R-Design

16 September 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz

Die nuwe Volvo XC60 is onder andere bekroon as 2018 se Wêreld Motor van die Jaar en dit op sigself spreek boekdele.
Ons het onlangs die 2019 model XC60 D4 in die sportiewe R-Design afwerking vir ’n week bestuur en was verbaas hoeveel aandag die luukse Sweedse SUV getrek het. Toegerus met groot 21” wiele, het die middelgrootte sportnuts sportief en aggressief vertoon.
Die speelveld waarin die XC60 meeding is uiters kompeterend en ding dit mee teen swaargewigte soos die gerekende trio uit Duitsland: Die Audi Q5, BMW X3 en Mercedes-Benz GLC. Dan is daar ook die bekroonde Range Rover Evoque en Jaguar se E-Pace vanuit Elizabeth se koninkryk wat ewe hard aan die deur klop met ’n handvol minder gerekende en ook goedkoper teenstanders van Renault, Peugeot, Ford, Opel, Toyota om maar net ’n paar te noem.
Die jongste generasie XC60 het reeds in 2018 met verskeie modelle by ons gedebuteer, maar dit is die eerste keer dat ons die D4 weergawe kon toets.
Waar “D” in die modelnaam op dieselaandrywing dui, is die “4” weer ’n verwysing na die enjin se kraguitset. Volvo gebruik steeds net ’n 2.0 liter kragbron vir al sy enjins, maar bied verskillende kragleweringsvlakke deur gebruik te maak van slim enjintegnologie en turbo-opsies.
In D4 gewaad, lewer die 2.0 liter 4-silinder turbodiesel 140 kW en 400 Nm wat wakker verrigting en heerlike krag deur die toerestrek lewer vir ’n uiters aangename bestuurservaring op die pad.
Gelaai met vyf volwassenes en ’n laairuimte vol bagasie, het ek die pad Stilbaai toe aangepak en was aangenaam verras met die XC60 se verrigting en brandstofverbruik tydens ons meer as 800 km reis.
Ons kon weliswaar nie Volvo se amptelike brandstofverbruik van 5.2 l/100 km ewenaar nie, maar dan weer is dit nooit my doel om brandstofverbruik na te jaag nie. Ek verkies om die dinamika en verrigting van die voertuig te geniet.
Aandrywing is na al vier die wiele met behulp van ’n gladde 8-spoed outomatiese ratkas.

Katoeters
Soos alle hedendaagse Volvo’s is die XC60 geen uitsondering waar dit die bekende praktiese uitleg, skoon lyne en minimalistiese benadering tot skakelaars en instrumentasie aangaan nie. Volvo stel die standaard waar dit gebruikersvriendelike doelmatigheid van katoeters in die kajuit aangaan.
Afgesien van die aantreklike kajuit, is die afwerking en materiale van hoogstaande gehalte met ’n luukse voorkoms en gevoel. Die Sweedse planmatigheid het ook gesorg vir praktiese geriefies soos etlike stoor en bêreplekke, selfs vir klein items.
Die R-Design Premium Pack (N$73 000) pakket sluit onder meer in verhitte voorsitplekke, 360˚ kamera, parkeerhulp, 21” wiele, en ’n fenominale Bowers & Wilkins klankstelsel.
Bagasieruimte bied 505 liter en kon vyf van ons se naweekgoedjies gemaklik hanteer. Ons toetsmotor was toegerus met opsionele lugvering (N$27 000) wat ook die voordeel bied dat die agterkant met die druk van ’n skakelaar in die bagasieruim gesak kan word om inlaai te vergemaklik.

Paddinamika en verrigting
Die R-Design stileringspakket, met die pragtige 21” wiele, beklemtoon die XC60 se sportief aggressiewe voorkoms, maar ongelukkig word ritgehalte benadeel deur die lae profiel bande. Tog, danksy die lugvering was die ritgehalte egter in geheel aangenaam. Ons het egter ’n band verloor na net 4 km op ’n relatief goeie grondpad wat vir enige SUV in hierdie segment maklik begaanbare terrein behoort te wees.
Op die ooppad was die XC60 D4 in R-Design ’n fees om te bestuur, met goeie greep en stuurgevoel wat gesorg het vir uitstekende hantering en padgedrag. Die 400 Nm wringkrag wat reeds teen lae toere beskikbaar en gemaklik deur die toerestrek kon hardloop, het verbysteek selfs teen opdraendes moeiteloos gemaak.

Slotsom
Vir my kies ek die XC60 as ’n pakket soos getoets, bo sy eweknieë uit Duitsland. Met Inscription-afwerking en R-Design pakket is die 2019 XC60 vir my die mooiste SUV in sy segment. Die 2019 Volvo D4 AWD Inscription R-Design met die opsionele lugvering soos getoets, verkoop teen om en by N$900 000 (standaard om en by N$740 000) wat ’n onderhoudsplan en waarborg van 5 jaar/100 000 km insluit. Dienste moet elke 12 maande of 20 000 km gedoen word.

Similar News

 

Warm Hyundai i30N laat harte vinniger klop

4 days ago - 20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDrie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste...

Volkswagen T-Cross – Prettige buks wat harte verower

3 weeks ago - 31 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzTerwyl motorkopers wêreldwyd na bekostigbare kompakte sportsnutse neig wat suinig op die beursie loop, sal vervaardigers wat daarin slaag om die regte kombinasies in...

Mahindra se Pik (me) Up S11

1 month - 23 January 2020 | Motors

Dirk GallowitzMahindra het sopas hul Pik Up S11 met outomatiese ratkas in Suider-Afrika bekendgestel – die eerste land in die wêreld om dit te doen.Mahindra...

Hyundai se nuwe Venue

2 months ago - 11 December 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk Gallowitz Kompakte es-joe-wees is tans die gewildste onder motorkopers. Ekonomies, bekostigbaar en moderne vervoer waarmee weeksdae die tekkie op die teerpad tjank...

New look for TrenTyre

3 months ago - 12 November 2019 | Motors

TrenTyre officially re-opened doors to its revamped Windhoek branch last weekend and amongst the changes that customers can look forward to, are a modernized look...

For hauling really heavy stuff!

3 months ago - 11 November 2019 | Motors

Autohaus MAN Truck & Bus delivered the first ever MAN TGX 41.680 8x4/4 Heavy Abnormal Truck Tractor in Africa, dubbed the “Black Lion” last week.The...

Epic Battle of the Brands for Cancer

3 months ago - 04 November 2019 | Motors

Some great off-road action took place at the Tony Rust Race Track outside Windhoek recently, where the Battle of the Brands for Cancer burst out...

Buying a car? Here’s a practical guide

3 months ago - 31 October 2019 | Motors

WesBank has introduced a handy eBook titled Adulting 101 - a practical car buying guide for young professionals, to help graduates and first-time car buyers...

Space for the family

4 months ago - 17 October 2019 | Motors

Barry de KlerkPeople movers are the new sports cars.Well, probably not, but you can still get all the perks in your 7-seater – especially if...

Toyota se RAV4 GX-R meer SUV as MPV

4 months ago - 14 October 2019 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzToyota het baanbrekerswerk gedoen toe die eerste RAV in 1994 in Japan en Europa bekendgestel is ná die eerste konsepvoertuig in 1989...

Latest News

Don’t miss Mosley!

3 hours ago | Art and Entertainment

Mosley is a 2019 computer–animated film produced by New Zealand animation company Huhu Studios. It was written and directed by Kirby Atkins who stars in...

Tech Talk inspires youth

3 hours ago | Education

Capricorn Group advocates future forward-thinking, which is essential in the ever-changing, disruptive economic environment that the world face today.In this light, the group hosted a...

Drought and life explored in...

3 hours ago | Art and Entertainment

Windhoek • Marieta van RooyenOn Friday (28 February) Lisa Voigt’s exhibition The Fifth Seasons opens at The Project Room in the capital.The Fifth Season is...

Hanteer jou ‘bestuurder uit die...

3 hours ago | Life Style

Kaapstad • Dr Alec BassonOm ’n bestuurder uit die bose te hê, kan baie mense se droomwerk in ’n nagmerrie laat ontaard.Ter wille van oorlewing,...

Song Night 2020 kicks into...

14 hours ago | Art and Entertainment

RMB Song Night is back and this year promises an entirely new level of showmanship.Being consistent and even exceeding in expectations of nurturing the Namibian...

A decade of shooting hoops

15 hours ago | Sports

Celebrating 10 years of changing lives was the theme at the 10-year anniversary at the Basketball Artists School (BAS) held over the weekend.The celebration which...

Craven, Adrian win again

16 hours ago | Sports

Dan Craven and Vera Adrian were crowned national champions after winning the Nedbank Namibia National Road Cycling Championships on Sunday.The race saw riders cycling to...

Soccer's Nawaseb signs with Uzbek...

16 hours ago | Sports

Brave Warriors and Black Africa striker McCartney Nawaseb signed a two-year professional contract with Qizilqum Zarafshon Football Club, a team that plays in Uzbekistan’s top...

Use grey water to maintain...

16 hours ago | Life Style

The increase in droughts across Southern Africa has resulted in an urgent call for everyone to become waterwise and find alternative water sources.Homeowners who have...

Load More