Die kind sonder 'n glimlag

Met 'n probleem wat nie onder beheer gebring kan word nie, help een sentrum waar hulle kan, een kind op 'n slag.

10 December 2018 | Local News

As mense wil ons so graag help, maar 'n noot in die hand is nie die oplossing nie. Inteendeel, dit vererger net die situasie. Maggy Katimba, naskoolsentrum

Yolanda Nel - Dis die kind sonder 'n tikkie hoop in sy oë, wat op 'n straathoek staan in verslonsde klere en vra vir net N$1, wat aan jou hart trek en jou laat wakker lê in die nag.

As jy vir elke kind wat jy daardie dag gesien het, net N$1 gee, was jy vandag N$10 armer en hulle soveel meer ryker. Want jy voel nie daai kleingeld aan jou sak nie en jy sus jou gewete dat jy vandag 'n kind gehelp het.

Jy en 299 ander mense net soos jy.

En daai kind glimlag vanaand breed en ongelukkig nie al die pad bank toe nie. Eerder bottelstoor toe. Of hy gaan staan op 'n ander hoek en wink vir iemand wat dan met 'n toor-pilletjie vorendag kom wat alles beter maak.

“Jare gelede het die kinders op straat dagga gerook en bier gedrink,” vertel Maggy Katimba van die naskoolsentrum van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn. “Nou gebruik hulle dwelms soos kokaïen en die verslawing ruk handuit,” vertel sy.

“As mense wil ons so graag help, maar 'n noot in die hand is nie die oplossing nie. Inteendeel, dit vererger net die situasie. Dit gee vir hulle 'n rede om op die straat te bly en dis hoekom straatkinders volwassenes word wat steeds op straat bly en nie werk nie.”

Een van die programme wat die nasorgsentrum aanbied is juis 'n skuiling vir kinders met geen ander heenkome nie. Hier word hulle voorsien van 'n plek om te slaap en 'n bord kos. Maar dit is nie 'n permanente oplossing nie. Soms is daar kinders wat daarna in weeshuise geplaas word en hulle is darem van die straat af.

Een so geval is Jonathan* (13). Hy is al twee jaar betrokke by die sentrum ná hy van die straat verwyder is en in 'n weeshuis geplaas is. Hy sê dié dat hy nie op straat hoef te wees nie, het sy lewe verander.

“Ek is in my ouerhuis mishandel en herhaaldelik aangerand. Daaroor het ek besluit om eerder op straat te bly,” sê hy. Hier het hy soms dae lank sonder kos gegaan. Hy het selfs 'n paar keer probeer huis toe gaan, maar die situasie daar het nooit verbeter nie.

“Die ander kinders by die nasorgsentrum het my familie geword,” sê Jonathan en voeg by, “jou lewe kán anders uitdraai. Jy kán 'n verskil maak as jy besluit om die hulp te vat wat vir jou aangebied word.”



Diefstal

Terwyl die sentrum probeer help waar moontlik, loop dit ook erg onder inwonende diewe deur. “Van die kos tot die matrasse is al gesteel. Enige iets wat verkoop kan word vir die volgende high,” sê Maggy.

En dit is waar die probleem lê.

“Ons het nie 'n rehabilitasiesentrum vir kinders nie en die ministerie het nie die kapasiteit om die probleem alleen te hanteer nie. Die probleem met straatkinders is onsettend groot en die kinders kom van so ver as Gobabis en Mariental. Tog probeer ons help waar ons kan en daar is wel 'n paar suksesverhale,” sê Maggy.

Ander programme by die nasorgsentrum sluit skool- en familie-integrering in.

“Die doel is om kinders binne formele of informele onderrigstelsels te integreer en hulle staan families by om seker te maak die kinders gaan nie weer na die straat toe nie.”

Hulle bied ook 'n verskeidenheid van aktiwiteite na-skool aan, van kuns en kultuur tot sport soos sokker, boks en netbal, om die kinders besig te hou. Daar is ook 'n biblioteek en 'n rekenaarklas.

“Almal sien net die kinders op straat raak, niemand is bewus van die feit dat ons 125 kinders daagliks besig hou om te verseker hulle gaan nie weer terug strate toe nie,” sê sy.

Similar News

 

Konsternasie oor advertensiebord

1 week ago - 10 March 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel'n Inwoner van Windhoek is woedend ná hy in 'n motorongeluk betrokke was wat hy toeskryf aan 'n advertensiebord wat motoriste se...

OKH councillors ignore deadline

1 month - 10 February 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda NelA letter from the office of the secretary general of the SWAPO party, Sophia Shaningwa, stated that the swearing-in of local authority...

Forumlede staan voor /Goagoses

1 month - 10 February 2019 | Local News

Yolanda Nel Lede van die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum (RCDF) is Woensdag na die dorpsraad se kantoor ontbied ná ’n advertensie van ’n beplande massavergadering op...

Rehobothers boikot vulstasie

1 month - 10 February 2019 | Local News

Yolanda NelNa jare se beweerde mishandeling en swak diens deur personeel, staan die pendel-gemeenskap van Rehoboth nou saam om ’n vulstasie in die hoofstad te...

Omitara in a sorry state

1 month - 10 February 2019 | Local News

Lack of access to land, limited employment opportunities, drugs and alcohol abuse are all factors that contribute to high poverty and crime levels in the...

Hard work pays off for youth

1 month - 03 February 2019 | Local News

Yolanda Nel • WindhoekIn a community where running water and electricity is a luxury, a group of girls has pro-ven that it is up to...

Gobabis wants locals employed

1 month - 03 February 2019 | Local News

Employing locals from a specific area will not only benefit the people but the community at large, says Gobabis municipality's chief executive Ignatius Thudinyane.He feels...

Grondsmouse moet ligloop

1 month - 03 February 2019 | Local News

Yolanda Nel • RehobothRehobothers wat hulself daaraan skuldig maak om grond wat aan die ­dorpsraad behoort te koop en verkoop, sal moet ligloop.Die Rehoboth dorpsraad...

’n Slang in die gras

3 months ago - 17 December 2018 | Local News

Yolanda Nel - Ná ’n hondjie sy mense-familie van ’n moontlike sebraslang-aanval gered het, het die buurtwag vir hom ’n baie spesiale toekenning gegee.Simba, die...

Firefighters ready for any emergency

3 months ago - 17 December 2018 | Local News

The American Embassy facilitated the sixth and final visit by instructors and experts from the United States Forest Service (USFS) to conduct training on the...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More