Die reuke loop op Tuindorp oor

14 October 2019 | Infrastructure

Yanna Smith

’n Verstopte rioolpyp het ’n geweldige klankie in die industriële area en sekere woonbuurte van Okahandja veroorsaak, met besighede wat verlede week oor die afvalwater gekla het wat soos ’n rivier deur die gebied geloop het.
Hulle het gesê die stank was ondraaglik en omdat hulle geen idee gehad het wat die water bevat nie, het baie ompaaie na hul besighede gery om die stroom te vermy.
Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, me. Martha Mutilifa, het teen Sondag nog nie op e-posse of telefoniese oproepe gereageer nie. Windhoek Express se susterskoerant, Namibian Sun, het dus gaan ondersoek instel. Dit blyk die water loop vanaf ’n pompstasie agter die Meatco-aanleg af wat sedert 2016 as ’n koelkamer gebruik word.
Volgens me. Rosa Hamukuaja-Thobias, bestuurder van korporatiewe aangeleenthede by Meatco, het die rioolstroom hulle aanleg op 1 Oktober bereik en dit gevloed. Die situasie is onmiddellik by die munisipaliteit aangemeld. “Dit gebeur as daar ’n verstopping in die hooflyn van die riooldamme is,” het sy gesê en bygevoeg dat Meatco glad nie water vir produksie gebruik nie.
Die aanleg was twee keer daardie week onder water en produksie moes gestop word as gevolg daarvan.
Volgens Hamukuaja-Thobias vind die blokkasies en stortings plaas wanneer die ABInBev-brouery giswater vrystel en was die probleem reeds voor 2016 erger toe Meatco nog slagwerk gedoen het.
ABInBev het in Augustus 2014 sy eerste bier by die Okahandja-aanleg gebrou.
Hamukuaja-Thobias het gesê antwoorde moet by die munisipaliteit gesoek word. “Die gryswatepyp is slegs vir Meatco se doeleindes gebou. Met al die nuwe ontwikkelings, insluitend die brouery, kan die lyn die volumes eenvoudig nie hanteer nie,” het sy gesê.
Die bestuurder van korporatiewe sake by ABInBev, Maija-Liisa Prinzonsky, het geweier om antwoorde te verskaf en net gesê sy sal self ondersoek instel. Opvolg oproepe is tot dus ver nie beantwoord nie.
Hamukuaja-Thobias sê Meatco het al herstelwerk aan die rioollyn gemaak, “maar niks kom van die ander rolspelers – insluitend die munisipaliteit – wat dieselfde lyn gebruik, nie,” het sy gesê.
’n Kenner oor watertoevoer in die sentrale gebied wat anoniem wou bly, het gesê die effek van afvalwaterbestuur, nie net in Okahandja nie maar ook in Windhoek, kan duidelik gesien word in die laaste paar jaar toe swak neerslae ontvang is.
“Die toename in die gehalte van water in die Swakoppoortdam kan duidelik gesien word tydens goeie reënseisoene soos in 2016/17 toe die dam water uit die Sney- en Ongeama-riviere ontvang het en wat albei buite Windhoek en Okahandja se dreineringstelsel lê. Dit wys daarop dat stormwaterafvoer vanaf beide dorpe ’n groot invloed op waterbesoedeling het. ”

Similar News

 

Millions for electrification

2 days ago - 21 February 2020 | Infrastructure

The City Council has decided to answer to the call of its residents by investing N$14 million, for the electrification of about one thousand two...

Neighbours appeal against CoW decision

3 days ago - 20 February 2020 | Infrastructure

Yolanda Nel – Neighbours of a proposed three storey dwelling in Xena Street, Windhoek, have appealed against the City of Windhoek after the municipal council...

Fibre fight continues

6 days ago - 17 February 2020 | Infrastructure

Yolanda Nel Although the City of Windhoek (CoW) indicated two years ago that they won’t continue allowing IT service provider Paratus to install fibre optic...

Paratus and CoW clash

1 week ago - 14 February 2020 | Infrastructure

Yolanda NelParatus employees who were digging trenches for fiber-optic connections in the capital yesterday, were stopped when equipment and the contractor's truck were seized by...

Airports get green light

2 weeks ago - 06 February 2020 | Infrastructure

The Namibia Airports Company (NAC) announced that the operating licences of the Hosea Kutako International Airport (HKIA), Walvis Bay International Airport and Andimba Toivo ya...

Neighbours object while City approves plans

2 weeks ago - 03 February 2020 | Infrastructure

Yolanda Nel Plans to relax a 5 and 7 meter building line as well as building consent for a three storey dwelling in Xena Street,...

Residents owe City close to N$1 billion

3 weeks ago - 31 January 2020 | Infrastructure

Yolanda Nel - As at 31 December, residents owe the City of Windhoek N$935 million, of which N$663 million is past due and owed over...

Support for desalination

3 weeks ago - 30 January 2020 | Infrastructure

Windhoek and our coastal towns are under pressure to meet increasing water supply demands at a time when resources are becoming ever more unreliable and...

Airport facelift progressing well

3 weeks ago - 30 January 2020 | Infrastructure

The renovation of Hosea Kutako International Airport is expected to be complete by September, which should enable the airport to handle double the current number...

NHE housing project starts in January

2 months ago - 12 December 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel A total of N$2.8 million from a N$10 million budget will be used by the National Housing Enterprise (NHE) to build eight houses...

Latest News

Housing market remains stable

2 days ago - 21 February 2020 | Economics

The rental market continues to bottom-out although at a moderate pace. In effect, the FNB Rental Index as at December 2019 shows a contraction of...

Eduvision’s e-learning celebrates successes

2 days ago - 21 February 2020 | Education

Through the FirstRand Foundation, FNB joined stakeholders and partners to celebrate the success and the ongoing work of the Eduvision Project.The project shares expertise and...

Wicket cricket!

2 days ago - 21 February 2020 | Sports

Cricket Namibia launched the third edition of the Richelieu Namibia Cricket Franchise T20 on Thursday, where four teams made their draft picks for this year’s...

Millions for electrification

2 days ago - 21 February 2020 | Infrastructure

The City Council has decided to answer to the call of its residents by investing N$14 million, for the electrification of about one thousand two...

A lifetime for Delta

2 days ago - 21 February 2020 | People

Windhoek’s Delta Primary School (DSW) is 50 years old today. To see what happens behind the scenes at, Evelyn Rosar of the Allgemeine Zeitung accompanied...

Lending a helping hand

2 days ago - 21 February 2020 | Local News

Yolanda Nel It only takes one moment to see the need of a single person to completely change your outlook on life – making you...

Warm Hyundai i30N laat harte...

3 days ago - 20 February 2020 | Motors

Kaapstad • Dirk GallowitzDrie jaar ná die i30N in 2017 by die Frankfurt Motorskou sy buiging gemaak het, is dit begin Februarie ten einde laaste...

Top Namibian cosmetics at Vivaness

3 days ago - 20 February 2020 | Art and Entertainment

The Namibia Network of the Cosmetics Industry (NANCi) sent a delegation of ten SMEs to exhibit Cosmetics Made in Namibia at the Vivaness 2020 organic...

Rugby trials for Barthés Trophy

3 days ago - 20 February 2020 | Sports

The Namibia Rugby Union (NRU) has called up 47 players for a training and trials camp in preparation for the 2020 edition of the U/20...

Load More