Die verhaal van Mamma Afrikaner

14 October 2019 | People

Yolanda Nel Die eens kleurvolle gebou in Dolam, Katutura, kort dalk bietjie aandag maar binne skyn die harte van die mense helder.
Moria Grace is ’n huis vir amper 130 kinders en selfs met byna niks, is daar steeds ’n glimlag op die kindergesiggies.
“Die Here dra ons,” vertel die huismoeder Wilhelmina Afrikaner. Op 10 Oktober het die huis van veiligheid sy 36ste bestaansjaar herdenk.
Wilhelmina was ’n tiener toe sy in Windhoek beland het. “Ek het altyd gedink Windhoek is ’n plek waar mens goed kom optel; mooi klere en duur karre,” sê sy.
Marta, soos Wilhelmina haar geken het, het haar destyds oor Wilhelmina ontferm toe sy as 15-jarige ’n beter toekoms vir haarself kom soek het. “Daar by die asgate in Pionierspark, daar het ons gebly,” vertel sy oor daardie dae. Daar kon hulle minstens rondkrap vir kos.
Dit was nie die maanskyn en rose wat sy vir haarself voorgestel het nie.
“As die mans verby gekom het, het jy dit gevat, in jou mond en enige ander plek waar hulle wou,” onthou sy en sê hulle was daar vir die mans om te gebruik. “As jy hulle eerste gesien het, het jy maar nader geloop om dit te vat, anders skop en slaan hulle jou éérs.”
Reënwater was die enigste nattigheid wat hulle kon drink. En as dit nie gereën het nie? “Dan drink jy maar jou piepie,” sê sy ernstig.
’n Wit vrou, wat Wilhelmina ‘ouma’ genoem het, het haar oor Wilhelmina en Marta ontferm en soms kos gebring. “Dan het ons Oros gedrink en pap geëet.”
Wilhelmina vertel dat daar op ’n dag groot swartsakke vullis kom weggooi is. “Ons het gedink dit was dalk vleis, maar toe ons die sak oopmaak, toe sien ons dis [wat oor is] van kinders,” sê sy sag. Hulle het toe gedink daar is ouers iewers wat dink hulle kinders is ontvoer, maar dalk is hulle eerder raakgery en om die polisie te vermy, is hulle klein liggaampies op die ashoop kom weggooi.
Vir Wilhelmina was die sestigerjare ’n moeilike tyd.
Sy maak haar oë toe en raak vir ’n oomblik stil. Haar oë is tranerig toe sy dit weer oopmaak. “Eendag het daar ’n man gekom en vir Marta gegryp. Ons ander het gaan wegkruip, maar kon sien wat met haar gebeur. Marta het aanhou gil ‘Hou die kind – dis nou ek – binne’,” sê sy.
Marta is daardie dag herhaaldelik verkrag. “Sy is soos ’n hond geskop. En die dumpy... ek onthou die dumpy, nog vol,” sug sy. “Jy kan jou net indink wat met haar gebeur het.”
Toe hulle by Marta kom was daar bloed oral. Marta is later daardie dag net daar dood, sê Wilhelmina. “Ek het iemand gaan soek om my dood te maak, maar daardie dag was daar niemand nie.”
Ouma het die volgende dag kom kos aflewer en Wilhelmina het haar van Marta vertel. Hulle het in mekaar se arms gehuil. Die ou vrou het haar toe weer oor Wilhelmina ontferm en na haar vriendin, Elmien Atkin, se huis geneem waar sy verder groot geword het. “Daai was my ma en ek was ’n kind in hulle huis,” sê sy met ’n klein glimlag.
“Dis hier waar ek gesien het hoe los vroue hul kinders op straat sodat hulle kan gaan suip,” sê sy.
Wilhelmina wou só graag iets daaraan doen.
Kort daarna het sy straatkinders gekry en hulle deur die dag in Elmien se huis begin oppas. Só is Moria Grace gebore. “Ek was gou in die moeilikheid en ‘belangrike mense’ van die welsyn het my opleidingssertikate kom vra. Ek onthou nog ek het my hande na hulle uitgestrek en gesê ‘hierdie is my sertifikaat’. Die Here het vir my twee hande gegee sodat ek iets kan doen waar daar nood is.”
Skaam laat sak sy haar kop. “Ek het my lyf verkoop om geld te kry om vir kinders ’n heenkome te bied. Sodat hulle nie meer doodgemaak word nie.”
’n Man van Duitsland het later vir haar N$20 000 geskenk, waarmee sy die erf gekoop het en die gebou opgerig is waar Moria Grace nou geleë is.
Hoewel dit vir ’n bietjie meer as ’n jaar ’n staatssubsidie ontvang het, is dit gestop, “omdat dit ’n privaat plek van veiligheid is,” aldus Wilhelmina.
En tog, ten spyte van baie teëspoed, is Wilhelmina Afrikaner vandag – 36 jaar later – die ma van 124 kinders.

Similar News

 

Big smiles from Godfried

2 hours ago | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

Nie net sommer ‘airbrushing’ nie

5 days ago - 14 November 2019 | People

Yolanda NelEzville Husselman van Rehoboth kom uit ’n kunstige familie en nou het sy stokperdjie ’n volwaardige besigheid geword.Ezville is op Rehoboth bekend vir sy...

Bederf ’n boervrou

1 month - 16 October 2019 | People

Yolanda NelMiljoene dollar is reeds ingesamel om boere regoor die land by te staan gedurende die droogte wat honderde moedeloos laat. En nou is dit...

Welkom terug, dr. Glen-Spyron!

2 months ago - 17 September 2019 | People

Windhoek • Gerine Hoff Vir die eerste keer in baie jare beskik Windhoek, en die land, oor ’n periodontis van ons eie met dr. Olivin...

Edgy young designer dreams big

2 months ago - 03 September 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelWith a passion for fashion, this young designer is the talk of the town thanks to his extravagant, colourful outfits.Simeone Johannes has...

Changing faces at CAN

2 months ago - 25 August 2019 | People

There’s been some moving and shaking at the Cancer Association of Namibia, with two new staff members that recently joined the organisation.Sister Aina Nghitongo is...

Namibia's own Stevie Wonder

2 months ago - 25 August 2019 | People

Tanja Bause “My biggest dream in life is to be a radio presenter. I want to tell people stories and entertain them,” says Harry Rheeder...

Chasing dreams

2 months ago - 25 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw Soulful vocalist Vernice Plaatje (26) recently returned to Walvis Bay after a three-year internship at Hillsong South Africa. She...

Yes, yes, Yessonia!

2 months ago - 25 August 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-born Sonia Shalukeni (31) aka Yessonia, is really making waves in the local music industry following the release of her latest singles.Yessonia...

Vlinders vlieg hoog

3 months ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Latest News

Fintech lets you say no...

19th of November 16:15 | Technology

Llewellyn le HanéMoney is dangerous, it’s bulky, smelly, dirty. Processing and getting the money from a shop, restaurant, café or any other place of business...

Cash injection for Omaheke projects

19th of November 15:49 | Infrastructure

The Omaheke Regional Council allocated N$8.5 million to 128 community projects through its community development programme. Each of the seven constituencies in the region received...

There’s a fine line…

2 minutes ago | Art and Entertainment

Swakopmund • [email protected] opening of a solo exhibition by Michael Mansfield titled A Fine Line took place at Die Muschel in Swakopmund on Friday.Mansfield is...

KfW and NamPost support SMEs

1 hour ago | Business

The German development bank KfW and NamPost supporting small and medium enterprises and households in rural areas with a concessional loan of N$325 million. The...

Blood donors celebrated

1 hour ago | Local News

The Blood Transfusion Service of Namibia (NamBTS) recently awarded milestone donors who have showed continued commitment in helping save lives through the altruistic act of...

Big smiles from Godfried

2 hours ago | People

Two years have passed since Godfried Siwombe arrived at the Hollard office with hope in his eyes. He was only 7 years old when he...

A real treasure chest!

2 hours ago | Education

A new reading room called the “Schatzkiste” (treasure chest) was officially opened and inaugurated during a small ceremony at the pre-school and language development department...

Long course year comes to...

2 hours ago | Sports

Last weekend, the last Bank Windhoek Long Course Gala for the year took place at the Western Suburbs Municipal Pool in Windhoek. Hosted by Dolphins...

Namibians their own worst enemy

10 hours ago | Local News

Yolanda Nel More than 4 000 people lost their lives on Namibian roads since 2014. Of this number, 509 have diedon Namibian roads so far...

Load More