Die vloer hulle klaskamer
08 February 2018 | Education
Minstens tien leerlinge in elke graad 8-klas gaan sonder ’n lessenaar of stoel skool.
Leerlinge wat anoniem wou bly, het gesê hulle is moedeloos en kan nie hulle skoolwerk doen nie. “Hoe verwag die skool ons moet in eksamens presteer as ons al die afgelope maand op die vloer moet sit om te leer?” wou een leerling weet.
Die skoolhoof, Dorcas Ndokosho, het die tekort aan lessenaars en stoele toegeskryf aan die groot aantal leerlinge wat vanjaar vir graad 8 inskryf het. Elke klas het tussen 45 en 47 leerlinge.
“Die sitausie is ’n bron van kommer en ons sit met ons hande in ons hare daaroor,” het sy gesê.
Sy het gesê hulle maak gebruik van ou skoolmeubels wat hulle self regmaak, maar dat dié pogings eintlik maar ’n druppel in die emmer is in terme van die situasie aanspreek.
Sy het gesê die kwessie is by die Omahekestreek se onderwysdirektoraat aangemeld, wat gesê het hulle sou die probleem as ’n saak van dringendheid aanspreek. “Ons maak nou op die streekskantoor staat om iets daaraan te doen. Maar vir nou bly die situasie dieselfde,” het sy gesê. – Nampa