Die wêreld het kleur nodig!

'n Bietjie kleur is soms al wat 'n muur nodig het om nuwe lewe in 'n vertrek te blaas, en dit is presies wat 'n kunstenaar op Gobabis doen.

24 March 2019 | People

Ida Smith, kunstenaar; Ek wil graag vakansiegangers, veral toeriste, se gunstelingvakansiefoto's op skilderdoek vaslê.

Gobabis • Yolanda Nel



'n Kruispad het 'n kunstenaar gedwing om haar kunstalent voltyds uit te leef.

'n Jaar later is sy beslis nie spyt nie.

Hoewel Ida Smith al van kleintyd af teken, het sy haar passie vir skilder en verf 'n bietjie meer as 'n jaar gelede eers voltyds begin najaag.

“Ek het ontdek ek kan geld met my drome verdien,” sê sy opgewonde.

Dit het gekom nadat sy by 'n kruispad gekom het en gedwing is om 'n besluit te neem.

“Dit was toe tyd om eindelik voluit my kunstalent te gebruik en daarvan 'n lewe te maak – iets wat ek al lankal moes doen,” erken sy.

Ida glo die wêreld het kleur nodig en dat daar 'n behoefte is aan prentjies op vaal mure. “My inspirasie lê daarin om 'n ou oppervlak weer nuut te laat lyk met verf, of om 'n kaal oppervlak te kan omskep in een wat lewe.”

Vir haar is hierdie kuns baie terapeuties. Hoewel sy heeldag op haar voete is, raak sy nie sommer moeg nie. “Ek kan verf tot die son ondergaan en dit nie eens besef nie, want hierdie 'werk' geniet ek geweldig,” vertel sy.

Sy sê ook nooit “nee dankie” vir 'n uitdaging nie.

“Elke nuwe projek, soos 'n uitermatig hoë of groot muur, of 'n moeilike prentjie, gee my nuwe energie met hope adrenalien.”

Sy geniet dit terdeë om met kliënte te werk.

“Hulle het soms hul eie idees, maar ander soek weer raad,” sê sy. Die beste is wanneer kliënte vir haar sê 'hier is vir jou 'n muur, geniet jouself'. “Dan raak ek weer kind en speel is mos maar lekker,” lag sy.



Rondreis

Hoewel Ida op Gobabis woon, ry sy na waar ook al 'n muur haar hulp nodig het. “Ek ry graag die hele land vol en my 'Rooi Ferrari' - my betroubare Toyota Hilux, se wiele draai graag.”

Sy was die afgelope week by die kus en het al in Windhoek, Okahandja en Otjiwarongo, die mure gaan bont inkleur. “Ek versier ook graag kinderkamers en skole. Animasieprente verf baie lekker,” vertel sy.

Een van Ida se groot doelwitte is om elke lodge in die land te besoek en hul kaal mure uit te wys met idees vir moontlike sketse op mure.

Hoewel mure se verf 'n passie is, skep sy ook kuns op skilderdoek. “Ek wil graag vakansiegangers, veral toeriste, se gunstelingvakansiefoto's op skilderdoek vaslê, wat hulle dan kan oprol en saamneem na hul bestemming.”

Wat geniet Ida die meeste van haar werk?

“As ek 'n projek voltooi het, terugstaan en van ver af bekyk, asook die kliënt se tevredenheid,” sê sy trots.

As iets in haar broei, hou Ida haar lyf ook digter. Sy deel met ons 'n gedig oor haar kunswerk.

“My hoëhakskoentjies gaar stof op in my kas.

Plakkies moet leer kan klim en gemaklik pas.

My voete raak vuil soos die plaaskind binne my.

“Ek kon darem nog altyd seep en water kry.

My 'kantoor' se temperatuur kan ek nie kies.

Óf ek verbrand óf ek verkluim tot diep in my lies.

My skryfbehoeftes het my al stukkend gekou.

Ek moes al baie langer skryfgoed bou.

Hordes bye het my al amper weggedra.

Ek moes water gee en het mooi gevra.

Spierwit mure in die son het my al 'arc eyes' gegee.

Dan huil ek maar so bietjie sonder om moed op te gee.

My werkstyd hou nie altyd vyfuur op.

Soms moet ek tot donker op my leer rondhop.

Die lange leer van my was al te kort.

Gelukkig kon 'Rooi Ferrari' die hoogte uitsort.

Sterk wind het my al amper weggewaai.

Doer bo moet ek klou en nie te vinnig draai.

Ek geniet elke uitdaging van my werk.

Verf is duidelik op my hart gemerk.

Dis my passie en brood en botter . . . hard verdiend.

As jy dink verf is nie werk nie . . . ek daag jou uit my vriend . . .”

Indien jy 'n muur het wat aandag kort, besoek gerus Ida se Facebook-blad, Ida's art, of kontak haar by [email protected]

Similar News

 

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

Klokkie van hoop

1 week ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie agtjarige Marjuné Fleschig is verlede Oktober met leukemie gediagnoseer.Sewe maande later kan die gesin weer ’n bietjie asemhaal nadat sy verlede...

Aardse vreugde

1 week ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelOngeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En...

Jaime the ultimate champion

1 week ago - 19 May 2019 | People

Young Jaime Oosthuizen who participated in the Namibian Championships of Performing Arts was awarded the Junior Grand Champion of the Year 2019.Jaime, who is a...

Smart Boy prefers quality over quantity

1 week ago - 19 May 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-based rapper Faith Namaseb better known by his stage name Smart Boy, is currently working on new music. Speaking to this newspaper...

Baba Joshua sterk aan

2 weeks ago - 12 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie 4-maande oue baba van Gobabis wat met ’n geboortedefek gebore is, het verlede week sy tweede operasie in die hoofstad ondergaan....

Father faces uphill in custody battle

2 weeks ago - 12 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw A local man claims that social workers are discriminating against fathers fighting for the custody of their children.James Martin*...

Grabbing every opportunity

2 weeks ago - 12 May 2019 | People

Back in the day it was often hard for women to be heard and seen, but this entrepreneur decided to focus on her inner strength...

Speak for yourself

3 weeks ago - 05 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelEtched in Namibia's history are images of proud German troops, standing at attention next to the hanged bodies of Herero prisoners.Photography played...

A mother for many

3 weeks ago - 05 May 2019 | People

Swakopmund • Otis Finck The secret to a long life is having respect for your elders.Granny Magrietha “Mamas” Haoses, who is turning 103 year old...

Latest News

Raak nou deel van Klub...

1 day - 26 May 2019 | Society

Enige ouer sal kan getuig dat om 'n kind groot te maak, aan jou beursie knaag. Juis daarom vra Huis Maerua kinderhuis vir bystand.Individue en...

Een man se roeping om...

1 day - 26 May 2019 | Social Issues

Yolanda Nel Ongeag die uitdagings wat een man self in die gesig staar, het hy besluit dat wanneer God praat, dan bly jy steeds gehoorsaam...

Red die borste

1 day - 26 May 2019 | Health

Windhoek • Yolanda Nel Hierdie entrepreneur wil graag in sy gemeenskap terugploeg en dus het hy besluit om geld in te samel om bystand te...

Ontbyt saam vir boere

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

International recognition for Sun Cyles

1 day - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Plans to place water along...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

The world can be your...

1 day - 26 May 2019 | Education

The international vlogging competition Faces2Hearts is a competition organised by the European Union that aims to finding 20 young vloggers to take part in a...

Load More