Dra wit vir Joshua

Daar is 'n tikkie hoop vir die Maasdorp-gesin van Gobabis, wie se baba 'n belangrike tweede operasie moet ondergaan.

28 April 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel



Die lang wag is amper verby vir klein Joshua Maasdorp, wie in die komende week sy tweede operasie in die hoofstad moet ondergaan.

Joshua, nou vier maande oud, is met 'n geboortedefek gebore wat tot 'n kolostomie gelei het. Hy was net 'n paar dae oud toe hy dié noodoperasie in Windhoek moes ondergaan. Nog twee operasies wag om die probleem te herstel.

Die tweede operasie is vir Dinsdag by MediClinic in Windhoek geskeduleer. Die familie was reeds verlede week in die hoofstad en ná 'n afspraak met die narkotiseer het alles goed gelyk.

Indien die operasie 'n sukses is, sal die kolostomiesakkie na ses weke verwyder kan word.

Volgens ma Morenzia en pa Gert, het Joshua Donderdag verdere skanderings ondergaan.

“Die operasie is vir Dinsdag om 14:00 skeduleer en sal dit na verwagting ses ure duur,” lui 'n boodskap wat hulle aan Windhoek Express gestuur het.

Die familie beplan om Dinsdag almal wit hempde te dra om hul ondersteuning vir die klein man te wys. Enige voorbidding van die gemeenskap sal waardeer word.

Morenzia het in 'n vorige onderhoud gesê dat behalwe vir die skok van 'n geboortedefek, het die familie ook eers ná sy geboorte uitgevind hul seun het Down-sindroom.

“Ons dokter het dit nooit tydens die swangerskap opgetel nie,” het sy toe gesê. Aangesien dit haar tweede swangerskap was, het hulle gedink alles was soos voorheen, normaal.

By tye is dit moeilik, “maar jy is sterk vir jou baba. Dis jou as ouer se plig,” sê sy.

'n Insameling is onlangs op Gobabis gehou om geld vir Joshua se mediesekostes te help dek.

Die familie is baie dankbaar vir almal wat hul harte en beursies vir hul seun oopgemaak het.

Similar News

 

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

Klokkie van hoop

1 week ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie agtjarige Marjuné Fleschig is verlede Oktober met leukemie gediagnoseer.Sewe maande later kan die gesin weer ’n bietjie asemhaal nadat sy verlede...

Aardse vreugde

1 week ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelOngeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En...

Jaime the ultimate champion

1 week ago - 19 May 2019 | People

Young Jaime Oosthuizen who participated in the Namibian Championships of Performing Arts was awarded the Junior Grand Champion of the Year 2019.Jaime, who is a...

Smart Boy prefers quality over quantity

1 week ago - 19 May 2019 | People

Swakopmund • Adolf KaureSwakopmund-based rapper Faith Namaseb better known by his stage name Smart Boy, is currently working on new music. Speaking to this newspaper...

Baba Joshua sterk aan

2 weeks ago - 12 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie 4-maande oue baba van Gobabis wat met ’n geboortedefek gebore is, het verlede week sy tweede operasie in die hoofstad ondergaan....

Father faces uphill in custody battle

2 weeks ago - 12 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw A local man claims that social workers are discriminating against fathers fighting for the custody of their children.James Martin*...

Grabbing every opportunity

2 weeks ago - 12 May 2019 | People

Back in the day it was often hard for women to be heard and seen, but this entrepreneur decided to focus on her inner strength...

Speak for yourself

3 weeks ago - 05 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelEtched in Namibia's history are images of proud German troops, standing at attention next to the hanged bodies of Herero prisoners.Photography played...

A mother for many

3 weeks ago - 05 May 2019 | People

Swakopmund • Otis Finck The secret to a long life is having respect for your elders.Granny Magrietha “Mamas” Haoses, who is turning 103 year old...

Latest News

Raak nou deel van Klub...

1 day - 26 May 2019 | Society

Enige ouer sal kan getuig dat om 'n kind groot te maak, aan jou beursie knaag. Juis daarom vra Huis Maerua kinderhuis vir bystand.Individue en...

Een man se roeping om...

1 day - 26 May 2019 | Social Issues

Yolanda Nel Ongeag die uitdagings wat een man self in die gesig staar, het hy besluit dat wanneer God praat, dan bly jy steeds gehoorsaam...

Red die borste

1 day - 26 May 2019 | Health

Windhoek • Yolanda Nel Hierdie entrepreneur wil graag in sy gemeenskap terugploeg en dus het hy besluit om geld in te samel om bystand te...

Ontbyt saam vir boere

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer ons eet, dink ons selde aan hoe die eier, melk of spek op ons bord beland het. Die meeste...

Erongo shudders under weight of...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

Swakopmund • Leandrea LouwAlmost 13 000 bags of maize meal were distributed to households in the Karibib and Daures constituencies between November 2018 to March...

Graduate shares her story

1 day - 26 May 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea LouwChloé Paulse (25), a graduate of the University of Namibia (Unam) medical school, grew up in the salty and dusty streets...

International recognition for Sun Cyles

1 day - 26 May 2019 | Environment

Windhoek • Yolanda Nel The co-founder of Namibia's own Sun Cycles was awarded the National Energy Globe Award during SACREEE's first industrial energy efficiency conference...

Plans to place water along...

1 day - 26 May 2019 | Disasters

//Ai-/Ais • Erwin Leuschner The popular Fish River hiking trail in southern Namibia is threatened with closure at the end of the month due to...

The world can be your...

1 day - 26 May 2019 | Education

The international vlogging competition Faces2Hearts is a competition organised by the European Union that aims to finding 20 young vloggers to take part in a...

Load More