Dwelmeuwel ruk hand uit op Rehoboth

19 April 2018 | Crime

Yolanda Nel

Minder as ’n week na ’n praatjie vir besorgde ouers en gemeenskapslede van Rehoboth oor die dwelmprobleem op die dorp, is ’n man op heterdaad met dagga in sy besit betrap.

Terwyl foto’s van die hoeveelheid dagga wat in die man se besit gevind is die rondtes op sosiale media doen, word hy gestenig vir die feit dat hy een van talle mense is wat na bewering dwelms aan skoolkinders verkoop.

“Die dwelmprobleem op Rehoboth het ’n winsgewende besigheid geword,” sê Lukas de Klerk van die Popular Democratic Movement (PDM). Inwoners praat openlik oor die smokkelhuise op die dorp en daar word ongelukkig nie net dagga gevind nie. “Behalwe vir die skunk, smokkel hulle met mandrax en kokaïene ook,” sê hy.

Juis daarom het ’n groep besorgdes dit goed gedink om mekaar tydens die praatjie te raadpleeg oor die probleem, met ’n paar ouers wat erken het hulle het al hul kinders by die smokkelhuise gaan soek. “Dis aaklig om te sien hoeveel meisies, jong graad 8-meisies, wat uit daardie huise loop,” sê ’n bekommerde ouer.

“As jy vir een oomblik dink jou kinders is gevrywaar, dan moet jy weer dink. Want ek het my kinders ook waardes geleer, maar ten spyte daarvan sien ek ook soms hoe hoog my kind is,” erken ’n ander ouer.

Volgens De Klerk is die grootste probleem ’n tekort aan mannekrag by die plaaslike polisie. “Die polisiemag op die dorp is nie opgelei vir sulke sake nie. Rehoboth benodig ’n regverdige narkotika tak,” sê hy. “Hier kort ’n span wat opgelei is om hierdie soort sake te hanteer, want die probleem ruk handuit. Meisiekinders van 14 jaar moet nie in smokkelhuise wees ná skool nie, en hulle moet beslis nie dwelms gebruik of daarmee gekonfronteer word nie,” sê hy.

Die Rehoboth polisie het ’n saak van dwelmhandel bevestig en gesê die 22 pakkies dagga wat op die man gevind is, het ’n straatwaarde van sowat N$10 500.

Similar News

 

Perde erg mishandel

1 week ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Four-footed friends stolen

2 weeks ago - 10 March 2019 | Crime

Swakopmund • Yolanda NelThree cases of dog theft were recently reported to the police in Swakopmund. Fortunately, two of the dogs were found.The search continues...

Pirate taxis cause consternation

3 weeks ago - 03 March 2019 | Crime

Windhoek • Clemens von AltenIt is not uncommon for illegal taxis to be pulled out of traffic at check points in the capital. “Particularly striking...

Pas op vir dié skelmstreke

1 month - 17 February 2019 | Crime

Yolanda Nel - Kleinsake-eienaars waarsku hul kliënte teen ’n foefie waarmee hulle gevra word om vir ’n diens of produk te betaal waarvan die entrepreneur...

Jail sentence for intoxicated driver

1 month - 10 February 2019 | Crime

Walvis Bay • Otis Finck Elizabeth Cronje (47) was found guilty and sentenced to 15 months imprisonment for driving under the influence of alcohol here...

Vrou glo in die nuwejaar ontvoer

2 months ago - 20 January 2019 | Crime

'n Vrou wat tot vroegoggend op Nuwejaarsdag nog by 'n dans op Rehoboth was, is blykbaar ontvoer sonder dat haar vriendinne daarvan bewus was.'n Inwoner...

Be safer this festive season

3 months ago - 17 December 2018 | Crime

Just in time for the festive season, the MakeANoise initiative launched a personal safety alarm in Windhoek on Friday.MakeANoise is a community safety and crime...

Basadi busts crime

3 months ago - 10 December 2018 | Crime

The police made a total of 249 arrests over five days during the second phase of Operation Basadi that took place in the capital last...

Gru-ontdekking op Epako

3 months ago - 26 November 2018 | Crime

Yolanda Nel‘n Skokkende fonds is onlangs in die plakkerskamp van Epako gemaak, toe ‘n verbyganger op honde oorskot afgekom het wat geslag was.Nog ‘n inwoner...

Men raise voices against GBV

4 months ago - 19 November 2018 | Crime

Namibian men are increasingly urging other men to take up the cause for gender equality and speaking up against the deadly epidemic of violence against...

Latest News

Kom bak en brou saam

9 hours ago | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

9 hours ago | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

9 hours ago | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Rosewood transporters have their say

9 hours ago | Disasters

Swakopmund • Otis Finck A local trucker who is in the business of transporting Rosewood says Namibians are confused about the practise and have little...

Nog huise kom vir Otjomuise

9 hours ago | Infrastructure

Windhoek • Yolanda Nel Terwyl honderde huise in Otjomuise uitbreiding 10 nog steeds leeg staan ná dit gebou is in die hoop om die behuisingsnood...

Say it!

9 hours ago | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Kan mnr. Amupanda asseblief vir ons die statestieke wys waar...

Under pressure

9 hours ago | Columns

Karl PhilanderHumans have proven over the years that we are capable of anything and everything we put our minds to.Humans are told that the sky...

Sugar and spice and all...

1 week ago - 17 March 2019 | Art and Entertainment

A warm, welcoming smile greets many who visit Ice and Spice Café, situated at Ankerplatz in 11 Sam Nujoma Avenue in Swakopmund.Offering the best ice...

Tweede operasie vir baba Joshua

1 week ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Load More