Ek groet jou Lindie

12 November 2018 | Columns

Yolanda Nel - Wanneer jy iemand groet, dink jy mos nie dis die laaste keer wat jy daardie persoon gaan sien nie. Ek groet jou tot ek jou weer sien. En tussenin gaan ek vir jou whatsapp en bel.

Maar baie mense het nie daardie geluk nie. Soms is dit regtig die heel laaste keer wat jy daardie persoon gaan sien. Die moeilikste is dan om te weet dat jy wel totsiens gesê het, maar dit was nie vir ewig nie.

Lindie Prinsloo is vir baie van ons daardie persoon. Vir haar dogtertjie is sy beslis te vroeg weggeneem. Sy was die vrou met 'n lied in haar hart, maak nie saak hoe groot die pakslae van die lewe was nie. 'n Sonstraal in 'n donker wêreld.

Ek het Lindie die eerste keer in 2013 op Outjo in 'n koffiewinkel ontmoet. Ons het gesels oor haar liefdadigheidswerk by Have-a-heart. 'n Half uur later was die hele Outjo daar. Sy het almal laat weet die koerant is hier, hulle moet hulle stories bring.

Later het sy my fotografie bemark en aan toeriste verkoop. Ek was haar ewig dankbaar, hoewel die stokperdjie van my nie lank gehou het nie. Dit was maklik om vir Hammelie na Lindie te verwys toe sy iemand gesoek het om resepteboeke vir haar skooltjie te publiseer.

Ons het onlangs nog gesels oor 'n persoonlike klerereeks. My eerste materiaal het 'n maand gelede in Windhoek aangekom. Sy was so opgewonde oor hiedie nuwe onderneming. Lindie wou die wêreld net nog meer inkleur.

Ongelukkig is Lindie nie die eerste met wie so 'n verskriklike ding gebeur het nie. Mens sou kon hoop dat hierdie lewe gespaar sou word, omdat ons van beter weet. Omdat ons al hierdeur is. En hoewel haar situasie nie die eerste voorval van sy soort is nie, maak hierdie een my hart baie seer. Want ek het Lindie geken. En hoewel niemand so 'n dood verdien het, het 'n vredeliewende mens soos sy dit glad nie verdien nie.

Baie mense wys vinger na die polisie. Maar die polisie se werk is nie om dieselfde oortreders oor en oor te moet vastrek nie. Verlede maand moes ons weer trane wegvee na 'n vermeende verkragter op 'n kind toegeslaan het. Ons skryf 'vermeende' omdat ons eties verplig word om dit te doen, want hulle is mense en hulle het ook regte. Dié oortreder het nie net een klag op sy kerfstok nie, maar ses. Ten spyte daarvan is hy op borg uit. Meeste sake is teruggetrek of van die rol geskraap.

Ons word weer en weer herinner aan hoe die regstelsel vroue faal. Die president kan soveel bid-dae reël vir geweld teen vroue, maar dit is die uitspraak van die regter wat die lot bepaal. Hoeveel vroue het nie al met hulle lewe geboet nie? Hoeveel moet nog sterf aan die hande van 'n “geliefde” tot ons 'n verskil in ons samelewing sal sien?

Woorde om te troos is min. Ons sal nooit verstaan nie. Dalk moet ons ook nie. Maar ek troos myself daaraan dat Lindie net in die kamer langsaan is. Sou iemand daardie kamer ingaan, sou sy steeds net in die kamer langsaan wees. Nie bereikbaar nie, maar altyd naby.

Similar News

 

Under pressure

2 days ago - 24 March 2019 | Columns

Karl PhilanderHumans have proven over the years that we are capable of anything and everything we put our minds to.Humans are told that the sky...

Dear Dawid

1 week ago - 17 March 2019 | Columns

Julienne van RooyenThank you for taking a chance on me. Thanks for believing in me when I felt that no-one else did. Thanks for only...

Woman, you are phenomenal

2 weeks ago - 10 March 2019 | Columns

Leandrea Louw I recently came across a situation where a woman had to lay a charge of theft against the daddy of her baby....

Join the #nospendchallenge

3 weeks ago - 03 March 2019 | Columns

Gerine Hoff A couple of weeks ago I read an article about a British woman who saved more than £20 000 (almost N$400 000!) in...

Ixa vs S-Man: It's a rap!

1 month - 24 February 2019 | Columns

Otis Finck I am following a social media spat involving two rappers, Ixa and S-Man, with great disdain and wonder what's actually to gain? ...

Body goals

1 month - 17 February 2019 | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Kom ons gesels oor aborsie

1 month - 10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd...

A healthy body and mind

1 month - 04 February 2019 | Columns

Leandrea LouwJanuWorry is finally done and I believe many of us have listed ‘eat healthier’, ‘lose weight’ or ‘start exercising’ as one of our New...

Weer 'n student

1 month - 27 January 2019 | Columns

Yolanda Nel - Dis al 'n jaar sedert ek my meesters ingehandig het en vir 'n wyle het ek op ander heerlike dinge van die...

Our daily commute

2 months ago - 20 January 2019 | Columns

Julienne van RooyenOne of the first things I realised once the holidays were over, is that our daily commute has started again. This is such...

Latest News

Beach volleyball action at the...

1 day - 25 March 2019 | Sports

Social division action from the first day of the Namibian Volley Ball Federation (NVB) organised 2019 Bank Windhoek Swakopmund Beach Volleyball tournament at the Mole....

Schools compete at desert sport...

1 day - 25 March 2019 | Sports

The sixth annual Buco Desert Sport Festival took place from 19 to 23 March at the Walvis Bay Private High School sports field. This year...

Bullseye

1 day - 25 March 2019 | Sports

Thirty eight archers are competing at the first ever outdoor target archery competition in Swakopmund. The competition which is taking place over two days...

The soldiers among us

1 day - 25 March 2019 | Sports

Windhoek • Yolanda NelHundreds of athletes and rookies joined in the fun during the Toyota Warrior Race that took place at Heja Lodge yesterday. Armin...

Two in a row for...

1 day - 25 March 2019 | Sports

Swakopmund • Adolf KaureThe second edition of the Sanlam Coastal Marathon took place in Swakopmund.Mynhard Kauanivi won the men's 42.2 km marathon for the second...

Fundraising for strays

2 days ago - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelGiven that a single pair of dogs and their offspring are able to produce more than 11 000 puppies a year and...

Kom bak en brou saam

2 days ago - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

2 days ago - 24 March 2019 | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

2 days ago - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Load More