Ek sou kon doen met 'n miljoen

20 August 2018 | Columns

Yolanda Nel

Lucas Maree sing al vir lank dat hy homself met net ses nulle sou kon versoen. Gelukkig vir my, het my eie skip nou die dag hier aangekom.

Dr Henriëtte Louise stuur vir my ’n e-pos. Sy wil vir my 8,5 miljoen Amerikaanse dollar gee, sommer so pasella. Ek wens toe sommer ek het geweet hoe my nuwe beste maatjie lyk. In my geestesoog is sy net so mooi soos Pippa, met groen oë en rooierige hare. Sy kan altyd deur ’n ring getrek word en hou haarself in haar vryetyd besig met liefdadigheidswerk, soos nou met my gesien kan word.

Nog voor die baie nulle in my bankrekening verskyn, word daar kliphard gewonder wat om met N$120 miljoen te doen. Ek bel my boetie eerste. Hy moet huisplanne teken en laat goedkeur. In ruil kry hy en sy duifie ook ’n huisie van hul eie, groot genoeg vir die vier honde en die sewe beplande kinders wat moet kom. Sus kry ook huis, met ’n skottelgoedwasser, want wie sien nog kans vir skottelgoed was?

Die knaap is reeds histeries besig om bokse bymekaar te maak. Al ons besittings word amper oombliklik weggepak en gestoor. Ek is besig om vliegtuigkaartjies en akkommodasie te bespreek. Nog voor hierdie week om is, moet ons in die lug wees. Portugal is eerste. Hier wil ek in die strate verdwaal tot ek die taal kan praat en verstaan. Hier wil ek hê die knaap moet sy kultuur en tradisies met my deel. Van daar vlieg ons Madeira toe, waar al die bruide saam-saam in kleurvolle uitrustings trou. Ek en die knaap hak sommer weer af, want ons kan.

Volgende op die lys is die Noordeligte. My beste vriendin en haar man kom saam. Ons bewonder die natuur en waartoe Moeder Aarde in staat is. Vandaar geniet ons eilandvakansies en raak van vooraf verlief. In my geestesoog is dit alles te goed om waar te wees en al knyp ek myself, word ek nie wakker van hierdie droom nie. Van Australië en Italië, tot Parys (nie die een in die Vrystaat nie), Bali en, en, en...

Na 18 maande op reis is dit tyd om terug te kom. Ons droomhuis is klaar gebou, met ’n helder geel voordeur wat ek nog altyd wou gehad het. Die kombuis is só groot Gordon Ramsey sal verdwaal.

Ek hoor die sleutel in die deur draai. “Wat het jy vandag gemaak?” wil die knaap weet. “Ek het miljoene spandeer en in ’n halfuur om die wêreld gereis.”

Ek verduidelik vir hom van wat my geestesoog sien.

Daardie aand, in die klein kombuis met die oonddeur wat jy met jou voete moet toedruk om die toe te hou, hang die geur van tuisgemaakte brood en braaihoender. Die familie daag almal gelyktydig op en die kinders hardloop reeds die trappe op en af.

“Ons is miljoenêrs as ons die liefde kan tel,” sê die knaap daardie aand. Ek weet en sug net ’n bietjie. En toe ek die volgende oggend die deur oopmaak, is dit helder geel geverf.

Similar News

 

Liewe Elizma

5 days ago - 14 April 2019 | Columns

Yolanda NelDis hartseer wat met jou familie gebeur het. En dis aaklig om te moet erken ek weet hoe jy voel, want ek was ook...

Lessons to learn for AFCON

1 week ago - 07 April 2019 | Columns

Adolf KaureThere is still a lot that the national senior soccer team needs to learn if they want to be a force to be reckoned...

Liewe Yolanda

2 weeks ago - 31 March 2019 | Columns

Yolanda NelEk skryf vir jou hierdie brief voor jou lewe vir altyd verander, voor ’n klein mensie jou hele menswens gaan beïnvloed.In ’n mate het...

Under pressure

3 weeks ago - 24 March 2019 | Columns

Karl PhilanderHumans have proven over the years that we are capable of anything and everything we put our minds to.Humans are told that the sky...

Dear Dawid

1 month - 17 March 2019 | Columns

Julienne van RooyenThank you for taking a chance on me. Thanks for believing in me when I felt that no-one else did. Thanks for only...

Woman, you are phenomenal

1 month - 10 March 2019 | Columns

Leandrea Louw I recently came across a situation where a woman had to lay a charge of theft against the daddy of her baby....

Join the #nospendchallenge

1 month - 03 March 2019 | Columns

Gerine Hoff A couple of weeks ago I read an article about a British woman who saved more than £20 000 (almost N$400 000!) in...

Ixa vs S-Man: It's a rap!

1 month - 24 February 2019 | Columns

Otis Finck I am following a social media spat involving two rappers, Ixa and S-Man, with great disdain and wonder what's actually to gain? ...

Body goals

2 months ago - 17 February 2019 | Columns

Adolf KaureThe Holy Bible says that our bodies are the temples of the Holy Spirit and that automatically gives everyone an obligation to take care...

Kom ons gesels oor aborsie

2 months ago - 10 February 2019 | Columns

Yolanda Nel • Windhoek Op 25 Januarie maak die joernalis Elsabé Brits haar stem dik. “Aborsie is nie die grootste misdaad van ons tyd...

Latest News

Klein dade, groot harte

4 days ago - 15 April 2019 | Social Issues

Toyota Indongo het verlede week in die vroeë oggendure gaan blikskud , alles ten bate van kanker. Die gesigte getuig dat 'n klein daad almal...

Staalperde in die wilde weste

4 days ago - 15 April 2019 | Events

Windhoek • Yolanda Nel Van 3 tot 5 Mei behoort die baan aan motorfietsentoesiaste, met die twee-jaarlikse Olifant-wedren op Gobabis wat 'n groot makietie beloof.“Die...

Only unoccupied structures to go

4 days ago - 15 April 2019 | Infrastructure

Yolanda Nel The bid to remove illegal structures on municipal land only refers to unauthorised incomplete and unoccupied structures. In an effort to clear the...

Asbestos removal project under way

4 days ago - 15 April 2019 | Environment

Arandis • Leandrea Louw The Walvis Bay municipal council accepted a proposal by Adcon CC to rehabilitate the hazardous waste site and create more space...

The gentleman netball coach

4 days ago - 15 April 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure Bobsey Kanku Musambani whose coaching has transformed netball at the coast since his introduction to the sport, was born in...

Social entrepreneurs making their mark

4 days ago - 15 April 2019 | Education

The Red Bull Amaphiko Connect 2019 event took place at the end of March at a warehouse in Windhoek's northern industrial with more than 30...

Say it!

4 days ago - 15 April 2019 | Opinion

Send your “Erongo” or “WE” SMSs to 51500 (at N$3 each) to have your say. Riverside avenue in Swakop which describes exactly where it is,...

Events calendar

4 days ago - 15 April 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Follow the hidden magic, an exhibition by Anja Nowack, can be viewed at El Barrio in Windhoek until 17 April.• On the Brink,...

Go forth and save!

4 days ago - 15 April 2019 | Banking

Many graduates can benefit by adopting good money management principles early in their careers to ensure a stable and stress free financial future. “Whether you...

Load More