Familie sonder hoop

'n Gebrek aan nasionale dokumente vererger die armoede en lyding waaronder mense in die Kavango-Oos­streek gebukkend gaan.

23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe



'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet, mieliemeel- en plastieksakke.

Hulle slaap op die grond en elke dag is dit 'n stryd om kos in die hande te kry.

Honde en hoenders beweeg vrylik in die struktuur rond, terwyl die wind en weer sy tol eis.

Tydens 'n onlangse besoek het me. Kornelia Sindimba (79) vertel hoe moeilik dit vir haar is om na haar drie kleinkinders en 'n vier weke oue agterkleinkind om te sien.

Sy kan nie die regering se maandelikse pensioen ontvang nie, want sy het nie genoeg geld om haar identiteits­dokument op Nkurenkuru te gaan haal nie.

“Ons kry swaar. Soos jy kan sien, het ons nie 'n ordentlike plek om in te slaap nie. Daar is nie kos vir ons nie, ook nie seep om mee te was nie,” het sy gesê.

Ten einde te oorleef, het sy in die verlede in die omliggende mahangu-velde gaan werk waar sy minstens 'n bietjie van dié stapelvoedsel in die hande kon kry, en wat hulle baie spaarsamig gebruik. Maar weens die heersende droogte is dit vir Sindimba al hoe moeiliker om te oorleef. Daar is ook nie meer enige niemand wat haar hulp vra om in hul mahangu-velde te kom werk nie.

Die familie eet net een keer per dag, pap vir aandete, en hulle kos is amper op.

“Ons eet net een keer 'n dag, en dit is saans. Ons kan nie bekostig om twee keer per dag te eet nie. Andersins sal ons mahangu – wat moeilik is om in die hande te kry – binnekort op wees,” het sy gesê.



Geslagte

Volgens Sindimba het niemand in die huishouding nasionale identifikasiedokumente nie, wat ook die kinders van hul staatsubsidies ontneem. Dié geld sou hul lewensbestaan kon verbeter. Sy sê sy het nie genoeg geld om haar ID op Nkurenkuru, sowat 60 km ver, te gaan haal nie. Die bewysstrokie van die aansoek daarvoor is gedateer Februarie 2018.

“Dit is al 'n geruime tyd sedert ek Nkuruenkuru toe was om navrae oor my ID te doen. As ek die bure vir geld vra om my ID te gaan haal, wil hulle altyd weet hoe ek die geld gaan terug­betaal.”

Sindimba het gesê haar dogters het hul kinders by haar gelos en sy het hulle jare laas gesien. Haar kleinkinders se pa's betaal nie 'n sent onderhoud nie en het hulle verlaat.

Een van Sindimba se kleinkinders, die 18-jarige Renalda Nedimo, wat ook die ma is van die vier weke oue baba, het gesê sy het verlede jaar toe sy in graad 5 was, die skool verlaat.



'Ramp'

By navraag oor die kwessies het Muse­se se raadslid ,mr. Sakeus Kudumo gesê hy is bewus van die mense wat oor geen nasionale dokumente beskik nie. Volgens hom vererger dit vlakke van armoede in die kiesafdeling en die Kavango-Oos­streek.

“Dit is 'n ramp. Dit is hoekom die meeste van die gemeenskappe so arm is,” het Kadumo gesê.

Volgens hom het inwoners van Kavango selfs voor onafhanklikwording nie daarin belang gestel om nasionale dokumente te bekom nie. Hy het gesê hy besoek gemeenskappe wanneer hy kan, en vervoer self diegene sonder dokumente na binnelandse sake om navraag daaroor te doen.

Similar News

 

New Peace Corps volunteers sworn in

2 days ago - 21 October 2019 | Social Issues

Thirty new US Peace Corps volunteers joined local communities throughout Namibia to begin two-year assignments to strengthen education across the country. The volunteers will work...

Help give Auas Hills a lift

1 week ago - 10 October 2019 | Social Issues

Tanja Bause Residents of the Auas Hills retirement home have rolled up their sleeves in a bid to collect money to have an elevator installed...

CAN’s Rolf headed to leader’s summit

1 week ago - 10 October 2019 | Social Issues

The Cancer Association of Namibia’s Chief Executive Rolf Hansen soon departs for the World Cancer Leaders’ Summit taking place in Nur-Sultan, Kazakhstan, from 15 to...

Celebrities to knockout GBV

4 weeks ago - 25 September 2019 | Social Issues

Gender-based violence (GBV) must remain at the centre of the MTC Knockout Project, activist Job Amupanda said of the initiative that sees some of Namibia’s...

Giving hope to the destitute

2 months ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Potjie'ing for Orlindi

2 months ago - 18 August 2019 | Social Issues

During Auas Valley Shopping Mall's recent Late Night shopping event, N$11 150 was raised towards the Orlindi orphanage. The money will be used to buy...

Winter warmers for the east

2 months ago - 28 July 2019 | Social Issues

Agribank staff members recently donated blankets and winter clothes to the Gobabis Project School and the Epako Old Age Home. These items were collected from...

Nadja shows she cares

3 months ago - 21 July 2019 | Social Issues

In her first public appearance as Miss Namibia 2019, Nadja Breytenbach, and Michelle McLean-Bailey in her capacity as chairperson of her trust, handed over donations...

Buy your fruit of hope now

3 months ago - 07 July 2019 | Social Issues

The Bank Windhoek Cancer Apple project is in full swing, with apple sales that began earlier this week. The good news is that the price...

CAN training at Rehoboth

3 months ago - 30 June 2019 | Social Issues

Psychosocial support plays a critical role during and after the treatment of cancer. In this vein, the Cancer Association of Namibia recently hosted a commentary...

Latest News

Halving malaria now more achievable

1 hour ago | Health

In a new study focusing on Central African countries, it is believed that halving malaria deaths is more achievable than eliminating the disease by 2030....

Quality remains king at Ohorongo

2 hours ago | Business

Ohorongo Cement recently received recertification on its Quality & Environmental Management Systems, endorsing the fulfilling of standards, ISO 9001: 2015 and ISO 14001: 2015.The certificate...

RTC gives feedback on litter...

2 hours ago | Local News

Yolanda Nel After a social media attack last week with photos of garbage thrown everywhere in town as well as a cow carcass not being...

Top table tennis at Windhoek...

3 hours ago | Sports

The Namibian Table Tennis Association (NTTA) held its annual Windhoek Table Tennis Open Championships last Saturday, where top local players as well as players from...

Stikwerk vir ’n groener omgewing

4 hours ago | Environment

In ’n poging om plastiekverbruik te verminder en hul inkomste te verhoog, is drie vroue besig om hul naaimasjiene daarvoor in te span.Julia Gomachas en...

Agter Die Stoep

14 hours ago | Art and Entertainment

Yolanda Nel Die Stoep is eersdaags in die Nasionale Teater op die planke. Hier gesels skrywer Jonathan Solomons oor hoekom hierdie soort stories belangrik is. “Die...

No joking with The Joker

22 hours ago | Art and Entertainment

If you want to know what you get when you take a poor, mentally unstable loner and treat him liketrash, just go watch Joker.According to...

Stap vir Bybels die naweek

1 day - 22 October 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Stof solank jou tekkies af wat stof vergaar in die hoek van die kas, want Saterdag 26 Oktober gaan dit handig te pas...

Okahandja hou somerfees

1 day - 22 October 2019 | Art and Entertainment

Yolanda Nel Dit is nog net ’n paar dae voor die Gereformeerde Kerk op Okahandja se somerfees plaasvind en gaste het sommer baie om na...

Load More