Forumlede staan voor /Goagoses

Na jare se swoeg en sweet wou die gemeenskap van Rehoboth fees vier ná die opknapping van die dorp se begraafplase maar blyk dit nou die byeenkoms het nie die nodige goedkeuring ontvang nie.

10 February 2019 | Local News

Yolanda Nel



Lede van die Rehoboth Begraafplaas Ontwikkelingsforum (RCDF) is Woensdag na die dorpsraad se kantoor ontbied ná ’n advertensie van ’n beplande massavergadering op die dorp versprei is.

Die byeenkoms is vir 24 Februarie geskeduleer, waar die werksaamhede en die RCDF se pad vorentoe bespreek sou word. “Inligting oor die amptelike oorhanding van die forum aan die minister van plaaslike owerhede en die Rehoboth dorpsraad sal ook tydens hierdie geleentheid bespreek word,” lui die advertensie.

Die advertensie het skaars verskyn, of ’n waarskuwing is deur Natalie /Goagoses uitgereik, wat verlede jaar aangestel is om namens die minister ’n regrukasksie op die dorp van stapel te stuur, waarin sy die forum maan om binne die raamwerk van die wet te bly.

“Volgens haar [/Goagoses] het ons oor die lyn getrap deur ’n gemeenskapsvergadering en oorhandigingsdatum te reël sonder om hulle [die dorpsraad] in die saak te ken,” het ’n bron gesê.

Tydens die vergadering tussen die RCDF en die dorpsraad oor die aangeleentheid, het /Goagoses gesê die Rehoboth dorpsraad (RTC) wil by die gemeenskapsvergadering teenwoordig wees en is daar voorgestel dat ’n gesamentlike komittee gestig word. “Sy het wel gesê hulle is dankbaar vir die werk wat ons by die begraafplase gedoen het en dat hulle hoop om die president ook by die geleentheid te kry,” het die bron gesê.

Lede van die RCDF is tydens die vergadering gewaarsku dat die RTC dit nie gaan duld dat hulle enigiets doen sonder die raad se medewete nie. “Die RTC wil nie die hoofrolspelers wees nie, maar hulle verwag ’n vennootskap en dat hulle in sake geken word,” aldus die bron.

Maar daarmee stem nie alle lede van die RCDF saam nie.

Geen sent nie

’n Tweede bron het aan Windhoek Express gesê die RCDF is ’n outonome gemeenskapsforum met hul eie beleid en dus nie onderhewig aan die dorpsraad nie. “Boonop het die hele gemeenskap hard aan hierdie projek gewerk en van die N$1 miljoen wat deur ons lede en ondersteuners ingesamel is, het die dorpsraad nie ’n sent bygedra nie.”

Die projek, om die begraafplaas met palisades te omhein sowel as talle skoonmaakaksies, is binne 18 maande voltooi. Die projek het begin vanweë vandalisme wat in hierdie areas plaasgevind het.

Die Volkster-gemeenskapsblad het onlangs berig dat ondersteuners van die RCDF bekommerd is oor wat gaan gebeur sou die begraafplase weer aan die dorpsraad oorhandig word, en dus het hulle eienaarskap daarvan gesoek.

“Inwoners is dit eens dat die verlede dit oor en oor bewys dat politieke rompslomp by die dorpsraadskantore menige projekte en voornemende projekte in die dorp in die afgrond gestuur het,” luidens die berig.

Ten spyte van talle oproepe aan die RTC, is geen reaksie oor hierdie kwessie bekom nie.

Similar News

 

Konsternasie oor advertensiebord

2 weeks ago - 10 March 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel'n Inwoner van Windhoek is woedend ná hy in 'n motorongeluk betrokke was wat hy toeskryf aan 'n advertensiebord wat motoriste se...

OKH councillors ignore deadline

1 month - 10 February 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda NelA letter from the office of the secretary general of the SWAPO party, Sophia Shaningwa, stated that the swearing-in of local authority...

Rehobothers boikot vulstasie

1 month - 10 February 2019 | Local News

Yolanda NelNa jare se beweerde mishandeling en swak diens deur personeel, staan die pendel-gemeenskap van Rehoboth nou saam om ’n vulstasie in die hoofstad te...

Omitara in a sorry state

1 month - 10 February 2019 | Local News

Lack of access to land, limited employment opportunities, drugs and alcohol abuse are all factors that contribute to high poverty and crime levels in the...

Hard work pays off for youth

1 month - 03 February 2019 | Local News

Yolanda Nel • WindhoekIn a community where running water and electricity is a luxury, a group of girls has pro-ven that it is up to...

Gobabis wants locals employed

1 month - 03 February 2019 | Local News

Employing locals from a specific area will not only benefit the people but the community at large, says Gobabis municipality's chief executive Ignatius Thudinyane.He feels...

Grondsmouse moet ligloop

1 month - 03 February 2019 | Local News

Yolanda Nel • RehobothRehobothers wat hulself daaraan skuldig maak om grond wat aan die ­dorpsraad behoort te koop en verkoop, sal moet ligloop.Die Rehoboth dorpsraad...

’n Slang in die gras

3 months ago - 17 December 2018 | Local News

Yolanda Nel - Ná ’n hondjie sy mense-familie van ’n moontlike sebraslang-aanval gered het, het die buurtwag vir hom ’n baie spesiale toekenning gegee.Simba, die...

Firefighters ready for any emergency

3 months ago - 17 December 2018 | Local News

The American Embassy facilitated the sixth and final visit by instructors and experts from the United States Forest Service (USFS) to conduct training on the...

Die kind sonder 'n glimlag

3 months ago - 10 December 2018 | Local News

Yolanda Nel - Dis die kind sonder 'n tikkie hoop in sy oë, wat op 'n straathoek staan in verslonsde klere en vra vir net...

Latest News

Beach volleyball action at the...

1 hour ago | Sports

Social division action from the first day of the Namibian Volley Ball Federation (NVB) organised 2019 Bank Windhoek Swakopmund Beach Volleyball tournament at the Mole....

Schools compete at desert sport...

1 hour ago | Sports

The sixth annual Buco Desert Sport Festival took place from 19 to 23 March at the Walvis Bay Private High School sports field. This year...

Bullseye

1 hour ago | Sports

Thirty eight archers are competing at the first ever outdoor target archery competition in Swakopmund. The competition which is taking place over two days...

The soldiers among us

1 hour ago | Sports

Windhoek • Yolanda NelHundreds of athletes and rookies joined in the fun during the Toyota Warrior Race that took place at Heja Lodge yesterday. Armin...

Two in a row for...

1 hour ago | Sports

Swakopmund • Adolf KaureThe second edition of the Sanlam Coastal Marathon took place in Swakopmund.Mynhard Kauanivi won the men's 42.2 km marathon for the second...

Fundraising for strays

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelGiven that a single pair of dogs and their offspring are able to produce more than 11 000 puppies a year and...

Kom bak en brou saam

1 day - 24 March 2019 | Society

Windhoek • Yolanda NelWou jy nog altyd ook koekies mooi versier, maar die taak lyk glad nie bereikbaar nie?Dan is hierdie ’n geleentheid wat jy...

Little foot entertains

1 day - 24 March 2019 | Business

A newly erected chameleon structure is entertaining children at the Grove Mall of Namibia.Since chameleons are well-known for their adaptations to survive the brutal deserts,...

A better future for the...

1 day - 24 March 2019 | Social Issues

Windhoek • Yolanda NelStatistics on how many Namibian children are at risk, is dire. As a result, a group of people decided that something needs...

Load More