Gemeenskap vat herstel in eie hand

19 November 2018 | Infrastructure

Yolanda Nel - Die gemeenskap van Rehoboth hou asem op vir 1 Desember wanneer hulle beoog om die Reho Spa te heropen.

Die Rehoboth dorpsraad het onlangs 'n skoonmaakveldtog van stapel gestuur om die vervalle spa na regte te herstel. 'n Vergadering wat verlede Sondag op Rehoboth gehou is, het jong vrywilligers genooi om die skoonmaakproses voort te sit.

Volgens 'n Facebook-­inskrywing, het 37 jongmense tussen 18 en 30 jaar oud, opgedaag. “Die doel was om vinnig 'n opname as bewys te kry van hoeveel jeugdiges sonder werk sit,” het die persoon geskryf en bygevoeg dat die werk geen betaling sou insluit nie.

“Die algehele doel hou verband met voorleggings aan onder andere Social Security, die Rössing Foundation, om fondse te kry om die Reho Spa volkome te herstel. Hierdie instansies beskik oor programme wat dwarsoor die land van stapel gestuur is om inwoners te help om projekte soos Reho Spa weer reg te kry,” het die inwoner geskryf.

Kommentaar uit die die gemeenskap was oorweldigend positief, met baie wat gesê het dat almal moet saam werk en 'n handjie bysit. “Dit sal weer toeriste trek en 'n inkomste bring. Bou voort op die positiewe,” het een geskryf.

Nog 'n inwoner wou weet na wie die wins sal gaan sou die spa weer in werking gestel word, terwyl ander hoopvol was die rushuise sou teen Kersfees bespreek kan word.

Diegene wat nie fisies met die skoonmaak kan help nie, word gevra om kos en water vir die werkers te skenk.

Windhoek Express het vroeër vanjaar oor die spa berig dat die kapitale uitleg vir die restourering en nuwe ontwikkelings meer as N$10 miljoen beloop. Daar is wel aangedui dat genoeg geld ontvang is, maar dat die kwessies rondom die eienaarskap van die grond die grootste struikelblok is.

Die spa se deure is sewe jaar gelede gesluit ná die ooreenkoms tussen die NWR en Reho Spa (Pty) Ltd. in duie gestort het.

Reho Spa (Pty) Ltd. het die oord sedert Julie 2008 bestuur nadat NWR openbare-private-vennootskappe sedert September 2007 vir alle praktiese doeleindes met 'n handjievol Swapo-bekendes aangegaan het vir die bestuur van sewe van sy top-oorde.

Similar News

 

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

Housing scheme will succeed – GIPF

4 weeks ago - 22 February 2019 | Infrastructure

Ogone Tlhage • Windhoek The Government Institutions Pension Fund (GIPF) of Namibia is confident that its investment into housing will succeed.To date, the GIPF has...

Homeless project to construct 30 houses in Omaheke

1 month - 17 February 2019 | Infrastructure

About 30 destitute inhabitants of the Kalahari constituency will soon own decent houses thanks to the Kalahari Homeless Shelter project.The regional councillor for Kalahari constituency,...

Shot in the arm for cheaper housing

1 month - 10 February 2019 | Infrastructure

Clemens von Alten • WindhoekThe Polycare Research Technology Namibia factory brings the hope of finally addressing Namibia's housing crisis. “Building houses from desert sand and...

Watertoevoer bly 'n uitdaging

2 months ago - 21 January 2019 | Infrastructure

Op Groot Aub sê inwoners hulle gaan soms dae lank sonder water.Tydens 'n onlangse onderhoud met Nampa, het inwoners van die ne-dersetting wat sowat 45km...

Pond vleis vir verkeersligte

2 months ago - 20 January 2019 | Infrastructure

Minder as N$250 000 is verlede jaar deur die Windhoekse stadsradad vir die herstel van 31 verkeersligte spandeer.Volgens Harold Akwenye, korporatiewe kommunikasie en bemarkingsbestuurder by...

Shelter to improve housing

3 months ago - 17 December 2018 | Infrastructure

Around 11% of households in the Kalahari constituency in the Omaheke region live in improvised housing or shacks.An assessment conducted by the constituency office discovered...

A town looking forward to change

3 months ago - 10 December 2018 | Infrastructure

Nina Cerezo - “For more than 80 years, Oranjemund was an isolated diamond town with the local economy almost completely based on the mining of...

Transboundary water project now a reality

3 months ago - 26 November 2018 | Infrastructure

More than half of the population depends on the Angola-Namibia Transboundary Water Supply Project, according to Namibia's agriculture, water and forestry minister, Alpheus !Naruseb, who...

More residential erven outside the capital

4 months ago - 12 November 2018 | Infrastructure

Yolanda NelYet another development outside the capital proposes to use the surrounds to create a tranquil atmosphere set in a low density living environment.The intended...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More