Groen goud uit die omgewing

27 April 2017 | Agriculture

Mariana Balt

Sowat 120 km noordoos van Okahandja, in die Hochfeld-omgewing op die plaas Hartebeestteich-Süd, staan boordevol bome wat op die oog af glad nie beïndruk nie.

Slegs verbygangers wat weet dat hierdie bome se vruggies later as eksotiese olywe hul verskyning in gourmet disse gaan maak, en hoe gesond die neweprodukte van dié vruggies kan wees, sal hul hoegenaamd aan die valerige groen boompies steur.

Wanneer kliënte op Okahandja of in Windhoek in 'n Spar-winkel instap en rakke vol olywe, groen en swart, gegeur met knoffel of gewoon, in netjies-verpakte plastiekhouers sien, besef min van hulle dat dié produk plaaslik verwerk en verpak word.

Met 'n besoek aan Heiser Olives op Hochfeld, vertel Rolf Heiser meer van dié projek:

Hy het die eerste 700 olyfbome in 1991 na Namibië gebring en op die plaas Hartebeestteich-Süd, enkele kilometers noord van Hochfeld geplant. Vandag is daar sowat 6 000 bome wat 'n volle 20 hektaar beslaan.

Hoewel olywe meesal in die Mediterreense lande verbou word, verleen die grondkwaliteit en klimaat in die Hochfeld-omgewing hulle daartoe om dié produk uiters suksesvol te kweek. Met meer as 300 dae se sonskyn per jaar, gematigde temperature en nie te veel reën per seisoen nie, groei die bome optimaal en produseer hulle goeie kwaliteit vrugte.

Verskillende variëteit olywe is geskik vir tafelolywe en olyfolie en dié twee soorte is gemeng aangeplant op die plaas, onder andere om sinvolle kruisbestuiwing te bewerkstellig.

Rolf-hulle het intussen die plaas aan die regering verkoop en koop nou die olywe aan om dit in die aanleg op Hochfeld, waar sy vrou Karin ook 'n gastehuis bedryf, te verwerk, te verpak en te stoor.

Die olywe word tussen Januarie en Mei met die hand gepluk. Groen tafelolywe is dié wat groener gepluk is en swart olywe is die kans gegun om ryper te word. Die afgelope seisoen kon hulle 19 ton olywe hier oes.

Die geoeste olywe word eers 'n jaar later verpak en verkoop. Vir die eerste ses maande word dit in groot tenks met 'n soutwater-oplossing uitgevars, want olywe is opsigself baie bitter. Die soutkonsentrasie word gewissel: Eers 10%, later 6% en dan 8%, waarna die olywe dan vir ses maande “rus”.

Dit word uiteindelik weer in 'n soutoplossing, met 'n bietjie asyn bygevoeg, in plastiekhouers lugdig verpak. Die inhoud van die pakkie word bo-op met 'n lagie olie verseël. “Verbruikers moet onthou dat, solank daardie lagie olie op die olywe behoue bly, die olywe vars en bruikbaar sal wees, al is die pakkie oopgemaak,” gee Rolf 'n wenk. Só kan 'n oopgemaakte pak olywe tot drie maande in 'n koelkas hou.

Die Heisers produseer ook 'n baie hoë kwaliteit olyfolie en Tapanade smeer – laasgenoemde fyngemaakte olywe met olie gemeng en 'n delikatessen as smeer op brood.

Hulle gebruik die sogenaamde koue-pars metode vir hul olyfolie en verkry tussen 13% en 22% olie, bekend as Extra Virgin Olive Oil daaruit. Dié is van hoogstaande gehalte en is al voorheen onder die tien beste produkte ter wêreld bekroon.

Navrae: 062 54 9073 of 081 124 5940

Similar News

 

Bush encroached land to be reduced

4 months ago - 19 November 2018 | Agriculture

Namibia aims to reduce bush encroachment on 1.9 million hectares of land within the next two decades. According to environment minister Pohamba Shifeta, this is...

Chamber of Agriculture on the cards

5 months ago - 22 October 2018 | Agriculture

During several congresses held by the agricultural sector recently, it became clear that there is a policy difference between the agriculture sector and government on...

LPO wants testing halt

5 months ago - 15 October 2018 | Agriculture

Ellanie Smit - The Livestock Producers Organisation (LPO) wants Namibia to declare itself free from tuberculosis and Brucellosis so that farmers are not submitted to...

Green gardens for life

6 months ago - 10 September 2018 | Agriculture

About 330 000 learners are fed through the national school feeding progam while school gardens serve as a supplement to instil the culture of gardening...

Namibia can eradicate poverty – WFP

6 months ago - 03 September 2018 | Agriculture

Jemima Beukes – In June this year, the World Poverty Clock suggested that Namibia is off track reaching Sustainable Development Goal (SDG) 1 which aims...

Mutton producers under pressure

6 months ago - 27 August 2018 | Agriculture

Ellanie Smit - The Meat Board of Namibia says that given government's efforts to industrialise and promote value addition, large price disparities are hampering progress...

Mutton producers under pressure

7 months ago - 20 August 2018 | Agriculture

Ellanie Smit - Sheep marketing in Namibia is confronted by various challenges that are putting the sector in jeopardy in terms of employment creation, retentions...

Groot, groter, komkommer

10 months ago - 26 April 2018 | Agriculture

Die Rehoboth Gemeenskapstrust wéét hoe om groente te kweek! Hier is Amanda August, Lizetta Groenewald en Rayvonne van Wyk met hul weeklikse komkommer-oes. Hulle oes...

Taking hands to address food insecurity

1 year - 08 March 2018 | Agriculture

A food security survey covering about 180 000 people in four lower-income neighbourhoods in Windhoek indicated that 77% of households were food insecure. In informal...

Youth organise cactus clean up in Windhoek

1 year - 06 April 2017 | Agriculture

Rosalia Joseph, a Southern African Science Service Centre for Climate Change and Adaptive Land Management (SASSCAL) intern at the National Botanical Research Institute (NBRI), recently...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More