Groot vreugde by Huis Maerua

SA grapjas Soli Philander maak kinderharte in die hoofstad bly.

10 December 2018 | Events

Lloyd Zandberg - Huis Maerua het einde November 'n glans-geldinsamelingsgeleentheid by die Lemon Tree-restaurant gehou.

“Daar was nie een dull moment nie!” het Liana Etsebeth, 'n administratiewe assistent by Huis Maerua, oor dié spesiale aand, wat die bekende kunstenaar Soli Philander ook bygewoon het, gesê.

“Ek en Soli het lekker gesweet op die verhoog, maar ek is seker daarvan dit het Soli net meer energie gegee. Die vier dae wat ek saam met hom kon spandeer, het ek soveel van hom as mens geleer. Om saam met hom op die lug te kon wees by Kanaal 7, Kosmos 94.1 en 99FM, wat ons sommer vir 'n tweede keer laat teruggaan het op aanvraag, was voorwaar 'n ondervinding wat my die res van my lewe sal bybly,” het Liana gesê.



Kerspartytjie

Huis Maerua het ook toe vir inwoners 'n Kerspartytjie gehou. Soli se taak was om geskenke uit te deel. Die kinders het sy teenwoordigheid geweldig geniet, en die geleentheid is beslis 'n hoogtepunt vir 2018.

“Vanjaar het die kinders die geleentheid gehad om 'n wenslysie vir Kersfees op te stel.”

Liana het vertel sy en Soli moes die trane oor die blydskap op die kinders se gesigte wegpink. “Soli se liefde vir kinders is diep. Hy het werklik 'n klein hartjie met baie plek vir kinders!” het Liana gesê.

Tydens die verrigtinge het die kinders 'n teddiebeer aan Soli oorhandig. “Ek dink hy was amper meer opgewonde oor die teddie as die kinders oor húlle geskenke! Die teddie is ook sommer dadelik 'Rua' gedoop.”

Soli self was beïndruk met Namibiërs.

“Die geleentheid was baie goed georganiseer. Dit was 'n fantastiese ervaring. Die manier waarop die Namibiese gemeenskap minderbevoorregte kinders ondersteun, het my verras. Ek het bewondering vir Namibiërs en die media hier,” het hy gesê.

“Ons borge is te veel om te noem, maar weet net dit was deel van 'n groot sukses. Sowat N$36 000 is vir die kinders se 2019-skooljaar ingesamel en ons is dankbaar hiervoor.”

Similar News

 

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Dis 'n bielie van 'n braaifees

1 week ago - 10 March 2019 | Events

Pret en plesier wag op 29 en 30 Maart vir braaivleis-aanhangers, wanneer die Kaizerstraat Boerevereniging die NLU Agribraai by die Hage Geingob-stadion aanbied.Volgens die organiseerders...

Celebrating the fairer sex

2 weeks ago - 03 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelThere will never be enough platforms to celebrate women or platforms where women can get opportunities to share their experiences, struggles and...

For the love of animals

2 weeks ago - 03 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelNamibians are divided about plans by the McLaren Circus to visit different towns in the country later this year.The South African-based circus...

A tribute to ­conservationists

2 weeks ago - 03 March 2019 | Events

Windhoek • Dirk Heinrich More than a hundred guests were present last week when Peter Bridge­ford's latest book Conservation pioneers in Namibia – and stories...

Delving into the Dark Web

2 weeks ago - 03 March 2019 | Events

On Monday (4 March), the Scientific Society in Windhoek hosts a public talk by Andrew Fordred titled The Dark Web, what is it? This talk...

Overwhelming interest for Into the Okavango

3 weeks ago - 24 February 2019 | Events

Dirk Heinrich - More people than anticipated attended the Namibia Scientific Society's hosting of the National Geographic documentary Into the Okavango last week.The project director...

Vier fees ­vir droogtehulp

1 month - 17 February 2019 | Events

Yolanda Nel“Ons probeer om die mense wat elke dag kos op ons tafels sit, te help.”Juis daarom het 'n groep mense besluit om 'n insameling...

Dis tyd vir skoffel in die ooste

1 month - 17 February 2019 | Events

Dit is om die draai en beslis nie iets wat jy wil misloop nie, so merk nou reeds 21 Maart op jou kalender en kom...

Sunday fun day around the corner

1 month - 17 February 2019 | Events

Yolanda NelIf you are looking for a relaxing event on Sunday before a busy week that lies ahead, then mark 3 March on your calendar.During...

Latest News

Tweede operasie vir baba Joshua

6 days ago - 17 March 2019 | People

Gobabis • Yolanda Nel Die opwagting van ’n nuweling is vir ouers sowel as vir die familie, ’n groot vreugde. Maar vir hierdie gesin van...

Tylo voeg daad by woord

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Mej. Windhoek Gymnasium het 'n hart vir bejaardes en kinders. Wat vir een tiener begin het as ’n geleentheid om aandag...

'n Fees van eg Namibies

6 days ago - 17 March 2019 | Events

Windhoek • Yolanda NelVeertien eg Namibiese besighede het die geleentheid aangegryp om by Wernhil Park-inkoopsentrum se eerste Made in Namibia-ekspo uit te stal.Die handelskou loop...

Perde erg mishandel

6 days ago - 17 March 2019 | Crime

Gobabis • Yolanda Nel ’n Perd wat in Januarie weens dieremishandeling van ’n plaas op Drimiopsis verwyder is, is nou weer terug na waar hy...

Linking up Namibia

6 days ago - 17 March 2019 | Infrastructure

Swakopmund • Otis Finck The minister of works and transport, John Mutorwa, and the deputy minister of national planning, Piet van der Walt, conducted site...

From trash to treasure

6 days ago - 17 March 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel One day, while playing around on YouTube, a tutorial popped up explaining how to make rugs from plastic bags. Thanks to...

'No tomorrow' unless consumption falls

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Nairobi • Nita BhallaGlobal exploitation of natural resources – from water, sand and timber to oil, coal and gemstones – has more than tripled in...

Drought conditions intensify

6 days ago - 17 March 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerAfter analysing available data on precipitation and temperatures, the Swakopmund-based hobby meteorologist Klaus Knupp sums up the current situation: “The drought is...

A century plus ten

6 days ago - 17 March 2019 | Education

Celebrating the DHPS's 110th anniversary, a real “festive week” was held at the school. In addition to the Orchestra Week of German Schools in Southern...

Load More