Hansen gryp die stem-titel

31 March 2019 | People

Yolanda Nel



Die trane het vlak gesit die aand toe hierdie sangeres met die titel van Voice of Namibia 2019 weggestap het.

Nadia Hansen is nie 'n nuweling wanneer dit by sing kom nie en sy is dankbaar vir die platform wat geskep is om Namibiese kuns-tenaars 'n hupstoot te gee. “Namibië hoef nie terug te staan nie. Ons plaaslike kunstenaars is ook bekwaam om op die groot verhoog te kan staan,” vertel sy trots. Haar grootste wens is dat veral feesorganiseerders hulle sal raaksien en vir plaaslike talent die geleentheid sal gee om in ons eie land te kan optree.

Hoewel sy oorweldig was toe haar naam as wenner aangekondig is, was sy ook verlig en tevrede. “Ek is opgewonde oor wat die toekoms inhou.”

Nadia sing al vir 14 jaar en die grootste frustrasie is om as vroulike solo kunstenaar naam vir haarself te maak.

Die kompetisie was dus 'n ideale platform en sy hoop die titel gaan haar help om hoër hoogtes in haar sangloopbaan te bereik.

Sy tree juis vandag in Otjiwarongo op en doen 'n voorskou vir Gerald Clark. “Hopelik is hierdie die begin van gereelde optredes regoor ons land.”

Wanneer dit by haar grootste ondersteuner kom, kan sy nie een persoon uitsonder nie. “My familie en vriende is almal my grootste ondersteuners. Sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie,“ sê sy.



Raad aan ander

Volgens Nadia is stemafrigting en opleiding uiters belangrik. “Om te sing is eintlik baie tegnies. Jong sangers weet of besef dit nie,” sê sy. Haar raad aan jonger sangers is om professionele opleiding en afrigting te kry, en ander kunstenaars se optredes by te woon. “Dit is belangrik om jou eie stem te ken en te verstaan, maar ook die tegniese sy van sing, asook die funksies van die toerusting te bemeester,” verduidelik sy.

Sy meen op dié wyse kan jy ten volle in beheer wees wanneer jy optree.

Nadia het na skool eers werklik begin sing terwyl sy klank en produksie in Pretoria studeer het. Sy het daarna ook 'n sang-diploma by die Campus of Performing Arts, ook in Pretoria, voltooi.

In 2010 het sy aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uit-voerende Kunste deelgeneem, wat haar die geleentheid gegee het om in Los Angeles aan die Wêreld Kampioenskappe deel te neem. Daar het sy 'n bronsmedalje gewen. “Terug in Namibië het ek met sangopleiding begin waar ek 22 studente afgerig het en voorberei het vir die plaaslike asook wêreldkampioenskappe,” sê sy. Maar onseker oor haar eie sang-loopbaan en die pad vorentoe, het sy onderwys studeer en haar taalgraad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.

Vir meer inligting of besprekings kan haar bestuurder, Robert Wheal, by [email protected] gekontak word.

Die Voice of Namibia-kompetisie het 16 Maart in die hoofstad plaasgevind.

Similar News

 

Vlinders vlieg hoog

5 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Beauty queens aim to uplift others

1 week ago - 11 August 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw The reigning Miss Teen Walvis Bay, Dominique Bouwer, and the first ever Miss Pre-Teen Walvis Bay, Malinda Bam, discussed...

Alles wat mooi is

2 weeks ago - 04 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel As die ekonomie begin knyp, dan doen jy wat jy kan om 'n ekstra geldjie te verdien. Só het dit gebeur...

Oom Basil plant dat die biesies bewe

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Gerine Hoff Oom Basil Paris is ’n pensioenaris van Rehoboth wat glo hy is die eerste Namibiër wat ’n pynappel geplant het wat nou ’n...

The heart of a champion

3 weeks ago - 28 July 2019 | People

Walvis Bay • Adolf Kaure At the tender age of 15, Delano Müller has conquered the world of martial arts.Müller, who is currently a grade...

Deur God geseën

1 month - 21 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Nadat 'n ma self ervaar het hoe vinnig babas uit hul klere groei, kon sy nie help om te wonder hoe...

'n Huis vol aapstreke

1 month - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Get yourself a sleepin', walkin', livin' doll

1 month - 07 July 2019 | People

Walvis Bay • Leandrea Louw In what can very much be described in the words of Cliff Richard and The Young Ones 1959-hit, “Living...

Silently moving through the city

1 month - 07 July 2019 | People

Windhoek • Lisa Plank Axel Conrad slips the key into the ignition of his SUV and turns it on.You can't hear a thing.“The engine is...

Through his lens

1 month - 30 June 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel With no experience or any knowledge of photography, an entrepreneur began looking­ at life differently ­after developing his first set of...

Latest News

Thomas, Armas victorious

4 days ago - 18 August 2019 | Sports

Windhoek • Limba MupetamiThe electrifying 19th edition of the Old Mutual Victory was won by Reinhold Thomas and Alina Armas in the respective men and...

City of angels

5 days ago - 18 August 2019 | Society

Tanja Bause “More and more kids in Namibia are being orphaned daily and fewer people are taking care of them,” says Bettie Hoakhaos (52) of...

Ongos on the go

5 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

The groundbreaking ceremony for the N$ 4.3 billion housing project of the Ongos Valley took place in the capital this earlier this week. A total...

Residents and |Gôagoses at loggerheads

5 days ago - 18 August 2019 | Infrastructure

Residents of Duneside informal settlement in Rehoboth’s Block E said they want their Town Council and the Rehoboth Urban East Constituency office to bring basic...

Good possibility for rain

5 days ago - 18 August 2019 | Disasters

Swakopmund • Erwin LeuschnerFor many Namibians, especially farmers, there may be a small glimmer of hope. The strong El Niño phenomenon, which is one of...

Giving hope to the destitute

5 days ago - 18 August 2019 | Social Issues

Walvis Bay • Leandrea Louw The Promiseland Trust, established in Walvis Bay in 2009, feeds more than 2 500 children across the town every day.Founded...

Vlinders vlieg hoog

5 days ago - 18 August 2019 | People

Windhoek • Yolanda Nel Oulike babaklere het 'n manier om enige mamma-hart te laat smelt en ander broeis te laat. Juis daarom het 'n mamma...

Agriculture in harmony with nature

5 days ago - 18 August 2019 | Environment

“Sustainability so often has negative connotations,” says Fabian von Hase. He finds the term “ecological health” more fitting.“Sustainable means that we do less harm to...

Prickly intruders

5 days ago - 18 August 2019 | Environment

Windhoek • Theresa Lang Gunhild Voigts carries gardening tools with her wherever she goes. Peek in her car and you will find rakes, saws and...

Load More