Help hier, asseblief!

23 June 2019 | Social Issues

Windhoek • Rodney Swartbooi

Ek was onlangs by ’n konferensie op Otjiwarongo en dit was op pad terug wat ek afgekom het op ’n gesin, ’n brandarm gesin met vyf kindertjies.

Orrelpypies. Hulle woon op Sukses, ’n plaas langs die hoofpad tussen Otjiwarongo en Okahandja, sowat 70 km noord van laasgenoemde.

Toe ek hulle sien, moes ek my trane sluk.

Die ouers en hul kinders was almal heel “content” met die bietjie wat hulle het. Almal glimlag breed en kindertjies is jolig en geniet die lewe ten volle.

Maar daardie aand, toe dit slaaptyd word, raak ek innerlik hartseer en daar spoel ’n erge droewigheid oor my gees. Hulle haal elkeen hul vervlenterde, dun, vaal kombersies uit en maak kooi. ’n Kooi vir die hele gesin saam. Daar op die kaal vloer met hulle dun kombersies en die kinders sonder ’n stukkie warm klere, skyn die vreugde steeds op hulle gesigte.

Maar my hart bloei. Ek kan die gesin en die toestand waarin hulle leef, nie uit my kop kry nie. Ek sluk swaar en die trane skiet in my oë.

Dit is toe wat ek besluit om hulp vir hulle te soek waar ek kan.

Ek kon sien hulle het baie min, die ouers het niks en dit blyk selfs skoene is ’n luukse. Die oudste dogter is 10, die seuntjie 7, daar is ’n tweeling van 3 jaar, en ’n baba van 9 maande.

Hoewel ’n mens nie almal kan help nie, is daar altyd ’n spesifieke situasie wat jou aandag trek. Wanneer dit gebeur, voel ek dit is ’n “moet” dat jy help en op enige manier wat jy kan. Jy maak die besluit self, niemand vra jou of dwing jou om te help nie. Dit was ook die werk van die Bybelse tyd se Samaritane destyds.

Dus doen ek nou ’n beroep op enigiemand wat ook kan help. Hulle kan my kontak by [email protected]

Terwyl druppeltjies ons reeds dankbaar maak, bly die behoefte groot en dus sal enige item hierdie gesin help. Klere, skoene, speelgoed, komberse, enigiets.

Similar News

 

Buy your fruit of hope now

1 week ago - 07 July 2019 | Social Issues

The Bank Windhoek Cancer Apple project is in full swing, with apple sales that began earlier this week. The good news is that the price...

CAN training at Rehoboth

2 weeks ago - 30 June 2019 | Social Issues

Psychosocial support plays a critical role during and after the treatment of cancer. In this vein, the Cancer Association of Namibia recently hosted a commentary...

More bucks for D2C

2 weeks ago - 30 June 2019 | Social Issues

The Dare to Care (D2C) drought fund for fodder subsidies was boosted by N$100 000 thanks to a donation by Ombaye Fishing. At the handover,...

Give this dog a bone

2 weeks ago - 30 June 2019 | Social Issues

The SPCA Windhoek launched an exciting new initiative earlier this week, called Dixie's Fund.According to the SPCA's general manager Hanna Rhodin, Dixie's story is one...

Familie sonder hoop

3 weeks ago - 23 June 2019 | Social Issues

Nkurenkuru • Kenya Kambowe 'n Familie van vyf in die Kayeure-nedersetting in die Musese-kiesafdeling van Kavango-Oos bly in 'n 2x2 m-struktuur bestaande uit stukkies muskietnet,...

Pageant winner supports schools

3 weeks ago - 23 June 2019 | Social Issues

Winter is always a time for reflection and appreciating what you have, and this year is no different!During 2018, the first runner up of Miss...

By Grace Alone

3 weeks ago - 23 June 2019 | Social Issues

Okahandja • Tanja Bause “I’ll look after kids until the day I die,” says Rosina Gertze (64) of the Genade kindergarten in Okahandja’s informal settlement.She...

Magic at Mammadu

3 weeks ago - 23 June 2019 | Social Issues

During the school holidays, the Mammadu Centre in Windhoek remains open so that kids that remain in the capital, are kept busy with some holiday...

Miss Namibia takes on cyberbullying

1 month - 16 June 2019 | Social Issues

In an effort to create a reciprocal learning opportunity for the public to exchange ideas and expand their knowledge, Miss Namibia 2018 Selma Kamanya, headed...

A special visit to special people

1 month - 09 June 2019 | Social Issues

Evany van WykThe Miss High School finalists for 2019 paid a visit to the Katutura Old Age Home on Monday where they, along with choirs...

Latest News

Two birds with one stone

5 days ago - 14 July 2019 | Events

On Wednesday (17 July) Colin Lindeque hosts a public talk on bush-to-feed for drought relief at the Namibia Scientific Society.Namibia currently faces two severe environmental...

Só maak Chamel 'n verskil

5 days ago - 14 July 2019 | Society

Gerine Hoff Daar is soveel mammas wat 'n behoefte het aan items vir hulle nuwe baba en dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Om die...

Goeie opkoms vir Chryzander

5 days ago - 14 July 2019 | Local News

Gerine HoffDie gemeenskap van Rehoboth het verlede naweek kragte saamgesnoer om geld in te samel vir Chryzander Britz se ouers om hulle weer op hul...

Dams at critical levels

5 days ago - 14 July 2019 | Disasters

Windhoek • Elvira Hattingh Dams in Namibia only have 26.7% or 186 820 Mm³ (million cubic meters) of water available, compared to the same time...

'n Huis vol aapstreke

5 days ago - 14 July 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelMet 'n behoefte aan mooi en unieke uitrustings vir kinders, teen 'n bekostigbare prys, het een mamma 'n entrepreneur geword toe sy...

Support for Omaheke conservancies

5 days ago - 14 July 2019 | Environment

The Namibia Nature Foundation (NNF) recently received a donation of N$234 000 to in support of three conservancies in the Omaheke region from First National...

Windhoek: A city for cyclists?

5 days ago - 14 July 2019 | Health

Windhoek • Lisa Plank There are no special routes for cyclists in Windhoek; cars drive carelessly, the area is mountainous and it is usually very...

Support for albinism

5 days ago - 14 July 2019 | Society

While commemorating International Albinism Awareness Day, FNB Namibia donated 250 sun protection hats valued at N$21 750 to Albino Care Support in Namibia of Albinism...

Ontluikende talent hier aangewakker

5 days ago - 14 July 2019 | Education

Altesame 160 leerlinge het in Junie aan die Bank Windhoek Skryfskool deelgeneem wat in samewerking met die ATKV Windhoek-tak aangebied is. Die skryfskool wat deur...

Load More