Hoofstad ’n sanitêre tydbom

05 October 2021 | Infrastructure

Windhoek • [email protected]

Informele nedersettings in die hoofstad sal heel moontlik eendag met ’n lelike skok wakker word as die munisipaliteit nie vinnig beweeg om genoegsame sanitasiedienste aan ongeveer 50 000 inwoners in drie kiesafdelings lewer nie.
Aangesien Windhoek voor ’n ernstige sanitasie -krisis staan, is die politieke leierskap van die munisipaliteit besig om maatreëls te tref om ’n ramp te voorkom wat mense in baie gevalle dwing om die bos te gebruik om te ontlas.
In ander gemeenskappe word meer as 100 mense gedwing om putlatrines te deel.
Munisipale raadslede het intussen ’n mosie ingedien vir die hervatting van ’n projek vir die verskaffing van sanitêre dienste wat tot stilstand gekom het nadat die nuwe raad hul setels ingeneem het ná die plaaslike verkiesings verlede jaar.
“Dit is algemeen bekend dat die projek vir die voorsiening van sanitasiegeriewe in die informele nedersettings van ons stad goed op dreef was voordat ons in Desember verlede jaar oorgeneem het. Toe ons dit oorgeneem het, is hierdie belangrike projek egter laat vaar ten gunste van ander projekte wat tot dusver nie die gewenste resultate gelewer het nie,” het Swapo-raadslid, Queen Kamati, in ’n brief van 23 September aan George Mayumbelo, waarnemende uitvoerende hoof, gesê.
As gevolg van die haglike situasie, het sy gevra vir die implementering van projekte wat gerig is op die voorsiening van sanitasiegeriewe, veral in spesifieke areas van Katutura, waaronder die Moses // Garoeb-, Tobias Hainyeko- en Samora Machel-kiesafdelings.

'Skokkend'
“Ek dink dis ’n afskuwelike en onmenslike toedrag van sake,” het sy in die brief gesê. “Trouens, die situasie beteken ook dat ons as stad nie voldoen aan die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling nie,” verwysend na die gebrek aan skoon water en sanitasie.
Kamati het gesê dat sy “die situasie eerstehands waargeneem het”, wat volgens haar “erg” is en “dringend ingryping verg”.
Die gebrek aan sanitasiegeriewe het inwoners van hierdie kiesafdelings genoop om in die openbaar te ontlas, het Kamati gesê en bygevoeg dat die situasie ’n Hepatitis-uitbreking kan veroorsaak.
Volgens statistieke van die Windhoek munisipaliteit, het die Samora Machel kiesafdeling met 21 241 informele strukture, die grootste bevolking van mense wat in ’n informele nedersetting woon, maar die swakste diensverskaffing geniet.
Tobias Hainyeko-kiesafdeling is tweede met 14 546 informele strukture, gevolg deur Moses // Garoeb met 9 052 informele strukture.
Kamati het die veiligheidsgevare beklemtoon wat inwoners in die gesig staar weens ’n gebrek aan straatligte in hierdie gebiede.
Terwyl sy erkenning gee aan die stad se programme om bekostigbare behuising te bied, het sy gesê dat sulke planne “nie gou sal realiseer nie, aangesien hierdie verordening na verwagting deur baie burokratiese en omslagtige beplanningsfases sal gaan”.
In sy reaksie het Mayumbelo gesê dat Kamati se mosie op die raad se agenda geplaas sal word.

Similar News

 

Cycle lanes progressing well

1 day - 19 January 2022 | Infrastructure

The City of Windhoek in collaboration with the Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ Namibia) continue working towards sustainable mobility in the city.Together, the parties...

Green for go

1 month - 01 December 2021 | Infrastructure

Windhoek mayor Job Amupanda yesterday switched on new traffic lights installed at three intersections along the Otjomuise road.The traffic lights were erected at the intersections...

Inwoners eis skadevergoeding

1 month - 23 November 2021 | Infrastructure

Windhoek • [email protected] 40 gesinne in Katutura se Damara-lokasie het skade aan elektriese toestelle gely weens ’n “tegniese fout”.Tydens die vervanging van ’n transformator deur...

Alternative route for trucks over the festive season

1 month - 23 November 2021 | Infrastructure

The Minister of Works and Transport, John Mutorwa, temporarily banned the use of delivery vehicles and buses weighing more than five tons on the B2...

Keeping Ongos connected

2 months ago - 16 November 2021 | Infrastructure

Paratus Namibia and Ongos Connect signed a commercial connectivity agreement on 10 November, confirming that Paratus will be the technology / infrastructure partner to bring...

Construction starts on second phase of airport road

2 months ago - 15 November 2021 | Infrastructure

Windhoek • [email protected] billion dollar donation by China Aid will be used to build the second phase of the new bypass to Hosea Kutako International...

Paratus, MTN sign national roaming agreement

2 months ago - 05 November 2021 | Infrastructure

Paratus Namibia and MTN Namibia announced that they have signed a national roaming agreement.The agreement gives Paratus and MTN customers countrywide the benefit of the...

Speak now or forever hold your peace

2 months ago - 03 November 2021 | Infrastructure

The City of Windhoek (CoW) said it will allow the public to submit objections to names on its land waiting list, so that those who...

Housing waiting list progresses

2 months ago - 03 November 2021 | Infrastructure

Windhoek • [email protected] Windhoek City Council last week received feedback on the waiting list for low-income families who have applied for land and housing in...

Three-storey dwelling causes consternation

2 months ago - 03 November 2021 | Infrastructure

Yolanda NelAn urgent application was brought to the High Court earlier this year, after the City of Windhoek(CoW) on 30 January 2020 and the Minister...

Latest News

Vyf damme kry water

14 hours ago | Environment

Elvira HattinghTeen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n...

Am Weinberg joins Gondwana Collection

16 hours ago | Business

Come 1 February and the Am Weinberg Hotel will join the Gondwana portfolio in a management capacity. According to CEO Gys Joubert of Gondwana Collection...

Cycle lanes progressing well

1 day - 19 January 2022 | Infrastructure

The City of Windhoek in collaboration with the Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ Namibia) continue working towards sustainable mobility in the city.Together, the parties...

Good news for Stadio students

1 day - 19 January 2022 | Education

Stadio announced that the Minister of Justice, on recommendation from the Board for Legal Education, has pursuant to Section 5 of the Legal Practitioners Act,...

Here’s looking at 100 days

1 day - 19 January 2022 | Business

Agribank’s new chief executive Dr Raphael Karuaihe revealed his first 100-day plan at the helm of the bank.He made the announcement during his first staff...

Otjomuise flooding: CoW reacts

1 day - 19 January 2022 | Disasters

Windhoek • [email protected] houses on either side of a river running parallel to Istanbul Street in Otjomuise flooded on Sunday afternoon, with many residents involved...

A closer look at Green...

2 days ago - 19 January 2022 | Events

Prof Anicia Peters hosts a public talk on Namibia and Green Energy at the Scientific Society on Thursday, 27 January.The Namibia Green Hydrogen Research Institute...

Klein Mariana ’n baanbreker

2 days ago - 18 January 2022 | Education

Windhoek • [email protected] was sedert 2016 nog altyd deel van die Grobler-gesin se reis. Dit was toe dat hul dogter Mariana gediagnoseer is met die...

Flash floods have residents in...

2 days ago - 18 January 2022 | Local News

Windhoek • [email protected] river that runs parallel to Instanbul Street in Otjomuise flooded numerous shacks on both sides at around 15:00 on Sunday. Storm water...

Load More