Iets vir die soettand

Tussen gewilde restaurante in 'n besige straat, vind ons 'n klein bakkery met soetgoed en middagete.

24 February 2019 | Art and Entertainment

Windhoek • Yolanda Nel



Op Valentynsdag besluit die WE-span om onsself bietjie te bederf met ietsie soets.

Om die draai van ons kantoor – in Liliencronstraat – ontdek ons vir Baked.

Dis 'n klein opset en met die intrapslag is ons beide bietjie verward oor wat volgende moet gebeur. Die eienaar en 'n kelnerin groet ons vriendelik en verduidelik dat ons sommer daar by die ingang en terwyl ons staan, kan besluit wat ons wil hê. Met 'n vinnige blik na die tafel langs ons, sien ons vars gebakte soetgoed wat wag om verorber te word.

Omdat dit die dag van liefde is, is daar van soetkoekies met vrolike temas tot kolwyntjies, maar wat ons oog vang, is die Rocky Road: Lae sjokalade gemeng met beskuitjies, jellielekkers, malvalekkers en pampoensaad. Yum.

Die porsie is groot en ons is dankbaar vir die koppie tee wat ons daarmee saam bestel, want 'n melkskommel of 'n vrugtesap sou die soetgebak net nog soeter gemaak het.

Hoewel ons beide 'n soettand het, meen ons die porsies kan gerus kleiner gemaak word.

Ons het nie spyskaarte gekry nie en was effe ongemaklik om te moes vra watter drinkgoed alles beskikbaar is. Die gebrek aan 'n spyskaart het dit ook moeilik gemaak om te kon vasstel presies wat die koffiewinkel bied, tog pronk hulle sosiale mediablaaie met 'n verskeindenheid van brode en vulsels waarvan ons dié dag niks gesien het nie.

Die eienaar van Baked Neigbourhood Patisserie het wel laat weet daar is 'n spesiale middagete-opsie wat elke dag iets nuuts is.

Die opset is klein en goed ingerig met sitplek binne en buite, maar ons besluit om die buitelug te geniet terwyl die wolke ietwat van 'n lafenis teen die son bied.

Hoewel ons soetgoed en ons tee binne minute bedien is, het die kelnerin nie gereeld kom inloer om te hoor of ons iets benodig nie en moes ons gaan vra vir melk vir ons tee.

Baked se deure is nog nie lank oop nie en dalk vind die personeel en die bestuur nog net hulle voete, maar die gebak daar is beslis iets waarna ek sal terugkeer.

Similar News

 

Conartists match their wits in The Hustle

5 days ago - 19 May 2019 | Art and Entertainment

Comedy is in a weird place these days. Stand-up performers and late-night television hosts lean into the politics of the moment, while most movies with...

Events calendar

5 days ago - 19 May 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Something old, something new, something borrowed, something blue at the Woermannhaus Gallery in Swakopmund until 31 May.• Mythakes and other attempts, a collection...

Vars uit die water

5 days ago - 19 May 2019 | Art and Entertainment

Hentiesbaai • Yolanda NelDis ons eerste besoek aan Go Fishy op Hentiesbaai en nog voordat ek die spyskaart kan bestudeer, weet ek dat ek vanaand...

Sirkus kom eers volgende jaar

1 week ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Windhoek • Yolanda Nel Weens die uitbreking van bek-en-klouseer en ’n logistieke kwessie om te verseker dat die diere ten alle tye veilig is, het...

For the love of dogs

1 week ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

This animation will attract and delight both young and old and is the perfect excuse to get out of the house.The Queen's Corgi is a...

Izzy’s industry insight

1 week ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Walvis Bay • Adolf KaureLocal musician Ishaaq Martin – better known as Izzy – has hope in how the Namibian music industry is progressing. Speaking...

Events calendar

1 week ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Steps, a Pamwe Group exhibition, can be viewed at Die Muschel in Swakopmund until 19 May.• Something old, something new, something borrowed, something...

Tydsame ontbyt

1 week ago - 12 May 2019 | Art and Entertainment

Swakopmund • Yolanda NelDie koffiewinkel is sinoniem met Spar en voor ons die langpad terug na Windhoek aandurf, stop ons eers vir wat ons hoop...

This is the end

2 weeks ago - 05 May 2019 | Art and Entertainment

Monique de ScandeJust a quick tip: If you haven’t been following the illustrious Marvel cinematic universe, it is strongly suggested you watch more than a...

Events calendar

2 weeks ago - 05 May 2019 | Art and Entertainment

Currently running• Steps, a Pamwe Group exhibition, can be viewed at Die Muschel in Swakopmund until 19 May.• Something old, something new, something borrowed, something...

Latest News

Toilet in hotel se plek

5 days ago - 19 May 2019 | Infrastructure

Okahandja • Yolanda NelTwee maande ná die Okahandja Hotel-gebou stil-stil in die dorp gesloop is, het inwoners nou 'n nuwe hoofpyn, met die rommel wat...

Met of sonder naam

5 days ago - 19 May 2019 | Local News

Windhoek • Yolanda Nel Wanneer jy Rehoboth se strate begin op of af ry, vra jy nie vir iemand 'n straatnaam nie, want boorlinge van...

Watertekort in hoofstad neem toe

5 days ago - 19 May 2019 | Disasters

Skaars twee weke ná die Windhoekse munisipaliteit aangekondig het daar is vooruitgang in terme van waterbesparings – hoewel gering – tree streng waterbeperkings op 1...

Klokkie van hoop

5 days ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelDie agtjarige Marjuné Fleschig is verlede Oktober met leukemie gediagnoseer.Sewe maande later kan die gesin weer ’n bietjie asemhaal nadat sy verlede...

Donated kennels making a difference

5 days ago - 19 May 2019 | Social Issues

Swakopmund • Adolf Kaure The Township Doghouse Project recently handed over doghouses to dog owners in the DRC informal settlement. The privately funded charity strives...

Aardse vreugde

5 days ago - 19 May 2019 | People

Windhoek • Yolanda NelOngeag jou eetstyl of dieetvoorkeure, almal is elke dan en wan lus vir 'n skeppie roomys of 'n pizza met kaas. En...

Chicken for beef

5 days ago - 19 May 2019 | Agriculture

Palmwag • Nina Cerezo Gabes /Goagoseb sits on his shady veranda. In the surrounding garden, cacti and other plants are blooming, a window of his...

Namibia still imports too much...

5 days ago - 19 May 2019 | Energy

Windhoek • Ellanie SmitNamibia is aiming to generate 80% of its electricity locally within the next four years, which will assist in sustaining the growing...

Beer Pong for Hope

5 days ago - 19 May 2019 | Social Issues

The Auas Valley Shopping Mall recently donated food and basic necessities valued at N$10 000 to the Hope Village in the capital, following the Clausthaler...

Load More